Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 March 201221 March 2012

De Waal Venter. Drie gedigte

Orpheus speel

 

Hy lig sy lier

ligweg in sy hand,

streel die snare

met sy gedagtes.

 

Druppels water

deurskynend soos geskilde druiwekorrels,

die rustige koor

van miljoene dennenaalde

kom uit sy vingerpunte;

die dapper maar sku klankie

van ‘n voël diep in die nag.

‘n jong vrou se lippe

wat oopgaan in afwagting,

die verrre gerommel

van gespierde wolke

wat skrum om eerste te wees,

vloei uit sy vingerhale.

 

Sy melodie ontdek

lewe in rotse,

lig in diep skadu’s.

 

Sy musiek roep jou

vir so lank as wat jy kan luister.

 

 

Ver taal

 

Die navorser

het versigtig aan die feite geproe:

hoe het taal ontstaan?

Die ver, eerste taal.

 

Hy het die holte

van Broca oor en oor betas

met sy vingerpunte,

probeer voel

of hy die vroegste woord

se vorm kon bepaal.

 

Hy het fyn geruik

al om die buitenste kring

van moontlike klanke

wat sou kon wipsprong

uit die tong

van ‘n eerste prater.

 

Die navorser

het ondersoekend gekyk

na die uitbeelding van woorde

op antieke kleitablette,

gekerf in klippe en dierebene,

vraend die lyne en kurwes

van die tekens met sy oë gevolg.

 

Hy het geluister

in sy gemoed

na die jagters se roepe:

A! Oei! Sou!

 

En ‘n baba

wat gryp na ‘n vol bors

bokant sy kop

maak sy mond oop: ma!

 

 

Aan my kleindogter

 

Kriekie

jy’t ‘n stout klein neusie,

kriek slim nonsens

met my,

dit toor my.

 

Wat is daar

in jou vuilerige handjie?

Laat ek sien –

deel van my lewe, die gerafelde kant.

 

Kriek klein kriekie,

die wêreld vorm homself

om jou kleurryke gedagtetjies;

kriek klein kriekie,

voor ek weet

spring jy

skoon uit nou.

 

*

 

Meer oor De Waal Venter kan hier gelees word.

 

 

 

 

https://versindaba.co.za/gedigte/de-waal-venter/

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Die poëson
De Waal Venter. Die grense van liefde →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d