Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 February 201210 February 2020

Frances Lubbe. Asem en stilte: die Handspring marionette

Ek het as kind die Handspring Puppet Company se produksie van ‘A Midsummer Night’s Dream’ by die Baxter teater in Kaapstad bygewoon, en was in vervoering daaroor gewees. Ek het opgestaan om die marionette beter te kan sien, tot die konsternasie van die mense wat agter my gesit het.  Ek wou ook kommentaar lewer oor wat op die verhoog aan die gang was (wel, dit was snaaks gewees!) Daar was iets magies en lewendig te bespeur in die beweging van die marionette, en in hul verhouding met die menslike akteurs, iets wat ek as kind nie stilweg kon aanskou nie.

In 2010 sien ek die teaterstuk ‘War Horse’ in Londen, en alhoewel ek nou as grootmens effens meer bedeesd in my sitplek bly sit het, was dit nog steeds ‘n besonderse ervaring. ‘War Horse’ is a verhoogverwerking van ‘n kinderboek deur Michael Morpurgo. Al die perde in die verhoogstuk word deur Handspring marionette vertolk, en in my opinie is dit juis Handspring se inset in hierdie teaterstuk wat dit ‘n veel meer intense en boeiende ervaring maak.

Verlede maand gedurende ‘n besoek aan Suid-Afrika het ek vir Basil Jones en Adrian Kohler, die twee stigters van die Handspring Puppet Company, ontmoet. Hul vennootskap op beide persoonlike en skeppende vlak strek al van hul studentejare by Michaelis kunsskool in Kaapstad. Adrian se ma het marionette gemaak en hy was van sy kinderjare af in daaglikse kontak met hierdie kunsvorm gewees. Basil in teenstelling het (soos baie ander mense) gevoel dat poppespel nie in dieselfde kraal as ander kunsvorme soos skilder of beeldhouwerk hoort nie. Maar Adrian het hom tog oorreed om met marionette te begin werk, en die Handspring Puppet Company is gestig in 1981.

Die poppemaatskappy het afgeskop met vertonings in kinderteater, maar het sukses begin behaal toe dit duidelik word dat grootmense ook gefassineerd is deur poppespel. Handspring het oor die jare ontwikkel tot ‘n veelsydige en dinamiese maatskappy wat in samewerking met kunstenaars soos William Kentridge ‘n besondere impak op Suid-Afrikaanse en wêreldwye gehore gemaak het. ‘War Horse’, byvoorbeeld, het die Laurence Olivier-prys in Engeland ontvang, en in 2011 kry Handspring ‘n spesiale Tony-eerbewys in New York vir hul marionette.

In gesprek met Basil en Adrian wou ek weet waarom die Handspring marionette so onvergeetlik is.  Adrian, die hoof-ontwerper, bestudeer die bewegingsmoontlikhede van die marionette versigtig voordat hulle gebou word. In die geval van ‘n dier-marionet soos die perd, word daar ook gekyk na emosionele aanwysers, soos die ore en die stert, wat deur fietsremme beweeg word. Vir Adrian is die marionet se kapasiteit om realisties te beweeg (en te kommunikeer deur middel van hierdie bewegings) van die uiterste belang. ‘The shiver of the skin, the flick of an ear, all have meaning.’

Die perde in ‘War Horse’ is lewensgroot, maar is gemaak uit hout, rottang en materiaal, en die skroewe en laste op hul lywe is duidelik sigbaar. Soos die geval was in vorige Handspring produksies, is die marionetteurs duidelik sigbaar op die verhoog saammet die marionette.

Die perde Joey en Topthorn in 'War Horse'
‘War Horse’ se perde: Topthorn en Joey

Dit neem drie mense om elke perd te beheer, en hulle werk as ‘n span om die lewenskern van hul dier uit te beeld. Volgens Basil is die drie ingedeel in ‘a head, a heart and a hind’. Die persone wat die ‘heart’ en ‘hind’ posisies inneem, staan binne-in die rottang-geraamte van die perd en manipuleer die dier se bewegings deur middel van hul eie bene, asook ‘n reeks interne hefbome. Die ‘head’ staan buite die marionet en beweeg die nek, ore en kop. Dit is harde werk – die marionet self weeg ongeveer 30 kg, en die ‘heart’ en ‘hind’ mense moet gedurende die loop van die vertoning ook nog akteurs op die marionet se rug dra, die perd op sy agterpote laat staan en selfs rondom die verhoog galop! Baie van die marionenetteurs het ondervinding van fisiese teater, of is gimnaste of dansers. Basil en Adrian is self gesoute marionetteurs. ‘War Horse’ is die eerste produksie waarin hulle nie self verskyn nie, alhoewel hulle as vervaardigers optree. Hulle is ook betrokke by die keuse en opleiding van die marionetteurs vir die rolle.

In ‘n artikel* oor hul kunsvorm verduidelik Basil: ‘Handspring’s movement philosophy is based on restraint, on carefully planned and co-ordinated gesture, and on stillness’ (Jones, 263).  In die geval van die ‘War Horse’ perde moet die drie mense leer om saam te werk en op mekaar te reageer om die geluide, impulse en persoonlikheid van die dier voor te stel. As hulle dit suksesvol doen, en ‘n lewende wese skep, beteken dit ook dat geen vertoning van ‘War Horse’ presies dieselfde is nie. Soos Basil dit stel gedurende ons gesprek: ‘There are hot nights and cool nights.’ Sommige optredes is energiek of aggressief, ander meer kalm en rustig. Dit is onvoorspelbaar, en opwindend.

Selfs wanneer die perd stilstaan op die verhoog, is die marionetteurs besig. Want die perde in ‘War Horse’ haal asem. Handspring het ‘n metode ontwikkel waar die illusie van lewe geskep word: die marionet se ‘heart’ en ‘hind’, dus die ‘lyf’ van die perd, beweeg stadig op en af op gebuigde bene om die marionet stilweg te laat asemhaal. En die gehoor reageer hewig op die perde se kombinasie van asemhaling en stilte. ‘We find that one of the most eloquent ways of communicating on stage is indeed not through movement but through stillness, or more exactly, a breathed stillness. [….] Breath and silence on the part of the puppet stimulate, in the minds of the audience, proposals as to the thoughts and emotions…this breathing is physical, yet it has a profound metaphorical power.’ (Jones, 262)

Joey as 'n vulletjie in 'War Horse'

Dit is fassinerend dat so ‘n betowerende lewens-essens geskep kan word uit iets minimalisties, ‘n marionet wat op subtiele en elegante wyse ‘n perd op die gedagte bring en aan die lewe hou.

There is a point where in the mystery of

existence contradictions meet;

where movement is not all movement

and stillness is not all stillness;

where the idea and the form,

the within and the without, are united;

where infinite becomes finite,

yet not losing its infinity.

uit ‘Stilness’ deur Rabindranath Tagore

*‘Puppetry and Authorship’ deur Basil Jones in Handspring Puppet Company, edited by Jane Taylor. David Krut Publishing (2009).

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “Frances Lubbe. Asem en stilte: die Handspring marionette”

  1. Frances says:
    6 February 2012 at 13:13

    Hi Carina, ja ek dink die idee van ‘poetry in motion’ kom hier tot sy reg. Dit sou wonderlik wees as ‘War Horse’ ‘n draai kan maak in Suid-Afrika…

    Reply
  2. carina van der walt says:
    4 February 2012 at 08:35

    Baie dankie vir die interessante artikel, Frances. Dit klink soos suiwer digkuns. Ek verstaan waarom dit gepas is om op hierdie webwerf te publiseer. Wens ek kon dit te siene kry.

    Reply
  3. Frances says:
    2 February 2012 at 14:32

    Baie mooi! Dankie Andries 🙂

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    2 February 2012 at 12:38

    Frances, mooi video hier:
    http://www.ted.com/talks/handpring_puppet_co_the_genius_puppetry_behind_war_horse.html

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d