Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 July 201311 November 2013

Wicus Luwes. As jou teiken-gehoor terugskiet

Hierdie stuk is nie vir jou nie. Dit het ook geen invloed op jou lewe nie. Enige ooreenstemming is blote toeval of miskien moet jy minder tussen die lyne lees. Speltoetsers is immers vir mense wat nie kan spel nie en die strepe op die pad en toegee-tekens is eintlik vir mense wat nie kan bestuur nie.

Die hedendaagse wins-gedrewe drukgang forseer ons om te dink oor ‘n teiken-gehoor:

1) Wie of wat is jou teiken-gehoor?

2) Skryf jy vir hulle of oor hulle? Miskien as gevolg van hulle?

3) In watter mate skryf jy vir ‘n mark wat vandag op een plek is, maar môre op ‘n volgende plek gaan wees?

As digter wat ‘n naam probeer maak, moet jy ‘n eie stem(pel) probeer afdruk. Die pyl in die boog sit en mik na die teiken. Jy weet wat jy geleer het, maar dit is nou die tyd om jou eie unieke invalshoek te gebruik om ‘n onbekende pad na die bestemming  te volg. Die moontlikheid bestaan natuurlik dat jy ‘n nuwe teiken-gehoor losslaan en sodoende die mark verbreed, maar dit gebeur nie altyd maklik nie.

Die teiken-gehoor het soms ook ‘n rol te speel. Dink maar aan die Innibos pluimpie-in-die-hoed van Johann Lodewyk Marais. Die teiken-gehoor het hier in afwagting gestaan voor die gedig wat oor die fees moes handel. ‘n Aanwys van ‘n feesdigter skep die verwagting dat iets vir die fees geskryf gaan word. Iets waarna die teiken-gehoor kan uitsien.

Dit bring my terug na die teiken-mark se posisie. ‘n Mark beweeg of ontwikkel en die digter of skrywer wat stilstaan, verloor miskien die konteks waarin die teiken-gehoor beweeg. Die kobra spoeg nie waar die teiken huidiglik is nie – dit spoeg waar hy dink sy teiken se volgende beweging gaan wees. Die sukses lê dus in tydsberekening, die verrassings-element en die bietjie geluk wat staan tussen die slang wat dit regkry om ‘n volgende dag te sien en die mamba wie se nek omgedraai en in die sloot lê.

Die belangrikste vir kreatiewe skryfwerk, is miskien jou geloof in die teiken wat jy nie kan sien nie. Die teiken wat aanhou beweeg en miskien deur skoolkinders op jou eie rug geplak is. Verder moet jy natuurlik nie ophou skiet nie, al is die teiken steeds op jou rug geplak. Selfs al brand die pyle en voel die pyn te ondraaglik.

Die rol-spelers hierby betrokke is minder as wat jy dink – moontlik slegs die skrywer en die teiken-gehoor. As jy nog wonder oor die invloed van die wind en watter soort pyl om te gebruik, is dit miskien nog nie die regte tyd om te skiet nie.

Miskien was ek verkeerd. Miskien is hierdie stuk wel vir jou geskryf. Miskien moet ons meer tussen die lyne lees en hoop om verras te word. Met ‘n bietjie geluk is die verrassing iets doodgewoon soos iemand wat die deur vir jou oophou in die reën of ‘n ou hond wat sy kop op jou voete kom rus. Wat sien jy in die spieël wat aandag nodig het? Op watter vlakke word jy geteiken? Watter duiwels is daar om te verjaag met die pen? Die moontlikhede is legio – want hulle is baie.

Stekelbrak

 

n stekelbrak

op die sypaadjie

lek wonde

wat hy nog moet kry

 

en krap in asblikke

wat nog volgemaak sal word

 

in sy oë is môre se sopbeen

reeds sonder vleis

miskien al begrawe

 

dan gaan lê die brak

en sluit sy oë

want môre kom tog gouer

vir die hond

wat daarin glo

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d