Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 June 20134 June 2013

In memoriam: D.P.M. Botes (7 Julie 1935 – 2 Junie 2013)

 

 

 

Dit is met spyt dat ons verneem het van die afsterwe van DPM Botes gisteraand. Het het klaarblyklik aan ‘n hartaanval beswyk. Hy was 78 jaar oud.

D.P.M. Botes is in Witbank gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal. Daarna verwerf hy ‘n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Afrikaanse en Nederlandse Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en ‘n honneursgraad in Afrikaans-Nederlands aan UNISA. Onder prof. Wilfried de Pauw voltooi hy aan UNISA ‘n MA-verhandeling, ‘n Ondersoek na verteenwoordigende literêre opvattinge van die Futurisme, Kubisme, Dadaïsme en Surrealisme (1963). In die winter van 1965-1966 doen hy onder prof. Jean Weisgerber aan die Université Libre de Bruxelles in België navorsing vir ‘n proefskrif oor die digter Gaston Burssens.

Botes debuteer met die bundel Wat is ‘n gewone man (1965), waarvoor hy die eerste Afrikaanse wenner van die Ingrid Jonker-prys was. Daarna publiseer hy nog twee bundels, naamlik Klein grys telegramme van die wêreld (1966) en Psalms van David (1973). Van sy gedigte verskyn ook saam met dié van P.A. de W. Venter en Menno Stenvert in Klawer (1966). Botes het in 1995 as hoof van skakeling en markbevordering by die Mielieraad afgetree.  

Van Botes het ‘n vierde bundel, Van ‘n skaap in wolfsklere, in 2012 by Tormentoso verskyn.

Onlangs nog het Botes hom nog soos volg uitgelaat oor die Afrikaanse letterkunde tydens die onderhoud wat Johann Lodewyk Marais met hom vir Versindaba gevoer het: “Die Sestigers wou iets vir die Afrikaanse letterkunde doen en hom bevry van wat Van Wyk Louw lokale realisme genoem het. Jammerlik is Afrikaans nou weer terug by lokale realisme en het Sestig eintlik gefaal na die werk van Etienne Leroux en André P. Brink se Lobola vir die lewe. Ek bly getrou aan die sienings van destyds en skryf steeds in daardie trant. Ek kan nie soos ‘n verkleurmannetjie sommer van styl verander nie, maar wel ontwikkel.”

*** 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “In memoriam: D.P.M. Botes (7 Julie 1935 – 2 Junie 2013)”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    3 June 2013 at 22:21

    D.P.M. Botes (1937-2013) was een van die belangrikste digters van Sestig. Kyk ook my uitgebreide onderhoud met hom in “Spilpunt” 1(2), Augustus 2004, pp. 10-16.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring: Wenners van AVBOB Poësiekompetisie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons
  • Koos de Wet. Pollenys
  • Erwin Rode. Die opvaart van die afvalliges
  • Betani Wiese. Tuin

Nuutste kommentaar

  1. Johan Anker on Joan Hambidge. Sheila Cussons2 October 2026

    Baie dankie vir hierdie bespreking! Ek is self n groot bewonderaar van Cussons en het elke Pinkstertyd haar gedigte met…

  2. Joan Hambidge on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)28 September 2026

    Dewald, dankie vir hierdie argivering. Die buitengewone kennis van die digter en literator is verbysterend.

  3. Helené Coetzee on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)27 September 2026

    Wat 'n aangrypende boek!

  4. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  5. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d