Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 May 201328 May 2013

Marlise Joubert. Herfs

 

herfs

 

vandag staan die wolke skeef

druppende kerswas oor die land

ek wil dit nie verlaat nie

 

in die tuin ‘n geveg tussen vinke

verwers met kwasse en lere poleer

my mure met die kleur van sand

 

niks hiervan wil ek opgee nie

 

hoe laat is die groot verlaat

en sal jy later in jou eensaamheid

alle gedagtes oor ons liefde prysgee

 

vandag vlam die bome herfs teen die berg

alle vensterrame staan oop in die lig

vir die vars vernis om droog te word

          

dit wil ek nie agterlaat nie

 

© marlise joubert/2013

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Marlise Joubert. [1955] →

6e gedagtes oor “Marlise Joubert. Herfs”

  1. Melléta Louw says:
    27 May 2013 at 21:54

    “ek moet die herfs met sy melankolie nou laat gaan with no regrets…” Dis nogeens poësie. Dankie Marlise

    Reply
  2. Anne-Ghrett Erasmus says:
    24 May 2013 at 17:56

    Dis regtig ‘n mooi gedig. Dankie Marlise.

    Reply
  3. Gerhard van Heerden says:
    23 May 2013 at 10:43

    Van hierdie gedig hou ek sommer baie. Dis so sagmenslik en eerlik. Pretensieloos. Ek hou veral van die wolke soos druppende kerswas oor die berge.

    Reply
  4. Marlise says:
    22 May 2013 at 13:38

    Dankie Gisela & Desmond.
    “…the moon trace its arc with no regret” laat my toe om waffer rede ookal, dink aan Edith Piaf se “Non, Je Ne Regrette Rien” Ek moet die herfs met sy melankolie nou laat gaan with no regret!

    Reply
  5. Gisela Ullyatt says:
    22 May 2013 at 12:51

    Inderdaad ‘n klank- en beeldryke gedig. Vol lig en herfs en alles wat ‘n gedig treffend maak.

    Reply
  6. Desmond says:
    22 May 2013 at 08:16

    Mooi, Marlise. Eisj, herfs is wreed: herinner jou aan jou sterflikheid, maar gee jou die een dag na die ander wat so mooi is, dit is onmoontlik om te dink dat mens dit prys moet gee! Mens beleef dit asof dit alreeds ‘n slow motion herinnering is. Op dae soos Maandag en gister neurie ek altyd Springsteen vir myself:

    ‘I watched the sun as it rises and sets
    I watched the moon trace its arc with no regret
    My jacket ’round your shoulders, the falling leaves
    The wet grass on our backs as the autumn breeze drifts through the trees

    Walk away, walk away, walk away, walk away
    This is our kingdom of days

    Ons koninkryk wat uit perfekte herfsdae bestaan; ons koninkryk wat kortstondig is soos dae.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d