Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 October 201210 February 2020

Egonne Roth. Motet in 40 dele

“Stap af langs die rivier, gaan regs oor die Milleniumbrug en die Baltic Gallery is aan julle linkerhand. Soms vertoon hulle scheiss, soms is dit briljant. Good luck!”

Ons maak soos ons gasvrou voorgestel het. Die Tynerivier verdeel die stad in twee: aan die noorde is Newcastle en aan die suide Gateshead, maar vir die toeris is dit een stad.  Die stukkie rivier waarlangs ons loop word deur vier brûe gekruis, elk in ʼn ander boustyl – dit maak vir interessante foto’s.

Die Baltic Gallery is ʼn ou graansilo, wat in November 2002 sy deure as kuns en kultuurgalery geopen het – binne die eerste week is dit deur 35,000 mense besoek. Toegang is gratis -ʼn belangrike feit in die lig van die ekonomiese depressie wat die gebied ervaar. Kuns is dus nie net beskikbaar vir die finansiële bevoorregtes nie, maar vir almal wat wil kom. Met verskillende restaurante op verskillende vlakke – twee kafeteria  en  op die boonste verdieping is daar ʼn formele restaurant met ʼn asemrowende 360° uitsig oor die stad. Sommer met die instap weet mens dit gaan ʼn spesiale ervaring wees. Soos in die Tate Modern in Londen is die binnekant omskep om die gebou se nuwe gebruik te weerspieël.

Ingangsportaal
Ingangsportaal

  

Ons haal die hysbak na bo om die uitsig te geniet en begin dan met die trappe af te stap. Skielik besef ons; spieëls teen die plafon en op die vloer maak van ses verdiepings staaltrappe ʼn eindeloosheid.

Trappe
Trappe

Ons hoor sestiende eeuse musiek uit ‘n groot lokaal dryf en volg dit. Vooroor is ʼn ovaal met 40 luidsprekers in agt groepe van vyf gerangskik – uit elke luidspreker kom slegs een stem. Die stuk is ʼn verwerking deur Janet Cardiff van Thomas Tallis se motet, “Spem in Alium” eers in 1573 opgevoer. Oorspronklik is dit vir die vooropenings program van die Baltic gallery gedoen, maar vandag is dit deel van die National Gallery van Kanada in Ottawa, Ontario se permanente versameling. Dit is op ʼn drie maande besoek in Newcastle. Cardiff het elk van die veertig stemme wat die motet sing individueel opgeneem sodat die luisteraar in die rondte kan stap en na elk kan luister. Sit mens op die banke wat strategies in die middel geplaas is, hoor jy al die stemme gelyk en voel dit asof jy in die middel van die koor staan. Die Latynse woorde is duidelik:

Spem in alium nunquam habui praeter in te

Deus Israel

qui irasceris

et propitius eris

et omnia peccata hominum in tribulatione dimittis

Domine Deus

Creator coeli et terrae

respice humilitatem nostram

I have never put my hope in any other but in You, 

O God of Israel

who can show both anger

and graciousness,

and who absolves all the sins of suffering man

Lord God,

Creator of Heaven and Earth

be mindful of our lowliness

 

 Dis aangrypend – dit voel asof die musiek deur jou spoel, jou omring soos warm water in ʼn poel. Elke stem is terselfdertyd alleen en deel van die groter groep. Jy kyk na die luidspreker soos  jy na ʼn individuele sanger sou kyk, sonder dat die snaaksighede wat mens se aandag soms van die musiek aflei daar is – elke ‘sanger’ het ʼn eie stem, tog lyk hulle hier almal identies.

Luidsprekers

 Luidsprekers

Ek wil nie loop nie, maar bly sit  as die musiek ophou. Dan hoor ek stemme: sommige gesels saggies, sommige maak keelskoon, ander soek ʼn noot en ek besef dat Cardiff die sangers voor die musiek begin het al opgeneem het – dit maak beide meer realisties, maar ook meer surrealisties. Sonder om te dink draai ek om, om te kyk wie so giggel – dis die luispreker derde van links agter my.

Luisterend

Dis ʼn nuwe en vars ervaring van musiek. Dit hoort in ʼn moderne galery met sy skoon, reguit lyne en tog as ek later op YouTube ʼn vertoning in Salisbury Katedraal sien, dink ek dat die kontraste daar so goed werk soos die eenvoud in die Baltic Gallery in Newcastle. Ons was gelukkig – ons het ʼn rare oomblik van musikale en kunsgenot ervaar.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d