Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 July 201525 July 2015

Johann Lodewyk Marais. Garissa

GARISSA
2 April 2015

Die Tana se bruin water loop stadig
ooswaarts deur die warm, droë vlakte
waar die nomades met hulle vee trek,
groepies doempalms staan en kraaie krys.
Maar op die kampus vloei bloed in gange
en lê pen en papier stukkend getrap
deur die laggende mans uit die noorde.
Kyk ook die enkele skoen, sandale
en aan die doringdraad om die slagveld
stukkies vleis, hare en repe klere
van hulle wat wild en wakker moes vlug.
Stadig loop die Tana se bruin water.

© Johann Lodewyk Marais /2015

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Eugène N. Marais se dood
Johann Lodewyk Marais. Vroue van Bakavu →

7e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Garissa”

  1. Johann Lodewyk Marais says:
    3 August 2015 at 17:53

    MOHAMED ABDULLAH HASSAN
    1856-1920

    Bo die inwoners in wit en swart buibuis
    en gedreun van ou motors en taxi’s
    pronk die ruiterbeeld van die Mad Mullah
    op sy pedestal oor Mogadisjoe.
    As stigter van die Derwisj en vegter
    teen oprukkende Italiaanse,
    Britse en Ethiopiese magte
    het hy bevele soos sweepslae laat klap.
    Agter dié magtige lê die volksmond
    vol van die verhale en legendes
    van een wat lang reise aangepak het:
    Mombasa en Kartoem gesien
    en in Mekka en Madinah kon kniel;
    gedigte geskryf het oor sy vriende,
    om oorwinning te vier, tot God te bid
    en die vyand vir ewig te vervloek.
    In die mense is beelde ingejaag
    van heiligheid, oorwinning en lewe
    wat in die are vloei van Siad Barre,
    krygshereen die brandarmes
    en verdof in die blik van die ruiter
    op sy perd hoog bo Mogadisjoe;
    en voorlopig sterf in die mond vol grond
    van die eerste vegter van al-Shabaab
    op die pad van die dor Somalië.

    Reply
  2. Johann Lodewyk Marais says:
    1 August 2015 at 14:50

    Myra Lochner, dankie vir die vriendelike woorde en simpatieke lees van “Garissa”. Ek deel ‘n bietjie later my gedig oor die Somaliër Mohamed Abdullah Hassan.

    Reply
  3. Myra Lochner says:
    29 July 2015 at 10:18

    Ek is so lief vir die wyse waarop jy suiwer Afrikaans besig, Johann! Jou punktuasie is altyd puik en die somber, nugter trant pas by die onderwerp. Die rustige trek van die nomades staan in direkte teenstelling met die onheilspellende konnotasie van doempalms en krysende kraaie, laasgenoemde boodskappers van God. Die effektiewe aanwend van inversie in die intree- en slotreëls, dui die natuur se onverstoorbare gang aan, waar die bruin water asof omarmend gekontrasteer word met die skielike bloedvloeiing, en die halsoorkop vlug, tussen die eerste en laaste reël. Die lang- aa en e-klanke van — “… sandale
    en aan die doringdraad om die slagveld
    stukkies vleis, hare en repe klere …” simuleer ook verder die stadige gang van die Tana, so asof die leser gedwing word om teen stadige spoed die implikasies te besef (en tot verantwoording geroep word, namens die moordenaars!) van die onverwagte slagting. Dankie dat jy my so meevoer! GRINNIK Ek geniet jou waarnemings, wat jy so noukeurig digterlik opteken.

    Reply
  4. Waldemar Gouws says:
    27 July 2015 at 21:44

    Dankie, Johann en Engela. Nou wonder ek oor watter spektrum die sg. bevrydende lag nie alles kan laat loskom nie.

    Reply
  5. Engela Geyer says:
    27 July 2015 at 19:54

    Indien julle dit nie ken nie:
    Klaus Theweleit, “Das Lachen der Täter: Breveik u.a., Psychogramm der
    Tötungslust ” (2015) ondersoek die verskynsel laggende moordenaars.
    Tydens navorsing vir sy doktorale proefskrif “Männerphantasien” (1977)
    ontdek Theweleit dat die moordenaars van Rosa Luxemburg en Karl
    Liebknecht hierdie moorde met skaterlag gevier het. Ook dat Duitse
    weermagsoldate in Britse oorlogsgevangenekampe mekaar vertel het
    van persoonlike gruweldade en luidkeels gelag het.

    Reply
  6. Johann Lodewyk Marais says:
    26 July 2015 at 22:47

    Waldemar Gouws, al-Shabaab het ongetwyfeld ‘n missie en ‘n strategie. Baie van hulle vegters put inspirasie uit die lewe en werk van die groot Somaliese digter en rewolusionêr Mohamed Abdullah Hassan (1865-1920). Ek het elders ‘n gedig oor hom gepubliseer.

    Reply
  7. Waldemar Gouws says:
    26 July 2015 at 08:34

    Johann, ons menslike natuur laat nie veel aan die verbeelding oor nie. Dink jy die “laggende mans” het die vergryp vir die grap gaan pleeg, of was daar erns in hul missie? Losbandigheid of strategie?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d