Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 July 201311 November 2013

Wicus Luwes. Verbrande roosterbrood

In Kubrick/King se ‘The Shining’ verduidelik die kok aan die klein seuntjie: “Party dinge laat iets agter – soos die reuk van verbrande roosterbrood wat vir ‘n lang tyd in die lug hang”.

Geweld is een van daardie dinge wat so ‘n reuk laat agterbly. Dit is nie ‘n aangename reuk nie en los ‘n bitter smaak in ons monde. Die energie wat dit uit die omgewing dreineer is duidelik sigbaar in ‘n bende-geteisterde Kaapse vlakte of oorlog-geteisterde Sirië.

Die vermoë om geweld te kanaliseer of dinge om te draai, is wat dit as studierigting egter interessant maak: Die gewapende stryd word die beeld van versoening en laat honderde mense daagliks opdaag by ‘n hospitaal om blomme en kaartjies te los vir ‘n oud-stryder wat simbool van vrede geword het. In Judo word die deelnemers geleer om die ander persoon se momentum en krag teen hom te gebruik. Die stormweer waai die dooie takke weg en ewe skielik sien ‘n mens weer die bloeisels en nuwe takke.

Daar is ook iets te sê vir die doelbewuste dreinering van die energie van geweld. Die mooi klanke van Dawid se musiek laat Saul se woede bedaar. Die stem van ‘n vrou breek die momentum van twee moordenaars wat in London met bebloede messe in hul hande langs die lyk van ‘n soldaat staan. Die bos blomme breek die stil geweld wat die spanning soos ‘n pitseer laat sweer.

 

Khalil Gibran skryf oor die simbole wat ‘n blom kan aanneem in sy ‘Song of The Flower’:

I am a kind word uttered and repeated

By the voice of Nature;

I am a star fallen from the

Blue tent upon the green carpet.

I am the daughter of the elements

With whom Winter conceived;

To whom Spring gave birth; I was

Reared in the lap of Summer and I

Slept in the bed of Autumn.

…

I am the lover’s gift; I am the wedding wreath;

I am the memory of a moment of happiness;

I am the last gift of the living to the dead;

I am a part of joy and a part of sorrow.

But I look up high to see only the light,

And never look down to see my shadow.

This is wisdom which people must learn

 

Geweld is natuurlik nie slegs die daad nie, maar ook die daad wat ge-impliseer word. Die voorloper en die na-draai. Die ‘ek gaan jou kry’ of ‘ek gaan jou huis afbrand’ is partymaal meer kragtig as fisiese geweld. Dit bind jou vas met onsigbare bande en laat jou toekyk terwyl jou buurman aangeval word.

Verbrande roosterbrood is iets wat ‘n mens nie kan terug-verander of ongedaan maak nie. Geweld is nodig in baie prosesse en as dit nie ‘n doel vind nie, word dit destruktief. Die uiteinde van geweld is dus net so belangrik as die geweldsdaad self.

Die krag van geweld kan nie ontken word nie, maar as die fokus val op ‘n positiewe na-draai en op ‘n Feniks wat verrys uit die as, is dit kragtiger as die oorsprong van die geweld.

Die A.K.-droom

 

Hard, koud

ruk die vuishou

deur die deur

modderhuisies spat

uit een modderpoel

met bloed en leë doppies

‘n moeder wat oor haar kind

“Lê!”

sê die masker met die

stem en geweer

in die hand

“Lê!”

sê die nag

en die maan

glim helder.

Tussen die sterre

staan die vonke

en die as van ‘n vuur;

teen die koue

is daar geen keer,

en teen die maan is daar geen seer

wat dieper as dié bloedpoel sny nie

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Wicus Luwes. Verbrande roosterbrood”

  1. Wicus says:
    22 July 2013 at 20:06

    Ek dink blootstelling aan geweld laat kinders vinniger grootword as wat nodig is. As siklusse (soos die verskillende fases van grootword) onderbreek word is daar noodwendig implikasies wat nie voorspel kan word nie.
    ‘n Paar skakels wat ek raak gesoek het:
    1) http://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/1825/dissertation.pdf?sequence=1
    2) http://etd.uovs.ac.za/ETD-db/theses/available/etd-08102011-110601/unrestricted/BarnesAK.pdf

    Reply
  2. Gert says:
    22 July 2013 at 13:46

    Ek wonder baie watter verskil geweld in die vorming van kinders het.

    Meisies mag dit nooit geweld pleeg of ontvang nie, nooit kontaksport beoefen nie – seuns wel.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d