Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 November 201222 November 2012

Louis Esterhuizen. En gestel John Keats was verkeerd?

Beauty is truth, truth beauty, – that is all
Ye know on earth, and all ye need to know.
John Keats, Ode on a Grecian Urn

En gestel John Keats (foto) was verkeerd met hierdie formulering? Dít is die interessante vraag wat David Orrell, bekende wiskundige en wetenskapskrywer, stel op sy gereelde Huffington Post–blog. Volgens hom het daar nog altyd ‘n besonder sterk band bestaan tussen die wetenskapsgefundeerde teorië en estetika: “Three of the main aesthetic properties in science are the classical ideals of elegance, unity, and symmetry. Perhaps the archetypal example of a beautiful theory is Newton’s law of gravity, which is the scientific equivalent of the Parthenon, or maybe Grace Kelly. Its design is deceptively simple and elegant [….] People seek out partners with symmetric facial features because they are considered attractive. Physicists seek out symmetries in nature because these allow them to produce simplified mathematical representations (and because they are considered attractive).”

Mmmm … Met bostaande as uitgangspunt word die smagting na (simmetriese) skoonheid uiteraard ‘n doel op sigself en heel tereg stel Orrell (foto regs) die vraag of dié aanname nie dalk besig is om die wetenskap op ‘n roosbesaaide dwaalspoor van essensiële waarhede weg te lok nie … “An obsession with beauty has in the past certainly motivated generations of scientists, but at times has also led them astray,” beweer hy. “The problem usually occurs when a fascination with theory loses touch with the reality check of observations. It’s like falling in love with a pretty face, while ignoring obvious failings and incompatibilities, such as the person’s inability to tolerate your friends or personality.”

Hierna volg hy met ‘n lang, uitgebreide argument waarin gekyk word na wetenskapteorië van die vroegste tye af tot met die mees onlangse. Dit op sigself is die lees werd, maar waarmee ek wil afsluit, is sy slotparagraaf:

“To its many fans, supersymmetric string theory is an exceedingly gorgeous theory – the supermodel of physics – which can encompass all particles and forces in a single adorable package. It has been described as ‘too beautiful’ to be wrong. It isn’t just symmetric, it’s supersymmetric. However, while the theory may be based on an attractive idea–little vibrating strings–the actual implementation is a mess (imagine a supermodel with mental issues). The theory has also failed to make any predictions that could actually be used to validate (or invalidate) it. Theory has again become detached from reality.”

Lê daar nie in daardie slotsin ook ‘n waarskuwing aan die digkuns nie? Want sekerlik is dit moontlik dat ons in ons strewe na daardie “tegnies-perfekte” vers dalk al die bloed uit die pasiënt tap; of dat ons só op loop gaan met die “struktuur” dat die vers uiteindelik vals en oneerlik staan ten aanskoue van simmetriese, tegniese vernuf. Om nie eens van ‘n bewustelike “mooiskrywery” te praat nie.

Kruip skoonheid nie dalk júís in die onvolmaakte (of selfs onvoltooide) weg nie?

Of wat praat ek nou?!

Nietemin, hieronder volg John Keats se klassieke vers.

***

Ode on a Grecian Urn

Thou still unravished bride of quietness,
      Thou foster child of silence and slow time,
Sylvan historian, who canst thus express
      A flowery tale more sweetly than our rhyme:
What leaf-fringed legend haunts about thy shape
      Of deities or mortals, or of both,
            In Tempe or the dales of Arcady?
What men or gods are these? What maidens loath?
      What mad pursuit? What struggle to escape?
            What pipes and timbrels? What wild ecstasy?

Heard melodies are sweet, but those unheard
      Are sweeter; therefore, ye soft pipes, play on;
Not to the sensual ear, but, more endeared,
      Pipe to the spirit dities of no tone.
Fair youth, beneath the trees, thou canst not leave
      Thy song, nor ever can those trees be bare;
            Bold Lover, never, never canst thou kiss,
Though winning near the goal—yet, do not grieve;
      She cannot fade, though thou hast not thy bliss
            Forever wilt thou love, and she be fair!

Ah, happy, happy boughs! that cannot shed
      Your leaves, nor ever bid the Spring adieu;
And, happy melodist, unweari-ed,
      Forever piping songs forever new;
More happy love! more happy, happy love!
      Forever warm and still to be enjoyed,
            Forever panting, and forever young;
All breathing human passion far above,
      That leaves a heart high-sorrowful and cloyed,
            A burning forehead, and a parching tongue.

Who are these coming to the sacrifice?
      To what green altar, O mysterious priest,
Lead’st thou that heifer lowing at the skies,
      And all her silken flanks with garlands dressed?
What little town by river or sea shore,
      Or mountain-built with peaceful citadel,
            Is emptied of this folk, this pious morn?
And, little town, thy streets for evermore
      Will silent be; and not a soul to tell
            Why thou art desolate, can e’er return.

O Attic shape! Fair attitude! with brede
      Of marble men and maidens overwrought,
With forest branches and the trodden weed;
      Thou, silent form, dost tease us out of thought
As doth eternity. Cold Pastoral!
      When old age shall this generation waste,
            Thou shalt remain, in midst of other woe
Than ours, a friend to man, to whom thou say’st,
      “Beauty is truth, truth beauty”—that is all
            Ye know on earth, and all ye need to know.

© John Keats (1820 )

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Keats dood weens mediese flater
Nini Bennett. Digters in die filmkuns. →

3e gedagtes oor “Louis Esterhuizen. En gestel John Keats was verkeerd?”

  1. Leon Retief says:
    24 November 2012 at 14:53

    Simmetrie in fisika het nie te doen met wat mens seker maar visuele simmetrie kan noem nie. ‘n Fisiese stelsel is simmetries wanneer ‘n wiskundige of fisiese eienskap van daardie sisteem dieselfde bly tydens ‘n verandering van een of ander aard in daardie sisteem. Simmetrie bly ook nie altyd behoue nie, die bekendste voorbeeld is seker in 1967 gevind toe Sheldon Glashow, Steven Weinberg en Abdus Salam gevind het dat elektromagnetisme en die sogenaamde “swak” krag (weak force) by baie hoë energievlakke nie van mekaar onderskei kan word nie maar dat hierdie simmetrie by baie lae energievlakke afbreek omdat die swak krag baie swakker word as elektromagnetisme en omdat die reikafstand daarvan ook drasties afneem.
    As iemand met geen literêre talent nie sou ek reken dat mens ekwivalente voorbeelde van simmetrie in die digkuns kan bewerkstellig, maar ek sal die finale oordeel in hierdie verband aan digters oorlaat.
    Orrell gaan nie altyd te akkuraat om met die woord “teorie” nie. E=mc2 is nie op sig self ‘n teorie nie, dit is wel deel van Einstein se spesiale relatiwiteitsteorie van 1905.
    Dit is beslis so dat baie wetenskaplikes estetiese bevrediging in hul teorieë nastreef. Paul Dirac het gesoek na “beauty in the equations” en Richard Feynman het vertel hoe hy laat een nag ‘n vergelyking uitgewerk het wat die fondament van kwantum chromodinamika sou lê: “The goddamn thing gleamed.” En natuurlik is dit ook so dat enige wetenskaplike ‘n spesiale sagte plekkie het vir ‘n teorie wat hy/haarself ontwikkel het, maar daar is altyd iemand anders wat ‘n alternatiewe teorie sal voorstel. Feynman self het gesê dat dit nie saak maak hoe bekoorlik of elegant ‘n teorie is nie, as dit nie strook met empiriese waarnemings nie dan is dit gedoem.
    Orrell verwys spesifiek na snaarteorie. Hierdie teorie maak wel voorspellings maar om hierdie voorspellings te toets sal ‘n versneller benodig wat ongeveer so groot soos die melkweg is en ek dink nie so iets gaan gou gebou word nie. In die oë van diegene wat snaarteorie ondersteun is dit inderdaad ‘n elegante en intellektueel bevredigende konstruk, diegene wat dit verwerp vind dit onsinnig en en sommer plein laf. Daar bestaan wel alternatiewe teorieë waarvan lus kwantum gravitasie waarskynlik die bekendste is. Vir Breyten: in hierdie geval staan “lus” vir “loop” en nie “begeerte” nie, voordat die psigoanaliste onder ons dalk die loop neem.
    Enkele ander opmerkings: baie fisici, soos Weinberg, vind die standaard model esteties gebrekkig onder andere omdat dit nie die presiese waardes van die nagenoeg 20 arbitrêre syfers kan verklaar nie, en dit is juis wat mens van ‘n “volwaardige” teorie sou verwag. Orrel noem dat Newton se gravitasieteorie net een syfer benodig, naamlik die gravitasiekonstante, wat met die hand aangepas moet word. Dit is juis waar daar ook ‘n probleem lê, naamlik dat dit aangepas moet word. Eksperimentele waarnemings van hierdie konstante gee wyd uiteenlopende waardes, ‘n soort van “trade secret” van fisika wat nie algemeen bekend is nie.

    Reply
  2. Buiteblaf Breytenbach says:
    23 November 2012 at 10:48

    Simmetrie sluit gewoonlik ‘n proses af; maak dit nie oop nie. Maar as mens nou sou sê dat die estetiese die voering van etika is? Behalwe dat ons dan ‘n baie asimmetriese gesprek moet hê oor die estetika, soos Opperman se buffels. Is die dwingende behoefte aan begrip of samevatting ‘n etiese of estetiese noodsaak? In die Zen visuele tradisie van Japan word asimmetrie nagestreef: iets ‘leliks’ sal met opset geïntroduseer word net om die bevrediging van die ‘mooie’ te ontstig. (Meeste van ons doen dit sommer vanself en sonder om selfs bewus te wees daarvan.) Jy sien bv. selde vier afsonderlike objekte in ‘n stillewe. Dit het ook te doen met die tekstuur van sien. Kan mens aanvoer dat die ‘verfyning’ van asimmetrie ‘n eie estetiese lering daarstel? En dan? Hoe word mens blind vir die wonder van verwondering – en van wonde? (Andersom gestel: hoe blind word mens tog nie vir die wonde van verwondering nie! Jy sal moet uithelp hier, Leon, voor die sielsversondigers vir ons wat nie siele het nie weer loop.)

    Reply
  3. Desmond Painter says:
    23 November 2012 at 04:45

    “Beauty walks a razor’s edge
    Someday I’ll make it mine” – B Dylan

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d