Gedig: Fanie Viljoen. Beeld: Nicolene Louw
My dogter en ek lê op die bed en ek lees vir haar gedigte. Ek lees Afrikaanse gedigte uit die mooi bundel: “Toulopers”
“Dis nogal sad, tipies tiener,” sê my kind.
Ons lees Emily Dickinson. Deesdae kan jy haar bundels gratis aflaai.
Series One:
VI.
If I can stop one heart from breaking,
I shall not live in vain;
If I can ease one life the aching,
Or cool one pain,
Or help one fainting robin
Unto his nest again,
I shall not live in vain.
“Dis ʼn bietjie soetsappig, dink jy nie?” sê my kind. Sy het, soos die meeste Nederlandse tieners, ’n oorwaardering vir die woord “stoer doen.”
Ek lees vir my dogter gedigte omdat haar skool onlangs besluit het om nie meer die digkuns-gedeelte in hulle Nederlandse taalonderrig te behandel nie. Ek loop nou al weke lank te koop met my teleurstelling in ’n sisteem waar ’n skool self kan besluit of digkuns welkom is in die klaskamer of nie. My dogter se skool het blykbaar besluit Nederlandse taalonderrig moet meer fokus op sake soos die ekonomie.
“Wat lees jy dan as jy verlief is, of as jou hart gebreek het?” vra ek.
“Ek luister na musiek of kyk na goed op youtube,” sê sy.
“Dit is ook ’n vorm van digkuns.”
“Ja, maar nie so outyds nie.”
“Skryf jy soms liedjies of gedigte?” wil ek weet.
“Nee, joh, ben je gek geworden?”
Daar is nogal baie vrolike, “gek” gedigte vir oud en jonk in Nederlands. Klein bundeltjies vol kleur en lawwigheid wat die toestand van die mens op ’n aweregse manier bekyk. Een so ’n publikasie is: “het liefst wil ik een wonder, gedichten voor kinderen van 6 tot 106.” Dit word deur Plint uitgegee. Plint kombineer graag poësie en beeldende kuns in hulle publikasies.
Ons lees ’n gedig van Simon van der Geest:
Ik ben zo lenig door de warte
En zo warrig door de lente
Ben in de bladerbloesemwar
De kiezelende stralenwar
De gniechelende stikkewar
De stommestillestarenwar
Ik bloos me alle kleuren
Spruttel woorden uit mijn mond
Ze strikkelen mijn lippen over
Donker languit op de grond
Ik warrel en ik zwarrel maar
Ik krabbel wel een brief
Zo hardop zeggen lukt me niet
Ik vind je veel te lief
“Dit is grappig,” sê my dogter. Ons blaai verder en ek ontdek ’n gedig van een van my gunsteling Nederlandse digters, Tjitske Jansen:
Mevrouw Julia doet de ramen open
en ze weet geen woord voor de lucht die haar wangen aanraakt
en de zon heeft de kleur van honing
en ze weet
vandaag gaat het gebeuren
en ze denkt
maar eerst blijf ik nog even staan.
Ek prober my dogter se aandag nog ’n tydjie langer koop en lees vir haar uit Pat Donnez se bundel. Hotemetoten die volgende gedig:
Heb jij dat ook wel?
Heb jij dat ook wel
dat je denkt: verdorie,
mijn mama die kan zeuren.
Ik zou haar zo verscheuren
in duizend snippers van gekleurd papier
en ze laten vliegen, heel ver weg van hier.
Heb jij dat ook wel
dat je denkt: verrek,
mijn papa is een idioot.
Ik zet hem op een grote boot
voor een verre reis op de Stille Oceaan
of beter nog, hij krijgt een ticket naar de maan.
Maar dan denk je:
ach, ze zijn toch zo klein
doe wat water bij de wijn.
Heb jij dat ook wel?
Pat Donnez
My dogter lag. “Ek sal probeer om meer gedigte te lees,” sê sy, “maar dan moet jy ook ’n bietjie na goeters op YouTube kyk.” Sy plant ’n soen op my voorkop. “Jy is so snaaks, Ma.”
Een Nederlandse digter wat hom altyd met die jeug en digkuns bemoei het, was Willem Wilmink. “Ik las met de klas een heerlijk gedicht,” ’n reël uit Wilmink se gedig; “de bezielde leraar” is vanjaar die tema van die 100 jarige viering van die Vereniging Levende Talen.
Toen ik voor het eerst al die kinderen zag,
stond ik voor de klas met een vrolijke lach:
de septemberdag leek op een lentedag.
Ik las met de klas een heerlijk gedicht,
daar stond: ‘ik vin je zoo lief en zoo licht’ –
toen kreeg ik een propje in mijn gezicht.
‘Het is met de orde
dus nooit wat geworden.’
Ik las Anne Frank en ‘Het bittere kruid’
en ook het ontroerende eind van ‘Turks fruit’,
maar ze schreeuwden en tierden en lachten me uit.
Ik las Willem Elsschot: ‘Lijmen’ en ‘Tsjip’
en één of twee toonden heel veel begrip.
Toen kreeg ik een eikel tegen mijn lip.
‘Het is met de orde
dus nooit wat geworden.’
Toen heb ik beloofd: ‘Als er minder kabaal is,
als in dit lokaal de toestand normaal is,
dan heb ik hier: een gedicht van Vasalis!’
Ze hielden niet op, dus ik pakte mijn tas
en mompelend verliet ik de lastige klas
en toen koos ik een vak dat rustiger was.
Met mij gaat het goed. Met de kinderen niet:
voor hen geen Carmiggelt en geen Annie Schmidt,
zij moeten het doen met de pitamientjes
die de STER-reclame hun biedt.
Willem Wilmink
Of dit in 2014 slegter sal gaan as in die verlede, met die stand van poësie in Nederlandse skole, weet ek nie regtig nie. Op youtube gebeur daar in elk geval van alles en nog wat. Al wat ek weet is dat ek in die jaar wat voorlê sommer baie meer gedigte vir my dogter gaan lees en dalk self een of twee skryf.
Taal
Hoe zwaar is taal, wat weegt een woord?
‘Wilt u het halfom of mager?’
‘Mag’t ietsje meer zijn?’vraagt de slager,
‘Aan een stukje, of in plakjes?’
De groenteboer denkt even na.
‘Geschrapt?’ vraagt hij, ‘of liefst panklaar?
Het zit afgepast in zakjes,
hoeveel wilt u? Zeg het maar.’
De krantenjongen op zijn fiets
zegt: ‘Maandag weegt taal bijna niets,
maar de weekendbijlagen,
dan is de taal haast niet te dragen.’
Wat weeg een woord, hoe zwaar is taal?
‘Ik weet het niet,’ verzucht de dichter
‘maar als mijn gedicht gemaakt is
Voel ik mij wel stukken lichter.’
Bies van Ede
Bronne:
Loomis Todd, M & Higginson, T.W Poems by Emily Dickinson, Series One A publication Domain Book
Donnez,P 2008 Hotemetoten. Gedichten voor kinderen en andere grote mensen Uitgeverij De Arbeiderspers: Amsterdam ISBN 9789029566384
Graus, J red. 2013 Ik las met de klas een heerlijk gedicht. Honderd jaargangen Levende talen VLLT: Utrecht ISBN 9789082158205
Jacobs,J red. 2011 Toulopers. Verse vir Tieners. LAPA Uitgewers:Pretoria ISBN 9780799349627
Baie dankie vir almal se kommentaar! Dankie vir gedigte wat jy gepos het, Maria Snyman, ek is net so bly met Kamfer en ook Trantaal se bundels. Kamfer het al ‘n paar keer ‘n draai kom maak in Nederland. As ons haar gedigte lees volg daar altyd interessante gesprekke oor die land. Ek hoop daar is meer onderwysers,soos jy, wat kinders bly strik met slinksgekose gedigte. Doe zo voort.
Hartseer van die kinders wat minder gedigte gaan hoor! Net verlede jaar het ek eerstehands ervaar hoe kinders (graad 10’s)’n (slinksgekose) “gedig van die dag” kan geniet. ‘n Mens gebruik enige klein “metanarratiefie”/verskoning soos bv. die weer of gebeurtenis in die skool/gemeenskap (platteland, boerdery), of ‘n nuwe woord (om die voorbarige slimmes bietjie op hul plek te sit), om konteks te bied en voilà! ‘n Vloekwoord doen ook wondere, dit laat veral die seuns meer wil hoor?! Gert Vlok Nel was ‘n treffer!
Hoe goed verstaan jou dogter Afrikaans? Ek is tans baie verlief op Ronelda Kamfer se gedigte – beide haar bundels nou eers oor Desember gekoop! Elkeen die eerste keer in een sitting deurgelees, heerlik! Hier is “goeie meisies” uit Noudat Slapende Honde:
goeie meisies join nie gangs nie
hulle raakie pregnant op dertien nie
hulle dra nie tjappies nie
hulle roekie weed nie
hulle tik nie
hulle djol nie saam met onderwysers nie
hulle speen nie saam met taxi drivers nie
hulle werk nie vir Shoprite nie
hulle is nie die cleaners nie
goeie meisies bly nie oppie Cape Flats nie
Ek is ook mal oor “Passop vir depressie” – wonder of ek dit sou waag om dit te lees, maar ek dink ek sou:
As jy aangerand,
verkrag, gehijack, ontvoer, gevange gehou was
moet jy sorg
dat jy by ‘n psigiater uitkom
dis als goed wat depressie veroorsaak
dis goeie redes vir depressie
Kak ouers
kak onderwysers
kak kerke
kak kos
kak mense
kak klere
kak reëls
kak wette
kak musiek
kak weer
kak timing
kak digters
en ‘n kak gedagte
veroorsaak nie depressie nie
Dis deel van die lewe
Om af te sluit ‘n kortetjie uit grond/Santekraam – gesien sommige tieners wat nie genoeg klere kan hê nie, of so baie herinneringe het om oor te praat in klastyd:
oorvertel 5
Mei 2010
herinneringe is soos ‘n klomp klere in ‘n kas
jy stop net vol tot eendag wanneer jy sukkel
om die kas toe te kry soos die klere wil uit
jy mak toe toe toe maar hulle wil uit uit uit
Derrida sê ‘n gedig is (o.a.) vir hom iets kort wat hy “by heart” kan leer. Ek begin die sin daarvan insien, veral in hierdie dae van tieners met hul kort aandagstrekkings/vinnige verbeeldings? Tieners daag digters uit – skryf iets wat ek kan onthou en twitter as die moment hom voor doen.
Ek wonder op “Drink” op twitter sal inpas:
Ek drink som dae te veel
anner dae te min
maar
ek drink nooit genoeg nie
as ek dronk is praat ek te veel
as ek nugter is skryf ek te veel
ek praat of skryf nooit genoeg nie
Ek weet as ek net een ding reg kan doen
sou ek nie so kak gevoel het oor die res nie
Lekker gedigte lees vir jou dogter!
Mooi blog!
Solet, ek het jou bydrae geniet. Ek doen vanjaar 10 gedigte uit “Toulopers” met matrieks, en het ook ‘n studiegids daaroor gedoen. Dis wonderlik dat jy ‘n liefde vir poësie by jou dogter probeer kweek. Sy sal dit waarskynlik eers waardeer as sy ouer is. Die Nederlandse gedigte is treffend.
Solet, dankie vir die blog. Miskien publiseer jou dogter eendag ‘n digbundel met die titel “Taking the top of Emily Dickinson’s head off”. Pragtige skets deur Nicolene Louw daai!