herfs
vandag staan die wolke skeef
druppende kerswas oor die land
ek wil dit nie verlaat nie
in die tuin ‘n geveg tussen vinke
verwers met kwasse en lere poleer
my mure met die kleur van sand
niks hiervan wil ek opgee nie
hoe laat is die groot verlaat
en sal jy later in jou eensaamheid
alle gedagtes oor ons liefde prysgee
vandag vlam die bome herfs teen die berg
alle vensterrame staan oop in die lig
vir die vars vernis om droog te word
dit wil ek nie agterlaat nie
© marlise joubert/2013
“ek moet die herfs met sy melankolie nou laat gaan with no regrets…” Dis nogeens poësie. Dankie Marlise
Dis regtig ‘n mooi gedig. Dankie Marlise.
Van hierdie gedig hou ek sommer baie. Dis so sagmenslik en eerlik. Pretensieloos. Ek hou veral van die wolke soos druppende kerswas oor die berge.
Dankie Gisela & Desmond.
“…the moon trace its arc with no regret” laat my toe om waffer rede ookal, dink aan Edith Piaf se “Non, Je Ne Regrette Rien” Ek moet die herfs met sy melankolie nou laat gaan with no regret!
Inderdaad ‘n klank- en beeldryke gedig. Vol lig en herfs en alles wat ‘n gedig treffend maak.
Mooi, Marlise. Eisj, herfs is wreed: herinner jou aan jou sterflikheid, maar gee jou die een dag na die ander wat so mooi is, dit is onmoontlik om te dink dat mens dit prys moet gee! Mens beleef dit asof dit alreeds ‘n slow motion herinnering is. Op dae soos Maandag en gister neurie ek altyd Springsteen vir myself:
‘I watched the sun as it rises and sets
I watched the moon trace its arc with no regret
My jacket ’round your shoulders, the falling leaves
The wet grass on our backs as the autumn breeze drifts through the trees
Walk away, walk away, walk away, walk away
This is our kingdom of days
Ons koninkryk wat uit perfekte herfsdae bestaan; ons koninkryk wat kortstondig is soos dae.