Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 November 201110 February 2020

Egonne Roth. Van Israel na Jakkelsfontein

Ek het baie vakansies as kind in die Hermanus-Onrus-gebied deurgebring en was eindeloos lief vir daai kus met sy wilde storms and groot see. Vir ‘n paar jaar was ons bevoorreg genoeg om selfs ‘n huisie by die see op Onrus te besit en as gesin het ons wonderlike vakansies daar deurgebring. Maar toe kom die mense en die rus op Onrus word al hoe minder rustig en al hoe minder veilig. Verlede jaar verkoop ek my huisie by die see en koop … ja, dis ‘n ander storie vir ‘n ander dag.

My huisie by die see
My huisie by die see

 

Tydens my besoek aan Suid-Afrika vroeër hierdie jaar, het my liewe vriendin, Santa, my genooi om by haar dogter op Jakkelsfontein te kuier en ek het sodoende my hart op die lang oop strand met sy wit sand en geselsende seemeeue verloor. Dis winter. Die see is groot en met tye kwaai, maar die voëls speel en skater in die branders en ek spandeer ure alleen met net my kamera en die eindelose blik van niks.

Jakkalsfonteinstrand en seemeeue
Jakkalsfonteinstrand en seemeeue

Die konsep van niks, van nêrens waaroor ek vantevore geskryf het – The Meaning of Nowhere soos Jan Morris dit beskryf – spook weer by my.  My tweede aand daar ontdek ek op my gasvrou se boekrak Die Versamelde Werk van Jacques Brel en ek lees na baie jare weer die woorde van sy beroemde lied ‘Marieke Marieke’. Dit voel vir my hy moes al langs die see aan die Weskus gestap het.

Zonder liefde warme liefde
Waait de wind c’est fini
Zonder liefde warme liefde
Weent de zee déjà fini
Zonder liefde warme liefde
Lijdt het licht tout est fini
En schuurt het zand over mijn land
Mijn platte land mijn Vlaanderland

Terug in Israel woon ons die Haifa Film Festival by. Laat een aand gaan kyk ons die nuwe film van Sophie Schoukens, Marieke Marieke. Dit is die storie van ‘n jong vrou, Marieke, op soek na liefde en heling – ‘n soeke wat  haar dikwels in die arms van ouer mans dryf sonder dat ons ooit hoef te voel dat sy die slagoffer van hulle begeertes is.

Die Brel-liedjie speel ‘n kritieke rol in die fliek. Die kinematografie weerspieël die woorde in die swaar donkergrys hemel wat ‘n skadu oor alles gooi. Die gebruik van kleur is uiters simbolies en minimalisties sodat wanneer die sleutel tot Marieke se soeke geopenbaar word, dit die kleur soveel as die beeld is wat die storie en betekenis dra. Daar is een aangrypende toneel waar sy in die arms van ‘n ouer man dans en hy die liedjie Marieke vir haar sing. Dit is ‘n kritiese oomblik in haar ontwikkeling en daardie woorde “Zonder liefde warme liefde  /Weent de zee déjà fini  /Zonder liefde warme liefde  /Lijdt het licht tout est fini” Ek sal nie weer maklik na die woorde kan luister sonder dat ek weer dink aan daardie beeld van die jong vrou en ou man, elk met sy-haar pyn, wat in die verlate kamers van haar kindertydwoning dans nie. Dit is ‘n rolprent wat u maar gerus voor op die uitkyk kan wees.

 
 
 

 

stormsee
stormsee

Maar ek kan ook nie na die lied luister sonder om die strand by Jakkalsfontein aan die Weskus te sien nie. Die twee seemeeue wat met mekaar gespeel het in die water wat oor die sand spoel onder ‘n donker swaar grys hemel, op maat van hul eie lied, bly dans voor my. Dis asof die beelde van die fliek en die beelde van die Weskus by my verstrengel geraak het tot een verlange. Verlange na my land van herkoms? Na my huisie by die see? Na iets sonder naam? Is dit nie maar uiteindelik waarna soveel van ons soeke is nie – na die betekenis van nêrens en niks, na iets wat nie ‘n naam het nie, om sonder naam en sonder verlange een met die see en die wind en die groot grys hemel te word.

Donker hemel
Donker hemel

En dan sonder dat ek kan verduidelik hoekom, begin die aangrypende klein gebed-gedig van Hanna Szenes, die Joodse vryheidsvegter wat deur die Nazi’s in 1944 vermoor is, deur my gedagtes spoel:

 

Eli, Eli                                                               My God, My God

Shelo yigamer le’olam:                                       May these things never end:
Hachol vehayam                                                The sand and the sea

Rishrush shel hamayim                                      The rustle of the waters
Berak hashamayim                                            The lightning in the heavens

T’filat ha’adam.                                                   The prayer of Man

http://www.youtube.com/watch?v=QkjsqUQSrhE&feature=related

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Egonne Roth. Van Israel na Jakkelsfontein”

  1. Alysia says:
    7 November 2011 at 12:11

    Ja Egonne, so verlang ons maar almal na mense wat ons nie eens ken nie en plekke wat ons nie eens gesien het nie… dalk ‘n weerspieëling van ons geestesverlange na ons Ware Tuiste!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d