Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 August 2011

Hennie Aucamp. Oom Noag die Tweede

OOM NOAG DIE TWEEDE

ʼn kindervers

 

Stadig word my huis ʼn ark

wat wegvaar in die reën.

O, wat het ek in my kombuis?

ʼn Skenkel en ʼn skeen,

 

ʼn Koolkop en drie eiers,

en ʼn afgekluifde been.

O, waarheen vaar ek sonder kos

en buitekant steeds reën?

 

My houthuis strand teen Ararat,

met gletsers om my heen.

Wie kan oorleef in sneeu en ys

met ʼn skenkel en ʼn skeen?

 

ʼn Ysbeer kom dof aangeslof,

wil olie by my leen;

dit gee ek ook, nogal olyf,

en ʼn afgekluifde been.

 

Die beer beloon my met ʼn vis

wat ek in die olie dompel,

en sien hoe deur die sneeu en mis

my vriend weer huis toe strompel.

 

Maar eendag sal my ruilgoed opraak,

ook vuurhoutjies en gas,

en dan bly oor ʼn hopie bene

van my wat Noag was.

 

 

© Hennie Aucamp. 2011

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hennie Aucamp. Hubert du Plessis, woordmens
Hennie Aucamp – vertaling in Engels →

1e kommentaar op “Hennie Aucamp. Oom Noag die Tweede”

  1. Pieter Joubert says:
    3 September 2011 at 04:02

    Ek het dit baie geniet.
    Dankie.
    Die dood as onderwerp is dalk nie net vir kinders bedoel nie…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d