Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 January 201422 January 2014

Louis Esterhuizen. Amerikaanse letterkunde dramaties afgekam

 

“I’m saying language is a passport. A dubious, dangerous passport too.” (Xiaolu Guo)

*

Met die pas afgelope Letterkundefees in Jaipur as platform het die bekroonde Britse skrywer en filmvervaardiger, Xiaolu Guo, tydens ‘n paneelbespreking oor die roman en globalisering ‘n striemende aanval geloods op die Amerikaanse letterkunde wat volgens haar “massively overrated” is en as sulks wêreldwyd in oordrewe mate bevorder word ten koste van ander inheemse letterkundes wat dalk kleiner is, maar beslis meer opwindend as die Amerikaanse produk. “Our reading habit has been stolen and changed,” het Guo volgens die berig in The Guardian glo gesê. “For example I think Asian literature is much less narrative … but our reading habit is more Anglo-Saxon, more American … Nowadays all this narrative [literature is] very similar, it’s so realism, so story-telling driven … so all the poetry, all the alternative things, have been pushed away by mainstream society.”

Aan Jonathan Franzen, wat saam met haar aan die paneelbespreking deelgeneem het, het sy die volgende te sê gehad: “”I love your work, Jonathan, but in a way you are smeared by English American literature … I think certain American literature is overrated, massively overrated, and I really hate to read them.”

Jhampura Lahiri, wat ook hieraan deelgeneem het, het die fokus ietwat verskuif deur op die kwessies van eensydige vertaling te wys; die feit dat so min aandag in die VSA aan vertaalde tekste gegee word, het sy as “shameless” afgemaak. “I was looking at [an Italian paper’s] 10 best books of the year, and they chose seven books written in English. This was astonishing to me,” het Lahiri gesê. “I can’t imagine the New York Times ever choosing seven books written in a language other than English as their choices.” Hierdie oordrewe fokus op Engelse tekste vind sy “distressing … because it has a certain power and a certain readership and a certain commercial currency now”. Sy glo dat “there is so much literature that needs to be brought forward, and the danger now is that it’s getting even less exposure”.

 

Xiaolu Guo

Uiteraard het Guo hiermee akkoord gegaan: “”The alternative needs to be much more powerful, much more money put in to raise that platform, and then you can read on an equal platform, without such unequal competition,” het sy gesê. “If you write in Japanese or Vietnamese or Portuguese you have to wait … to be translated, and translated literature never really works immediately as English literature unless it wins the Nobel or some big prize,” en vervolg: “In a way the easiest and laziest way is to write in English. What a struggle to write in any other language than English.”

Ook Jonathan Franzen het gewys op die gevare wat globalisering vir die letterkunde inhou aangesien eenselwigheid ‘n wesenlike gevolg kan wees: “That kind of experience, [that] ‘wow, Achebe has shown me something about Africa’ … my worry as a reader is that becomes almost a nostalgic experience, the very idea of cultural difference […] One of the consequences of globalism, it seems to me, and I think we see it even in the literary world, is that things become less horizontal and more vertical […] In a funny way you’d think there’d be greater diversity in what is read, but I worry that the trend in a more global literary marketplace is even more towards a kind of star system and a vast sea of people who can’t find an audience.”

Nou ja, toe. Hierdie siening van die paneel word natuurlik ook deur die statistiek ondersteun. Volgens 2007 se statistiek ten opsigte van vertaalde tekste was slegs 2% van Engelse publikasies vertaalde tekste, teenoor 13% in Duitsland, 27% in Frankryk, 28% in Spanje, 40% in Turkye en ‘n magtige 70% in Slowenië. Daarom dat Horace Engdahl, beoordelaar vir die Nobelprys vir Letterkunde in 2008 soos volg reageer het nadat die Nobel-komitee van ‘n Amerikaanse ‘blindekol’ beskuldig is: “American writers are too isolated, too insular. [They] don’t translate enough and don’t really participate in the big dialogue of literature That  ignorance is restraining.”

Vir jou leesplesier volg ‘n toepaslike gedig deur John Keats.

*

On First Looking into Chapman’s Homer

Much have I travelled in the realms of gold,
    And many goodly states and kingdoms seen;
    Round many western islands have I been
Which bards in fealty to Apollo hold.
Oft of one wide expanse had I been told
    That deep-browed Homer ruled as his demesne;
    Yet did I never breathe its pure serene
Till I heard Chapman speak out loud and bold:
Then felt I like some watcher of the skies
    When a new planet swims into his ken;
Or like stout Cortes when with eagle eyes
    He stared at the Pacific – and all his men
Looked at each other with a wild surmise –
    Silent, upon a peak in Darien.

© John Keats

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

7e gedagtes oor “Louis Esterhuizen. Amerikaanse letterkunde dramaties afgekam”

  1. Charl-Pierre Naude says:
    28 January 2014 at 16:48

    Ekskuus, Louis, spellings, spellings: Maarten Elzinga. De Planken Kathedraal.

    Reply
  2. Charl-Pierre Naude says:
    28 January 2014 at 14:51

    Wat ‘n interessante berig! En dis belangrik om te vra: Watter vertalings het onlangs in Afrikaans verskyn. Dis nodig dat meer befondsing los kom, iewers, vir vertalings in Afrikaans uit Spaans, Portugees en Duits, om ‘n paar te noem. En gou, tog. Dit kan slegs met befondsing, soos in abie ander tale!Nog erger as om in ‘n groot taal soos Engels te vervlak en enkelkantig te raak,is dat dieselfde met jou gebeur in ‘n kleiner taal. Daar is lieflike vertalings in Engels wat Afrikaanssprekendes kan lees, oor omtrent enige iets, maar is hulle noodwenidg so goed? Ek het al male sonder tale besef dat vertalings in NJederlands veeel, veel beter is as Engels. En nou praat ons maar oor een ander taal buiten Engels. Daar is dalk sterktes in Afrikaans wat verswee aspekte van dieselfde werke tot lewe sou kon bring, aspekte wat dalk noodwendig moet aanhou sluimer in die Engels. Laat ek ‘n voorbeeld noem. Die digter Les Murray. Ken enige iemand die Nederlandse vertalings van Maarten Helzinga, uitgegee onder die titel De Planken Katedraal? Ek ken net ‘n handvol daaruit, maar dis die eerste boek wat ek sal aankoop as ek weer hopelik in EU aankom. Helzinga se Nederlands is sweerlik amper beter as die oorspronklike (waarmee ek te gedeeltelik kennis gemaak het tot dusver). Dis asof ‘n Les-zer Les Murray, ‘n Maurrayer Murray (Les is more), uit die bladsye opstaan. Of is dit net omdat ek Afrikaans is? Dalk. Maar dit onderskryf dan juis die noodsaak vir meer Afrikaanse vertalings.

    Reply
  3. De Waal Venter says:
    24 January 2014 at 08:28

    Dankie Louis!

    Reply
  4. Louis Esterhuizen says:
    24 January 2014 at 07:28

    Daar is baie, De Waal. Gaan kyk gerus by “Nuwe Bundels” en rol af ondertoe. Die mees onlangses was die vertalings van Alfred Schaffer se gedigte en natuurlik die Houellebecq-gedigte ook.

    Reply
  5. De Waal Venter says:
    23 January 2014 at 12:08

    Louis, ek het nie so ‘n voëltjie-kyk soos jy oor die boekewêreld nie 🙂 Watter bundels vertaalde gedigte het onlangs in Afrikaans verskyn, as jy so vinnig dink?

    Reply
  6. Louis Esterhuizen says:
    21 January 2014 at 14:44

    Ek sien dit gereeld in die boekwinkel, Maria. Uit verskeie oorde het ek dit al gehoor (en self gesien ook dat Nederlanders byvoorbeeld verseg om ‘n boek in Engels te lees indien dit in (vertaalde) Nederlands beskikbaar is. Maar Afrikaanssprekendes het helaas nie daardie selfde lojaliteit teenoor vertaalde Afrikaanse tekste nie. Hulle verkies om dit in Engels te lees; al was dié betrokke boek uit ‘n ander taal na Engels vertaal. Vreemd. En ja, beslis speel die media ‘n rol hierin.

    Reply
  7. Maria Snyman says:
    21 January 2014 at 13:29

    Ek wonder juis hoekom ons so min te lese kry van (vertaalde werk van)skrywers in die ander tale in ons land, is “What a struggle to write in any other language than English” die rede? D.w.s., ‘n geval van “our [of die publiseerders se] reading habit is more Anglo-Saxon, more American”? Of is daar ander redes?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d