Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 November 201110 February 2020

Leon Retief. Musiek so in die verbygaan

 BUSKER

I strum hymns

as an offering

while they trudge seriously

up Golgotha’s slope

each with a briefcase crucifix

and no smile for the minstrel

(Graeme King)

Straatmusikante het my nog altyd geïnteresseer. Dit moet seker ʼn redelike raap-en-skraap manier wees om ʼn lewe te maak. Waarom doen hulle dit? Gaan dit om den brode of hou hulle van die feit dat hierdie leefwyse hulle minder gebonde maak aan die daaglikse roetine wat meeste mense maar noodgedwonge moet volg?

Ek kan my nie herinner dat ons veel sulke musikante in Suid-Afrika gesien het nie maar hulle is nogal volop in die groter stede van Kanada.

Hierdie man is afgeneem in Victoria, British Columbia, ʼn stad met besonder baie sulke musiekmakers, waarskynlik omdat dit so ʼn gewilde toeriste-bestemming is. Soos mens min of meer uit sy voorkoms kan aflei sing hy Country and Western. Nie juis een van my geliefkoosde genres nie om dit saggies te stel. Sulke musiek is nogal baie gewild dwarsdeur Kanada, selfs in kosmopolitaanse plekke soos Victoria. Mens raak later gewoond daaraan, byna soos die staaltjie van die padda wat in ʼn pot koue water gesit word wat dan baie stadig verhit word sodat die arme dier doodgaan voordat hy agterkom die water word nou ongemaklik warm. Ek is so effens bevrees dat ek later dalk selfs van Country and Western gaan hou…

Hierdie vrolike drietal het natuurlik ook Country and Western gesing (If you wanna play in Texas, you gotta have a fiddle in the band…) maar hulle was sonder twyfel die swakste straatmusici wat ons nog teengekom het – en sou betaal om hulle nie te hoor nie.

Hierdie kêrel, ook in Victoria, is ʼn gebore showman. Sy musiek? Moeilik om te beskryf. Dink aan Barok ontmoet Ierse volksmusiek…

Die volgende oggend was hy weer op sy plek, hierdie keer met sy Darth Vader masker, tot groot vermaak van verbygaande kinders. Sy musiek was steeds dieselfde.

Tydens ons besoek aan Victoria het Lesli en ek soos gewoonlik elke oggend vroeg ʼn ent gaan stap en later in ʼn verlate deel van die hawe beland – verlate in die sin dat daar geen ander mense in die omgewing was nie, slegs ‘n klompie seil- en motorjagte wat oënskynlik sonder bemanning aan boord vasgemeer was. Terwyl ons so aanstap het ons veraf musiek gehoor. Na ʼn tydjie se rondkyk het Lesli hom gewaar: die eienaar of skipper van ʼn groterige motorjag so 300 meter van ons, besig om op die boonste dek musiek te maak, net vir homself. Ek het hom ʼn hele tyd deur my kamera se lens dopgehou terwyl hy sing, mondfluitjie speel en so af en toe ʼn sluk bier neem. (The beer I had for breakfast tasted good so I had one more for desert…) Die klank was bietjie te sag teen die tyd dat dit ons ore bereik het maar dit het vir my geklink of hy sowel Bob Dylan en Kris Kristofferson sing. Dit was sommer so ʼn onverwagse lekker ondervinding, hierdie allenige sanger wat sonder enige gehoor sing, mondfluitjie speel en die helder sonskyn van ʼn wolklose herfsdag so op sy eentjie geniet.

Ons het Nova Scotia verlede jaar in Augustus besoek, ongelukkig moes ons vertrek kort voordat die jaarlikse Busker Festival die hoofstad Halifax plaasgevind het. Nietemin, al kon ons nie tydens die fees self daar wees nie kon ons darem heelwat van die straatmusikante sien wat al begin saamtrek het. Hierdie duo het ʼn bejaarde tannie tot danspassies geïnspireer.

Hierdie jong dametjie was nou wel nie ʼn straatmusikante nie, die foto is geneem by Peggy’s Cove in Nova Scotia. Ek dooi nie juis oor doedelsakmusiek nie maar sy was nogal heeltemal behendig en ons hoop dat sy vanjaar darem in een of ander universiteit of kollege is.

Laaste maar nie die minste nie, ons tuisdorp Moose Jaw. Hierdie is die Band City Dance Band, ʼn propperse big band jazz ensemble wat van tyd tot tyd hier optree. (Let op die spelling van Players Newstand in die agtergrond.) Net om die straathoek regs agter is die Band City Beauty & Barber Shop en heel voor aan die linkerkant speel tannie Fairlye Justason, wat omtrent tagtig jaar oud lyk en so elke ses weke of wat my hare in daai barbierwinkel knip.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Leon Retief. Die Occupy Movements
Leon Retief. Surrealisme en die Black Dahlia moord →

2e gedagtes oor “Leon Retief. Musiek so in die verbygaan”

  1. Ivan Mocke says:
    23 November 2011 at 04:36

    Leon, ‘n besonder interessante stuk. Praag is natuurlik nog ‘n wêreldstad wat wemel met straatmusikante. Behalwe dat dit meestal professionele musikante is wat hul inkomstes op die manier aanvul. Het byvoorbeeld daar eenkeer by die kasteel gestaan en luister na ‘n aangrypende uitvoering van Smetana se “Vlatava” deur ‘n kwartet, bestaande uit viole, tjello en akkordeon.

    Reply
  2. Andries Bezuidenhout says:
    21 November 2011 at 12:37

    Leon, daar’s daardie flou grappie van die radio omroeper in Texas wat iemand vra na watter musiek hy luister. Die antwoord (met ‘n suidelike drawl): “Weeeeelll, both kinds. Country AND Western.” Die Cowboy Junkies is darem ‘n uitstekende Kanadese country band! Maar ek skat jy gaan hulle nie op straathoeke raakloop nie.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d