Louis Esterhuizen. Katarse digter lewenslank tronk toe oor gedig

 

Nou ja, kyk. Soveel maniere is daar wat die noodlot jou kan verbrysel … Jy is ‘n relatief onbekende digter in ‘n kleinerige Arabiese staat; te midde van wat as die “Arabiese lente” bekend staan. In ‘n opwelling van vreugde jeens die groter gemaklikheid ten opsigte van vryheid van spraak skryf jy ‘n satiriese vers oor die heersende emir van jou land genaamd Katar. Jy lees dié vers voor in die binnekring van ‘n paar vriende in jou woonstel. Een van jou vriende besluit egter om by wyse van entoesiastiese meelewing jou tong-in-die-kies-gedig op die internet te plaas waar een van die emir se lakeie dit raaklees.

En jou ganse lewe verander.

Eers word jy gearresteer en meer as ‘n jaar later gevonnis. Lewenslange tronkstraf.

En dit is presies wat met die 37-jarige Katarse digter, Mohammed al-Ajami (foto), gebeur het. Hieroor berig die BBC soos volg: “The charges relate to a poem that 37-year-old Mohammed al-Ajami, a father of four, recited in 2010 before a small, private audience in his flat in Egypt. One audience member subsequently posted the poem online. In the Arab world it is customary for poets to praise those in power. Mohammed al-Ajami’s poetry is generally liberal and satirical, supporting the Arab Spring, while poking fun at religion and Arab rulers generally.”

Sheikh Hamad bin Khalifa al-Thani

Op geen stadium het die digter die feit dat hy die skrywer van die gewraakte gedig is, betwis nie. Tog het hy hom op ietwat ondubbelsinnige wyse op die goedhartigehid van Emir Sheikh Hamad bin Khalifa al-Thani beroep: “”I am a poet. I have done nothing wrong. Now I haven’t seen my wife and children for one year,” het hy aan die BBC se beriggewer gesê. “We have a good country and a good man. The emir is not Saddam or Gaddafi. He doesn’t have a black heart but he is surrounded by those who want to please him […] “This is not supposed to happen to me or any other person in Qatar. I deserve your help more than the people outside my country.”

Ten slotte. Volgens die berig gaan dié lewenslange vonnis nie net die verligte Katarse-regering tot verleentheid strek nie, maar ook vir die bekende televisiekanaal Al-Jazeera, wat soos ‘n rooi robot oor dié aangeleentheid swyg: “The case poses a dilemma for the Qatari government and exposes the limits to freedom of expression in a country that has been one of the most ardent supporters of the Arab Spring and is planning its first legislative elections in 2013. The case also exposes the Achilles heel of Qatar’s pan-Arab satellite TV channel, Al-Jazeera, which assiduously reports human rights violations in other countries around the world but rarely in Qatar itself.”

Nou ja, toe. As toegif plaas ek ‘n spotprent van Zapiro hieronder. Sy volgehoue geding met ons eie stortkop is immers welbekend.

***

 

Zapiro

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •