Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 March 201510 February 2020

Karen Kuhn. Florina om asem te skep

 Florina om asem te skep

om te reis

en alles anders

oor te skryf

en

 

andersom

Op die pad na Thessalonika in Griekeland, draai sy af, op ’n kronkelpaadjie die berge in, tussen die Verno– en Varnos -reekse, na Florina. Om my te wys waar sy nog kind was.

Die dorpie se Bisantynse naam Χλέρινον (Chlérinon) – vol van groen plantegroei is afkomstig van die Griekse woord χλωρός (chlōrós) – vars of groen plantegroei. In Latyn Florinon, afkomstig van Flora.

 Die Turkse skrywer, Necati Cumalı is op 3 January 1921 in Florina gebore.

Met meer as 15 bundels, as nog een van die genres waarin hy skryf. Sy intense uitbeelding van vrouens is veral opmerkbaar. Hy sterf 10 Januarie 2001 in Istanbul.

Crazy for the sun

 

I love flowing water

I love sparkling snow

If I see under the sun

A green leaf

A small insect

A seed turning green

It fills me with joy

I won’t exchange a day

A beautiful day

A sunny day

For anything

That’s why I don’t like wars

That’s why I don’t like cruelty

That’s why I don’t like lies

I know, neither injustice

Nor fear

Nor hunger

Can live under the sun

I know, they can’t live side by side with love

Al deur die groen stegies lei ’n paadjie ons na ’n weduwee, wat ons innooi na al die kleure in haar huis en swart haar enigste klere.

Verby foto’s en foto’s en soveel glimlagte stap ons die agterdeur uit, onder wingerde deur, terug motor toe, na haar Mr. Happy (dis sy naam).

Ons haal tyd as bagasie uit en plant jeug voor by ons voete in en vat weer die pad. Verby rye en rye sonneblomme tot in Thessalonika.

Fotosintese

 

Alle blomme is

sonneblomme.

 

Die daisy

se onskuld in ‘het my lief’

se energie,

in die laaste

blomblaartjie,

haar laat omdraai son toe

lig maak

inasem.

 

Die iris

se  glo in ’n belofte

se energie,

verby die reënboog

na goud kyk,

haar laat omdraai son toe

lig maak

inasem.

 

Die lelie

se verwagting in lewe

se energie,

’n ma maak

om ’n kind te volg,

haar laat omdraai son toe

lig maak

inasem.

 

Tot sy

die dag,

sterf binne

haarself kyk

vibreer,

haar laat indraai maan toe

donker maak

uitblaas.

 

Alle blomme is

maanblomme.

 

 

 

Bibliografie: [Nageslaan 7 Maart 2015]

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Florina

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Necati_Cumalı

 

http://www.turkishclass.com/poem_27

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “Karen Kuhn. Florina om asem te skep”

  1. Desmond says:
    10 March 2015 at 07:36

    Dit is ‘n mooi deel van Griekeland. Ek was nog nie in Florina nie, maar in nabygelee Edessa. Pragtig.

    Reply
  2. Willem says:
    9 March 2015 at 19:05

    Karen dis fantasties.

    Reply
  3. Ciska van Niekerk says:
    9 March 2015 at 12:41

    Dit is Pragtig Karen…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d