Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 201410 February 2020

Hilda Smits. Bangkok & Siem Reap Gemengel-oes vir die ou jaar

 

Ankor Wat

die lig besit alles hier

in die gange flits jou kamera

soos ‘n eerste vuur

die lig besit jou

sê jy vir elke vervalle muur

en vir die klein donker vroutjie

voor haar Buddha

toe jou kamera oor haar boggelrug blits

asof sy water is

 

Koning
Kop
Krappe
Motorfiets
Ou man
Seuntjies
Slapende vrou
Tempel
Spinnerak
Tempel lig
Lig

 

Ayutthaya toe

op die trein Ayutthaya toe myself skielik weer in Indië bevind

’n af-been man smous koeldrank water lemoene

seningrige arms sy stem soos die einde van die dag

sy lyf taai bruin spinnekop om ’n kierie gespin

my agt oë staar en na die landskap wat riviere maak in die venster

stormagtige gras dan ’n gladde meer huise word gevloed

later die dag vir ure deur die mure van Wat Mahathat gestap

lighoofdig die hoë torings van die aarde beklim

klam-hand aan ’n af-kop Buddha gevat-vat

agter my het julle stemme in die hitte verdamp

die son stadig en swaar soos ’n emmer oorgehel

toe hoor ek die man op die trein weer skel

hy verkoop ek en jy, ons jare-terug soos warm koeldrank soos ou lemoene

sy stem staan regop soos ’n murasie in die veld

 

 

Siem Reap

nie regtig plek in hierdie gedig vir ek of jy

jou ma, pa, broer, jou pa se niggie

vir 17 ure van hardlywig wees op die vliegtuig

vir familie kibbels of opmaak nie

om hierdie gedig te skryf moet die Westerse toilet

wat kon flush die groot wit bed soos ’n koninkryk

die kersboom op my Starbucks koffie geroom

moet alle luukshede uit

geen olifant van ’n kamera lens

geen krummels van die internet

geen belaglike Fransman, verdagte Eiffeltoring, duur Belgiese bier

om hierdie gedig te skryf sit ons in ’n tuk-tuk

swerf my kamera verby ons drywer Channa se breë rug tot in die grondpad

waar ek draf met die versigtige voete van ’n basterhond verby

drie skoolkinders wat grootwiel fiets-trap verby

’n ou man wat steier en krimp onder die bondel op sy rug verby

langbeen winkelpoppe met parmantige wit borste verby

die dorp mark waar ’n duisend bruin hande in dollars smous verby

die swanger teef haar uithang ribbes uithang tong verby

die grommende motorfiets sy swaar wiele wat wortel skiet in die grond onder pa

se gewig en ma haar lyf soos deeg waaraan twee seuntjies klou verby

die kleuter agterop haar sterk tande flits wit likkewaan in die son haar

bruin hand waai soos ’n vlag vir ons verby die woud waar die sonbesies skril

skreeu en skreeu en skreeu en ek omdraai en jou vra of hoor jy dit, of jy dit regtig hoor

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d