Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 July 2013

Andries Bezuidenhout. Johann Lodewyk Marais as feesdigter – fotobeeld

Johann Lodewyk Marais was die eerste Afrikaanse digter om as die Innibos kunstefees se feesdigter aangewys te word. Tydens ʼn geleentheid by die fees is ʼn oorkonde deur Chris Barnard aan hom oorhandig. Elize Cawood het gedigte uit sy agt digbundels voorgelees en ʼn oorsig van sy loopbaan as digter gegee. Luna Paige het twee van sy gedigte getoonset en by die geleentheid opgevoer. Verder het die beeldhouer Jaco Sieberhagen ʼn werk geskep op grond van temas uit Johann Lodewyk Marais se digkuns en daaroor gepraat by die geleentheid. Hier onder is ʼn fotobeeld.

Jaco Sieberhagen se beeldhouwerk
Jaco Sieberhagen se beeldhouwerk
Jaco Sieberhagen praat oor die inspirasie uit Johann Lodewyk Marais se digkuns vir sy beeldhouwerk
Jaco Sieberhagen praat oor die inspirasie uit Johann Lodewyk Marais se digkuns vir sy beeldhouwerk
Elize Cawood lees gedigte voor
Elize Cawood lees gedigte voor
Digbundels
Digbundels
Luna Paige, Johann Lodewyk Marais, Elize Cawood, Katinka Heyns, Chris Barnard en Jaco Sieberhagen
Luna Paige, Johann Lodewyk Marais, Elize Cawood, Katinka Heyns, Chris Barnard en Jaco Sieberhagen
Luna Paige doen 'n klanktoets
Luna Paige doen ‘n klanktoets
Die oorkonde
Die oorkonde
Chris Barnard oorhandig die oorkonde namens die feesdireksie
Chris Barnard oorhandig die oorkonde namens die feesdireksie

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais ontvang oorkonde tydens Innibos Kultuurfees
Johann Lodewyk Marais. David Livingstone →

5e gedagtes oor “Andries Bezuidenhout. Johann Lodewyk Marais as feesdigter – fotobeeld”

  1. Elza Vorster says:
    6 July 2013 at 12:42

    Dit was vir my ‘n voorreg om betrokke te wees by die organisering van InnBos se eerste feesdigter. Andries jy was ‘n puik onderhoudvoerder. Weer eens dankie. Elza Vorster (Boeke InniBos)

    Reply
  2. Evette Weyers says:
    4 July 2013 at 09:42

    Wat ‘n heerlike idee. Om by elke fees ‘n feesdigter te hê! Andries, ek stem vir jou ‘ek hoop die ander feeste kyk af.!
    Was daar nuusdekking daaroor in die Beeld?
    Mag die feesgode vlam vat hieroor.

    Reply
  3. Louis says:
    3 July 2013 at 18:10

    Van jou vingers af reguit na die feesgode, Andries … Tog opvallend hoe mense, wanneer hulle verhoogde emosionele opwellings ervaar, altyd na gedigte gryp. Soos die kliënt wat enkele dae gelede in die winkel kom soek het na gedigte oor die geboorte van ‘n kleinkind … En watter beter manier is daar nie om “statuur” aan ‘n fees te gee as ‘n feesdigter nie. Buiten dit -watter fantastiese keuse was Johann Lodewyk Marais nie vir Innibos nie! Volpunte aan die organiseerders.

    Reply
  4. Andries Bezuidenhout says:
    3 July 2013 at 14:06

    Louis, dit was ʼn baie mooi geleentheid. Ek het gehou van die manier waarop die feesorganiseerders ‘n gesprek tussen JLM se digkuns, Luna Paige se musiek en Jaco Sieberhagen se beeldhouwerk laat onstaan het. Mari Lubbe en Elza Vorster was vir die boekeprogram verantwoordelik. Sandra Jacobs, wat vir die fees se bemarking verantwoordelik is, het JLM aan die gehoor voorgestel en Andy Lubbe, die feesbestuurder, was self ook daar om seker te maak alles loop reg. Ek hoop van die ander feeste kyk af!

    Reply
  5. Louis Esterhuizen says:
    3 July 2013 at 13:54

    Wat ‘n lieflike, welverdiende eerbetoon aan ‘n besonderse digter … Dankie vir die fotobeeld, Andries. En nogmaals: Van harte geluk, Johann!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d