Jaco Barnard-Naudé. Ariel word vyftig

 

Ariel

 

Stasis in darkness.

Then the substanceless blue

Pour of tor and distances.

 

God’s lioness,

How one we grow,

Pivot of heels and knees! – The furrow

 

Splits and passes, sister to

The brown arc

Of the neck I cannot catch,

 

Nigger-eye

Berries cast dark

Hooks –

 

Black sweet blood mouthfuls,

Shadows.

Something else

 

Hauls me through air –

Thighs, hair;

Flakes from my heels.

 

White

Godiva, I unpeel –

Dead hands, dead stringencies.

 

And now I

Foam to wheat, a glitter of seas.

The child’s cry

 

Melts in the wall.

And I

Am the arrow,

 

The dew that flies

Suicidal, at one with the drive

Into the red

 

Eye, the cauldron of morning.

 

(Plath 2004: 33-34)

Op 26 Mei vanjaar het ‘n groep van 40 kunstenaars in Londen bymekaargekom as deel van die Southbank Literary Festival om die volledige gerestoreerde manuskrip van Sylvia Plath se laaste bundel, Ariel, voor te dra en om sodoende 50 jaar sedert die ontdekking van die manuskrip (op die digteres se lessenaar, kort na haar dood), te gedenk (Flood 2013). Dit is dus gepas om in hierdie konteks nogmaals kortliks (en natuurlik kursories) oor Plath se laaste bundel, asook oor die naamgedig, na te dink.

Die bundel Ariel het van Sylvia Plath ‘n huishoudelike naam in Amerika gemaak. Oor hierdie gedigte, geskryf in die laaste jare van haar lewe (soms twee of drie per dag), skryf Robert Lowell (1965:vii) in sy voorwoord tot een van die vroeër, geredigeerde uitgawes van die bundel dat dit die gedigte is waarin Plath haarsélf word, finaal en onomwonde haar eie en enige stem vestig. Maar hierdie ‘haarself’ is nie net nog ‘n ‘digteres’ of ‘vrou’ of selfs ‘persoon’ nie, dit is eerder ‘n verbeelde iemand of iets, soos Lowell dit stel iemand ‘newly, wildly and subtly created.’ Alles in hierdie gedigte is persoonlik, belydend, deurgevoel, maar die gevoel is, soos Lowell aandui soos die van ‘n hersenskim of hallusinasie – ‘the autobiography of a fever’. Dit is juis hierdie beskrywing van die outobiografie van ‘n koors wat die Freudiaanse doodsdrang in hierdie verse aktiveer. In sy werk oor Freud, verwys Derrida uitdruklik na die doodsdrang as ‘n koors, as iets wat konstitutief in die argief van die onderbewussyn soos ‘n vuur brand (Derrida 1992). Ariel sou in hierdie opsig gelees kon word as Plath se argivering / optekening van haar lewe, ‘n finale bestekopname voordat die koors van die doodsdrang die subjek in besit neem en uitwis. Soos sy in die naamgedig opmerk ‘Suicidal, at one with the drive / into the red.’

Die titel van die bundel Ariel aktiveer weliswaar Shakespeare se skone, ontliggaamde gees Ariel. As ‘n bewonderaar van Shakespeare was Plath duidelik van hierdie interteks bewus. In Shakespeare se drama Die Storm is Ariel die dienskneg van Prospero. Sy simboliseer die beheer oor die elemente vuur, die lug en die heelal. Op outobiografiese of bloot biografiese vlak verwys die titel na die naam van Plath se perd waarop sy elke week gaan ry het. Ted Hughes, Plath se eggenoot, vertel dat sy eenmaal op die perd gaan ry het toe die perd skrik, die valrepe afval en die perd op vol galop die loop neem, met Plath wat om lewe en dood aan die perd se nek vasklou. Die gedig ‘Ariel’ kan dus vertolk word om hierdie traumatiese insident te verwoord. Lowell vergelyk die digter met hierdie perd op loop: ‘she herself is a little like a racehorse, gallopping relentlessly with risked, outstretched neck, death hurdle after death hurdle topped.’

In ‘n analise van ‘Ariel’ deur William Davis (1972) word op ‘n verdere betekenis van die bundeltitel en gelyknamige gedig gefokus: Ariel is ook die simboliese naam vir die stad Jerusalem. In Hebreeus beteken Ariel ‘leeu van God’, iets waarop duidelik gesinspeel word in die eerste versreël van die tweede strofe. Soos Davis aandui, hierdie verwysing strook verder met Plath se obsessie in vele van haar gedigte met die Judaïsme en die Joodse volk. Davis se argument is dat die digter hierdie drie betekenisse van die naam ‘Ariel’ in haar gedig kombineer / saamsnoer waarin elk van die drie betekenisse mekaar ondersteun. Volgens Davis is daar ‘n duidelike strukturele, metriese skakel in die ‘Godiva’ versreël wat dui op die oorgang tussen die biografiese en die bybelse gegewe van Ariel: ‘In terms of the autobiographical overtones, the poem can be seen as what apparently it is in fact—an account of the poet’s going for a ride on her favorite horse. Each of the details she mentions with respect to the ride (at least through the first six stanzas) can be seen as exact reporting of what it is like to ride a horse. The last five stanzas of the poem obviously move beyond the literal telling of taking a horseback ride and move into something which partakes of the mystery whereby the rider experiences something of the unity which is created between horse and rider, if not literally, at least metaphorically.’

Wagner argumenteer weer dat ‘Ariel’ ‘n gedig oor beweging is: ‘The progression in the poem is from the simply stated “Stasis in darkness,” a negative condition … to the ecstatic transformation-through-motion of the closing. That this is a poem about motion is clear from the second image, which seems to be a depiction of the faint light of morning (“substanceless blue pour of tor and distances”) yet also stresses the movement of the image – pour, distances. The eye of the reader, like that of the poet, is on what is coming, and the scene that appears is always couched in imagery that includes motion words or impressions. Even the furrows of earth are moving (“splits and passes”)’ (Wagner 1977:5-7)

Wagner lees die negatiewe elemente in die gedig as elemente wat teen die uiteindelike vry beweging inwerk, byvoorbeeld die ‘dead hands, dead stringencies’. Die ooreenkoms wat hier ingelees word is met Shakespeare se Ariel wat vuur gebruik om die beste resultaat vir die karakters in Die Storm te bewerkstellig. (Hier behoort ons in gedagte te hou dat ‘Ariel’ geskryf is in ‘n tyd toe Plath reeds van haar man vervreem was en alleen gewoon het.) Soos Ariel in Shakespeare se gedig vir jare vasgevang was in die stam van ‘n boom so was die digter vasgevang in haar lewe en sien sy die dood hier as ontkoming – as Ariel wat op die rug van Ariel die lewe uit galop na die hemelse stad Ariel. Die gedig sowel as die bundel as haar laaste nalatenskap karteer hierdie beweging, hierdie oorgang. Met Ariel bereik Plath nie net as digter nie, maar ook as die mens wat sy teen wil en dank was, haar laaste bestemming.

Verwysings:

Davis, WV ‘On “Ariel”’ (1972) 3(4) Modern Poetry Studies beskikbaar by: http://www.english.illinois.edu/MAPS/poets/m_r/plath/ariel.htm.

Derrida Archive Fever (1992).

Flood, A ‘Sylvia Plath gets all-star tribute for Ariel anniversary’ (2013) beskikbaar by: http://www.guardian.co.uk/books/2013/apr/11/sylvia-plath-all-star-tribute-ariel

Freud, S ‘Beyond the Pleasure Principle’ in S Freud Beyond the Pleasure Principle and Other Writings (2003).

Lowell, R ‘Foreword’ in S Plath Ariel (1965).

Plath, S Ariel: the restored edition (2004).

Wagner, L ‘Plath’s Ariel: Auspicious Gales’ (1977) 10(2) Concerning Poetry 5 beskikbaar by: http://www.sylviaplath.de/plath/wagner1.html.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •