Karen Kuhn. Florina om asem te skep
Florina om asem te skep
om te reis
en alles anders
oor te skryf
en
andersom
Op die pad na Thessalonika in Griekeland, draai sy af, op ’n kronkelpaadjie die berge in, tussen die Verno– en Varnos -reekse, na Florina. Om my te wys waar sy nog kind was.
Die dorpie se Bisantynse naam Χλέρινον (Chlérinon) – vol van groen plantegroei is afkomstig van die Griekse woord χλωρός (chlōrós) – vars of groen plantegroei. In Latyn Florinon, afkomstig van Flora.
Die Turkse skrywer, Necati Cumalı is op 3 January 1921 in Florina gebore.
Met meer as 15 bundels, as nog een van die genres waarin hy skryf. Sy intense uitbeelding van vrouens is veral opmerkbaar. Hy sterf 10 Januarie 2001 in Istanbul.
Crazy for the sun
I love flowing water
I love sparkling snow
If I see under the sun
A green leaf
A small insect
A seed turning green
It fills me with joy
I won’t exchange a day
A beautiful day
A sunny day
For anything
That’s why I don’t like wars
That’s why I don’t like cruelty
That’s why I don’t like lies
I know, neither injustice
Nor fear
Nor hunger
Can live under the sun
I know, they can’t live side by side with love
Al deur die groen stegies lei ’n paadjie ons na ’n weduwee, wat ons innooi na al die kleure in haar huis en swart haar enigste klere.
Verby foto’s en foto’s en soveel glimlagte stap ons die agterdeur uit, onder wingerde deur, terug motor toe, na haar Mr. Happy (dis sy naam).
Ons haal tyd as bagasie uit en plant jeug voor by ons voete in en vat weer die pad. Verby rye en rye sonneblomme tot in Thessalonika.
Fotosintese
Alle blomme is
sonneblomme.
Die daisy
se onskuld in ‘het my lief’
se energie,
in die laaste
blomblaartjie,
haar laat omdraai son toe
lig maak
inasem.
Die iris
se glo in ’n belofte
se energie,
verby die reënboog
na goud kyk,
haar laat omdraai son toe
lig maak
inasem.
Die lelie
se verwagting in lewe
se energie,
’n ma maak
om ’n kind te volg,
haar laat omdraai son toe
lig maak
inasem.
Tot sy
die dag,
sterf binne
haarself kyk
vibreer,
haar laat indraai maan toe
donker maak
uitblaas.
Alle blomme is
maanblomme.
Bibliografie: [Nageslaan 7 Maart 2015]
http://en.wikipedia.org/wiki/Florina
http://en.wikipedia.org/wiki/Necati_Cumalı
http://www.turkishclass.com/poem_27
Dit is Pragtig Karen…
Karen dis fantasties.
Dit is ‘n mooi deel van Griekeland. Ek was nog nie in Florina nie, maar in nabygelee Edessa. Pragtig.