Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 May 201510 February 2020

Hilda Smits. Oor bome (telefoondrade, blare, water, ‘n simfonie van visse)

 

wou die gedig hond maak op kort stewige bene

laag op die geheim van grond laat draf opsoek na

 

 

by Boskop dam ek was 10 het iemand seker ‘n man met groot harige hande

Bloekombome in die nag afgesaag met ‘n lang, lang blink lem

ry ons rooi Anglia daar verby en ek sien hoe die wind ontsnap uit reuse longe

van papier & hoe honderde Bloekomharte oor die donker aarde bloei & die gekraakte

ronde magies van voëleiers in ‘n geel rivier oor die grond vloei & teen die ruit

die begrafnis stoet van ons agt stil asems in ‘n ry

toe tel ek die bos se siel veilig op met die hyskraan van my kop & bêre haar daar

vir later se skryf vir later wanneer Pa sal sê magtag & ek dit alles laat rym

 

 

mossie onder ‘n tafel gesien hop-hop

groot soos die hart van ‘n mier & net so donsig

bo die tafel breek die helder stemme van vroue messe glas

ek wou my hand oor jou vou

soos ‘n brug

die punte van my vingers een vir een teen jou benerige ribbes

daar waar die asem ‘n poel groen water is hou

my oor stetoskoop teen die klein dreun van jou bonsende borskas druk

waar die bloed in strome klop soos deur ‘n ou jukebox skud

wou ek silwer rand in die hand vra om die musiek van jou klein liggaam

te hoor & om weer klein te wees soos onskuld & dit nie te weet nie

 

 

gebeur die gedig saam met die mans

twee swart een Mexikaan & affordabale lawn care

slaat die bakkie se deure oop & toe soos ‘n storie

deur drie liggame en die son vertaal

tot spiere bult in harde jare & woorde trek lui deur die lug

‘n football tussen vriende en ek & die stoep beskut, ‘n stil skare

‘n pawiljoen van tee en waaiers en witwees en staar

sien die grassnyer ‘n Pollock op die grasperk maak

en wonder of dit belangrik is

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

16e gedagtes oor “Hilda Smits. Oor bome (telefoondrade, blare, water, ‘n simfonie van visse)”

  1. Engela Geyer says:
    1 July 2015 at 09:47

    En die foto’s – weer eens stunning, Hilda!

    Reply
  2. René Bohnen says:
    1 July 2015 at 08:31

    Ek hou van die bakkie se deure wat soos ‘n storie…. 🙂 Ek geniet altyd jou skrywes, Hilda!

    Reply
  3. Hilda says:
    27 June 2015 at 14:31

    Corlietha, Engela & Marie; baie dankie vir die inloer, vir die lees! 🙂

    Reply
  4. marie bredenkamp says:
    26 June 2015 at 19:12

    “om weer klein te wees soos onskuld & dit nie te weet nie” – allamagtag, Hilde! Jy koop my longe en my siel met hierdie aanslag van jou! Groete, m

    Reply
  5. Engela Geyer says:
    26 June 2015 at 18:53

    Hilda, ek hou baie van
    ‘toe tel ek die bos se siel veilig op met die hyskraan van my
    kop & bere haar daar vir later se skryf…’
    en al die ander beelde! Hartlik geluk!

    Reply
  6. CS v BSV says:
    26 June 2015 at 01:15

    Hilda, jy mág maar! Ek en gjg sal die eerstes wees om jou bundel te koop as jy debuteer…

    Reply
  7. Hilda says:
    4 June 2015 at 01:33

    Susan. Baie dankie vir die lees.

    Reply
  8. Susan Smith says:
    3 June 2015 at 18:58

    Hilda, hierdie gedig breek nogal deur grense, want as ek reg lees, is jou beelde plek-plek die plaasvervangers van ontbrekende woorde, of dan ten minste die meesprekende wit wat nie wit is nie; die digter ‘n reflektiewe teenwoordigheid in en agter die beelde. Hiervan hou ek sommer baie: die spoed, die dinamika!

    Reply
  9. Hilda says:
    2 June 2015 at 15:11

    Marlise, dankie!

    Reply
  10. Marlise says:
    2 June 2015 at 10:37

    Beelde soos hierdie laat sommer my tone omkrul van plesier, Hilda:
    “ek sien hoe die wind ontsnap uit reuse longe
    van papier & hoe honderde Bloekomharte oor die donker aarde bloei & die gekraakte
    ronde magies van voëleiers in ‘n geel rivier oor die grond vloei & teen die ruit
    die begrafnis stoet van ons agt stil asems in ‘n ry”

    Reply
  11. Alet says:
    1 June 2015 at 05:00

    Jis, jy skryf fantasties, Hila! Sulke rou en lewendige beelde.

    Reply
  12. Hilda says:
    30 May 2015 at 15:35

    gjg. Marthe, Carina & René. Baie dankie vir die mooi kommentaar…

    Reply
  13. René Bohnen says:
    30 May 2015 at 06:57

    By die “reuse longe van papier” was ek al volkome meegesleur, Hilda, ek geniet jou werk – die klanke, die eenheid wat dit vorm en die hipnotiese kwaliteit daarvan.

    Reply
  14. carina van der walt says:
    29 May 2015 at 10:08

    Jou gedigte is vir my as leser ‘n fyn-fyn proe aan hoe jy as digter kyk, dink en skep en dis BAIE dinamies en interessant.

    Reply
  15. Marthe McLoud says:
    29 May 2015 at 08:19

    Jou gedigte baie geniet Hilda. Veral die beelde.

    Reply
  16. gjg says:
    28 May 2015 at 15:44

    be-vange

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d