Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 April 201424 June 2014

Wicus Luwes. Wie gaan jy bel met jou goue telefoon?

Kommunikasie raak makliker. Kommunikasie raak moeiliker.
Kommunikasie bind ons aan mekaar. Kommunikasie hou ons van mekaar af weg.

Ek het grootgeword op maat van die 80’s film-treffer, Ghostbusters, se tema-lied: “Who you gonna call – Ghostbusters!”
Ek het begin dink dat kommunikasie tussen ons en die ‘ander kant’ dalk aan die hand van energie verduidelik kan word. Dat die moontlike rede waarom ons koue rillings kry tydens kontak met sekere geeste dalk iets te doen het met energie naby ons wat hulle gebruik om na ‘ons’ dimensie oor te skakel. Hulle onttrek dus energie uit ons dimensie om met ons te kommunikeer.

Sielkundiges of beraders word getap van energie om mense te laat kommunikeer – met hulself en met mense rondom hulle. Hulle word dus die bron van energie of brug van energie. Dit is seker voordelig vir die sielkundige om eerder ‘n brug te wees, aangesien hy kan uitbrand as hy slegs ‘n bron is.

“Genuine poetry can communicate before it is understood” – TS Eliot

Die digkuns is nog altyd beide brug en bron.
Kommunikasie vind op baie vlakke plaas en dit is belangrik om te weet met wie jy wil kommunikeer.

 

Langafstand konneksie via draadlose sein

hy vra na die weer
en kla oor die reën
te min of te veel
tot kommer of seën

hy vra na my inset
of ek dit sou glo
eers dan kom die stilte
en die ‘saak staan nou so’

hy sê hy moet gaan
dat almal hulle
eie gesprekke
het om te verstaan

hy sê dat ons gou weer
so sal moet maak
en knip dan die lyn
na my hartlose spraak

sy selfoon is besig
om sein te verloor
sy stem en woordlose spraak
bly in my geheuepos gestoor

 

“Any ‘artist’ makes a living by expressing what others can’t – because they’re unaware of their feelings, they’re too afraid to express those feelings, or they lack the skills to communicate and be understood.” – Chuck Palahniuk

Die Springwire-organisasie se Goue Telefoon-toekenning word oorhandig aan lede wat elektroniese kommunikasie tussen gemeenskappe verbeter. Die opgang van die internet en VoIP telefone, maak dit moontlik om tyd en koste vir kommunikasie te bespaar en infrastruktuur goedkoper en beter te maak – ‘n soort ‘talk is cheap’ deur middel van moderne tegnologie. Hierdie tipe tegnologie word al meer gebruik tydens natuur-rampe waar dit belangrik is om goeie kommunikasie te hê. Werklike goue telefone is gegee aan Pous Pius XI in 1930 en aan Kubaanse leier Fulgencio Batista in 1957 – ek neem aan hulle het mekaar se nommers gehad op ‘n soort snelbel-funksie.

Ewe skielik word ek herinner aan die spreekwoord: ‘Silence is golden’ en die stelling wat ek op die internet raakgelees het: “The wise man once said … nothing.”

Bronne:

1. http://cloudsfactory.net/products/cross-stitch-patterns/mini-people/movies/ghostbusters.html

2. http://en.wikipedia.org/wiki/golden_telephone
3. http://springwire.us/work-with-us/annual-conference/golden-phone-award/

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Wicus Luwes. Wie gaan jy bel met jou goue telefoon?”

  1. hannalie says:
    28 April 2014 at 23:17

    Sjoe Wicus, ek hou baie van die Chuck Palahniuk aanhaling. Dankie. Skielik dink ek aan die dialoog tussen Jim Morrison en Andy Warhol uit die fliek= The doors: “Andy Warhol: [handing Jim a golden telephone] Edie gave this to me and said mmmmm, I could talk to God with this. But I don’t really have anything to say. So… mmmm now you can talk to God.”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d