Louis Jansen van Vuuren. November
Dis ’n skok vir enige sisteem om uit die woestyn se hitte in die sneeu te beland – om soos blits gekookte aspersies in yswater gedompel te word omdat dit stellig die verleidelike vars kleur bewaar. Dit werk nie vir my Dubai-tan nie. Ek sluk eerder gedwee my Echinaforce-doepa teen dreigende griep en verkoue.
Klimaatsverandering is een ding, die innerlike sprong van warm na koud is ’n gouskat met ’n stomp stert. Daar in die Suide is November die voorspel tot die somer. Mens loop oor skulpe saam met jou beminde en droom van die eerste kreef uit Weskuswater. Jy verken Platbos saam met jou dogter in die Overberg en raak verlief op die gevlekte stamme van die Witstinkhoutboom. En die wind.
Gedig vir die wind
Wind jy’t my besoek die dertigste November,
oosnoordoos die heelnag deur, die oggend weer
en nou nog steeds ’n ruk- en plukgevaarte
dwars-bemoerd, balsturig, ’n onvoorspelbare
kalant. As kind het ek jou reeds besweer
met ’n frivole naam – Don Juan van winde –
oossuidoos, ’n ligsinnige verfraaiing.
Nou’t jy jou gewreek sien ek, my witstinkhout
van twaalf jaar oud se rug gebreek, ’n splint
wat wit by sy verslane romp uitsteek,
die oergroot vy gesplyt en uitmekaar –
gekloof, ’n volle drag aan elke tak
Uit alles wat ’n mens moet mis bot kompensasie,
nou verlaat ek my op lesers vir wie ek elk
van my berooide bome weer oprig en bevolk,
die witstinkhout met witbontrokkies wat in sy top
hul verre naby viertoon fluit, die vy met vye
uit die lug gehou soos in ’n kunswerk
van Magritte, kompakte groen nodules
onder lugbrûe van verdriet. Vir elke oog wat kan verbeel
staan hulle weer op uit wit papier met rus
in vrede, voëls en vrugte gegraveer.
En ek? ’n Windkei onder waaisand, ’n dreikanter,
geboen, gepok, geskuur, gegroef en ondergrawe,
geen rede tot reduksie van repliek,
beproef my na my werk, noordoos,
’n regte yardang skerpgepiek, niks minder
as ’n veld zastrugi hierdie reëls –
ek en myne, ons dra jou merk
maar in ons terme.
Marlene van Niekerk. Kaar. Human & Rousseau. 2013
Hier in die Noorde is Novembermaand die poort na ’n uitgestrekte winterlandskap waarin mens gereedmaak vir die koue en die donker. Dit word ’n periode van refleksie waartydens mens die verloopte jaar in oënskou neem. November in die Noorde is handrem tyd. Briek aandraai-tyd. In die truspieëltjie verdwyn die jaar se kom en gaan… dis amper vakansietyd en Krismis knipoog grootoog uit Carrefour se glansbrosjure. My oog val onwillekeurig op die mylmeter. Ek besef dat ek my eie November betree.
’n brief van hulle vakansie
vir oubaas:
Noudat ek uitgeswel van lyf is, kan ek treur
oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
op die knieë van hul Gij Here God lê;
noudat ek agter ’n baard kou kan huil
as hulle snags my naam fluister met die ruite
donker knippende oë in die wind, oor die visolie
vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak
In sy sestiger jaar swem my pa in Stilbaai se see
en stap myle vêr oor die sand met sy reguit bene
in ’n kortbroek en speel krieket op die duine
en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis
want hys ’n bokser dokter boer
’n kaptein en ’n held ’n indoena tussen grysaards –
En as die reën soos ’n gesluierde bruid oor die see kom
word die lieflinghond ( Trixie) lam;
drie dae veg die veearts en buig dan die knie
en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
’n soenoffer in die diep grond se skoot
want nou is hulle minnaars
stil bome in die najaar met die wind
strelende drome in die takke
onder komete leeftye lang wêrelde
My ooms sterf soos kapok in die son
hartaanval beroerte kanker en tering
en my pa word stiller en meer verskriklik
van dop tot dop
Hier waar die harde winters en nat somers
my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
die soet hart van my moeder
my pa se stil en bitter krag
Breyten Breytenbach. Die gewildste Afrikaanse gedigte. Human & Rousseau. 2013
Die hullabaloo oor watter variant-filosofie die postmodernistiese denke vervang is immer veranderend. Soos die sterrehemel in November. Alan Kirby het reeds in 2006 begin praat van pseudo-modernisme, daarna volg benamings soos participatism en post-millennialism. In 2010 gebruik kultuur-teoretici Robin van den Akker en Timotheus Vermeulen die term meta-modernisme. Hulle beskou hierdie bewussyn as iets wat verby moderne en postmoderne strategie beweeg. Hulle verwys na ’n ‘ informed naivety’, ‘pragmatic idealism’ en ‘ moderate fanaticism’ as reaksies op onder andere die klimaatsverandering , die finansiële krisis en politieke onstabiliteit.
“…another sensibility that negotiates between a yearning for universal truths and relativism, between desire for sense and a doubt about the sense of it all, between hope and melancholy, sincerity and irony, knowingness and naivety, construction and deconstruction.
The prefix ‘meta’ here refers not to some reflective stance or repeated rumination, but to Plat’s metaxy, which intends a movement between opposite poles as well as beyond.”
Kunstenaars, skrywers en skeppers wat glo metamodernisme weerspieël is rolprentmakers soos Michel Gondry en Wes Anderson, klank-kunstenaars soos CocoRosie en Devendra Banhart, die kunswerke van Peter Doig Paula Doepfiner, skrywers soos Haruki Murakami, Roberto Bolaño, David Foster Wallace en Jonathan Franzen.
The end of time
This is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and wearyThe babes
The Guns
The waste
The punks
I don’t need no human friends
The cars
The wars
The shopping malls
I can leave you all behind
And I will chase my brother’s shadow
Leave my own hung in the closet
The stars that I could hardly see
I know you’re looking down at meAnd Jesus by the way dear lord
You always protected me
From fathers harm, his wicked laugh
It echoes through the canyon
The earth will spit us out one day
Like broken angels cast away
Lets just hug and say goodbye
We are all heavenwards and wearyThis is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and wearyBut love will come into our hearts
On that final day where life
Meets us at the edge of time
This will not be televised
The televisions all have died
Filled with water-cyanide
Angels, winged ones will survive
We are all blind smoke in our eyes
So lets just hug and say goodbye
We are all heavenwards and wearyThis is the end of time
Lets all hug and say goodbye
This is the end of time
We are all heavenward and weary
CocoRosie.Tales of a GrassWidow. City Slang.2013
Vir die laaste paar jaar lyk dit asof Quentin Meillassoux se Speculative Realism die etiket vir ’n nuwe filosofies hoofstroom-denke word. Hoe dit ook al sy, almal is dit eens dat post-modernisme se doppie geklap het en dat opkomende tegnologie die aard van die skrywer, die leser en die teks onherroeplik verander het en dat gevoelentheid ook aangepas word. As mens vandag na die kulturele markplek kyk, die boeke lees, na 21ste eeuse rolprente en Televisieprogramme kyk, na die nuutste musiek luister, is die spore van Derrida, Foucault en Baudrillard so te sê onsigbaar. Die visier is elders gerig – wat mik na ’n soort kritiese realisme wat aandag skenk aan ’n eietydse kulturele produksie. Die rolspelers bel, klik, druk, surf/verken, laai af, delete/skrap, like en verkas. Hulle share, connect, scroll, follow en tweet.
Moderne liefde
Jy was my attachment
Wis nie jy dra ’n virus
en nou maande na die tyd
is ek siek van verlang, onthou,
verlang, onthou
omdat my Norton nie jou
spesifiek gekodeerde boodskap kon uitwis.
Dus, nou is alles besmet.
My files van onthou. Ons liefde saam.
Jou hartstog soos ’n vlietende e-pos.
Iewers glo – lank na delete gedruk is – bly
’n boodskap, ’n hiëroglief, bestaan.
Ek sal jou nooit nie nooit onthou nie.
Ek sal jou nooit nie nooit vertrou nie.
Weg na die recue files is jy.
Vir eendag, miskien eendag
as liefde argeologies gesproke
weer moontlik of uitvoerbaar is.
Joan Hambidge. Kladboek. Protea Boekhuis.2008
Meillassoux se denkpatroon dwing ons om aan die wêreld te dink voordat daar mens was… en om te kyk na die toestand waarin ons wêreld homself nou bevind. Daar bestaan ’n bewustheid van ’n tweeledige ‘landskap’ – pre-apokaliptiese en post-apokaliptiese. Die aweregse nostalgie is ’n verlange na ongeskondenheid…. maar met ’n vretende vrees dat dit dalk te laat is vir die mens en die aarde om te herstel van sy eie siellose hardhandigheid. ( Die gevoel is so intens dat Jonathan Franzen in The Kraus Project (2013) die internet wil afskryf en ’n voor-digitale lewe herroep.)
Op 1 November word Toussaint in Frankryk en Dia de los muertos in Mexiko gevier. Ander vier die eerste November as dié dag waarop miljoene monargvlinders, klokslag, na die dennewoude in die Mexikaanse berge vlieg. Daar word geglo dat dit die siele van afgestorwenes is wat op die dag terugkeer.
Hierdie jaar, vir die eerste keer in geskiedenis, het die vlinders nie gekom nie. Nié op die eerste November nie. ’n Paar handjies vol het ’n week later drupsgewys verbygekom. In verbysterende lae getalle. Verlede jaar se verdrietige sestig miljoen lyk nou weelderig in vergelyking met die ontstellende drie miljoen wat sovêr die maand verbygekom het. Soortgelyke probleme bedreig ander insekspesies. Die lot van die bye gemeenskap is ewe benard…
Heart of the Monarch
Lesser fritillaries or crescents might
have lost their tribe in the Piedmont,
or some wayward zone, sailing northward like
tiny spinnakers over upper-austral regions
of deciduous hickory and gum
but near where flat coastal plains
verge westward across forests, overcome
by spring, the African-winged, black-veined
monarchs revive across the temperate
Mayish sky. Assembling each late noon
for sleep, the young bachelor males alight
in unison, the flash and dazzle of venation
klatched near a pond’s muddy crevasse.
This puddle club of monarchs, weary and peaceful,
dozes – unappetizing to the thrasher,
the rough-winged swallow, or the needle –
billed hummingbird – abdomens chock-full
of milkweed, foul-tasting to hungry fowl.
So this sleeping assembly, fearless, roosts till
Morning, when the herd ascends, their spiracles
Yawing as they make their way, steadfast.
Out of vivariums, out of seclusion
from under stones and turfy grass, the half-
grown caterpillar emerges; out of unsewn
mats of silk; out of wintery lethargy,
the hibernating chrysalis unruffles
its royal self, its larval life a wee
memory; out of the land of Nod, adults
begin their lazy, deliberate flights
( the conspicuous monarchs, mind you, not
the miniature, mimicking viceroy!) –
these flower-eating kings, farsighted,
as the make their way across the psalm of America
toward Milwaukee and Manitoba.
There’s nothing to fear. They’re on their way.
Henri Cole. Pierce the skin. Farrar Straus Giroux. 2010
In die maand van November skitter Venus na sononder op haar helderste. Later in die aand maak Jupiter blink, maar na middernag is dit Mars wat die hemeltrans verlig.
hondster
As die winter ovaal maak in die noorde
skuif die hond oor die Melkweg op
verby dubbel-sterre en ‘n donker gat
As die somer ovaal maak in die suide
skuif Procyon verby ’n supernova
met ‘n witdwerg as behoeder
As die tye drie-ster in die hemel
skuif Betelgeuse uit sy goddelike oksel
en vergloed die nag en hemeltrans
Maar as die lente nuutmaak in ons wese
skop ons nes op Lemoenkop se hange
met bloulelie en boegoe in die sterrereën
ek sing vir jou, my sater, van die lotusblom se skyn
van fonteinbosbotsels en die gloed van heuningtee:
padparadascha –
padparadascha
Louis Jansen van Vuuren. 2013
Friend,
You came in a dream, yesterday
–The first day we met
you showed me your dark workroom
off the kitchen, your books, your notebooks.
Reading our last, knowing-last letters
–the years of our friendship
reading our poems to each other,
I would start breathing again.
Yesterday, in the afternoon,
more than a year since you died,
some words came into the air.
I looked away a second,
and they were gone,
six lines, just passing through.
for Adrienne Rich
2013
Dankie Louis, vir ‘n heerlike visuele toer deur November!
Wonderlik Louis, baie dankie!
Ek het saam gereis deur jou hemelruim
tot by Lemoenkloof
waar ek nou eers ‘n wyle gaan versuim
Manjefiek Louis Jansen van Vuuren. Jy is Lotisblom, fonteinbosbotsels en heuningtee.
Baie dankie Louis, altyd ‘n wonderlike reis van woorde en beelde. Ek raak soms verlore daarin, maar vind weer rigting en kom anderkant uit, ‘n ryker mens.
Wonderlik Louis. Hoe op aarde, ten hemele, weet jy dat padparadascha(saffier) die kleur van heuningtee is? Dag dis net gemmoloe wat dit weet. Dankie dat ek vir ‘n wyle kon wegraak in woorde en ander werelde.
Dankie, Louis..so meegevoer dat ek ook voel of ek in daardie goddelike oksel sweef. Wonderlik.