Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 October 20137 February 2020

Hilda Smits. Oor dooie eekhorings & ertjies

                       New York op 'n herfs besoek
 

Dit raak kouer in Nashville. Aan die een kant voel ek soos Robert Frost met sy frosty van wat sê, “You can’t get too much winter in the winter” & aan die ander kant ‘n bietjie soos Tom Waits, “I’m the last leaf on the tree. The autumn took the rest but they won’t take me. I’m the last leaf on the tree. I’m the last leaf on the tree. I’m the last leaf on the tree”.

Daar is iets metafories aan die dooie eekhoring met sy glaserige, steeds verskrikte swart ogies waaroor ek byna verlede week geploeg het gedurende ‘n drafsessie & die weer wat besig is om diep in my murg huis te bou. Iets aangenaams & bekend soos my ma se pannekoek op reënerige dae, of die bejaarde posman met sy vaardige hande wat weet wat my adres is. Iets onaangenaams & onbekend soos ‘n dooie eekhoring met glaserige ogies.

Herfs (dink Halloween pampoene & aan riviere blare wat bruis onder voet & aan truie wat die spiere van hulle sagte monde in ‘n vreemde land strek) voel soos ‘n fase. Volgens die H.A.T, ‘n “ontwikkelingstrap”. ‘n Stadium. Persoonlik verkies ek fase as“ die skyngestalte van die maan”. Miskien verander alles vorm, ietwat soos die maan, hierdie tyd van die jaar sodat selfs die krane soos silwer kraaie diep vanuit hulle kele protesteer. Miskien krimp ‘n mens gedurende die winter tot ‘n ertjie, serp en al. Skielik is jy oor teen die grond sodat jy beter na molballades kan luister, en die miere en allerhande ongewone dinge van naderby kan bekyk. Ek voel soos ‘n ertjie wat aan ‘n enorme serp brei en met miere praat. En ek mis my pa hierdie tyd van die jaar. Hy was ‘n man van min woorde & ‘n man vir geel bome, & vir Lig.

Vir my pa vertaal ek ‘n mede-mol, Larry Levis, se gedig In the City of Light:

In die stad van lig

Die laaste ding wat my pa vir my gedoen het
was om ‘n padkaart te ontwerp: hy het gesterf & so
die dood ‘n moontlikheid gemaak. As hy dit kan doen sal ek
ook, eendag, so vereer word. Een nag

het ek deur die verligte strate van New York gestap,
van die Gramercy Park Hotel op tot by Lexington,
& op daardie uur, alleen, was ek doof vir die verkeer,
stemme, die geroesemoes van ‘n koerant tot hoog bo die ligte geswiep
deur ‘n Lente wind. Die strate nat en blink . Geen klanke. Een nag

met my seun se geboorte het ek gedink
aan hoe luid hierdie wêreld moet wees vir hom, hoe finaal.

Daardie nag, uit respek vir iemand wat afwesig was,
het ek opgehou om te  luister daarna.

En uit respek vir iemand wat afwesig was,
moet ek ook sê

dat hierdie nie die hele storie is nie.
Die feit is, ek was nog steeds verlief.
My pa het gesterf & ek was verlief. Ek weet
dis in slegte smaak om dit so te sê . Sê vir my,
hoe sou jy dit stel?

Die storie lui: hunkerend om alleen te wees & hunkerend
vir die gemaklike eensaamheid van reisigers,

het ek totsiens gesê in ‘n lughawe & Wes gevlieg.
Dit het eintlik anders af gespeel,
& waar ek haar teen my lyf gehou het,
voel my vel steeds rou & broos.

Met die landing het ek afgekyk na die glimmende velde van lig,
van bleek wingerde & klein dorpies, elkeen
met ‘n watertoring & daarna die skadu van vlerke;
& dan niks .

My enigste raad is om nie weg te gaan nie,
Of, gaan weg. Die meeste

van my besluite was verkeerd.

Wanneer ek wakker word, lig ek koue water
na my gesig . Ek maak my oë toe .

‘n Lyf wil vasgehou & vasgehou word, & wat
kan jy daaraan doen?

Omdat daar gesigte is wat ek nooit weer sal sien nie,
is daar twee dinge wat ek wil onthou
oor lig & wat dit aan ons doen .

Haar helder, groen oë by ‘n lughawe – hoe hulle vergroot
asof  in ongeloof ;
& my pa wat die hek oopmaak : ‘n verligte, & stil

stad.

Die oorspronklike gedig: http://www.blackbird.vcu.edu/v5n2/poetry/levis_l/city.htm

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

7e gedagtes oor “Hilda Smits. Oor dooie eekhorings & ertjies”

  1. Hilda Smits says:
    5 December 2013 at 19:43

    Dankie vir die lees liewe Marie !

    Reply
  2. Marie Bredenkamp says:
    4 December 2013 at 09:38

    Ai Hilda! Hier maak jy ook vir my ‘n nuwe ‘woordpaljas’ oop – en draai die horlosie terug na toe ons eers saam woorde gespeel het..Vandag was toegevoeg tot my lewe! Groete!

    Reply
  3. Piet Smits says:
    5 November 2013 at 16:03

    netjies hila..!

    Reply
  4. Hilda Smits says:
    1 November 2013 at 19:05

    Hallo Gisela ! Baie beeldryk, ek dink jy sal van hom hou.

    Reply
  5. Gisela Ullyatt says:
    1 November 2013 at 11:31

    Nou het ek ook ‘n nuwe digter ontdek, dankie Hilda.

    Reply
  6. Hilda Smits says:
    31 October 2013 at 16:06

    Dankie, Marlise ! Hier is nog agtergrond oor Levis: http://www.blackbird.vcu.edu/v3n2/nonfiction/byrne_e/recover.htm
    & nog van sy gedigte http://steveschroeder.info/my-13-favorite-larry-levis-poems/

    Ek het onlangs op twee van sy boeke (Winter light & The widening spell of the leaves) afgekom & is heeltemal meegesleur.

    Ook mooi hierdie,
    “When I was twelve, I used to stare at weeds
    Along the road, at the way they kept trembling long after a car had passed;
    Or at gnats in families hovering over
    Some rotting peaches, & wonder why it was
    I had been born a human.
    Why not a weed, or a gnat?”

    Reply
  7. marlise says:
    30 October 2013 at 20:08

    Interessante agtergrond van Levis wat ek raaklees op die internet! “Larry Levis was born in Fresno, California, on September 30, 1946. The son of a grape grower, he grew up driving a tractor, picking grapes, and pruning vines of Selma, California, a small fruit-growing town in the San Joaquin Valley. He later wrote of the farm, the vineyards, and the Mexican migrant workers that he worked alongside. He also remembered hanging out in the local billiards parlor on Selma’s East Front Street, across from the Southern Pacific Railroad tracks. “

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d