Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 May 20163 May 2016

Nuwe publikasie: Die na-dood (Breyten Breytenbach)

omslag

Die na-dood

Breyten Breytenbach

In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook ná die dood – vir Breytenbach ook Dina Dood – en roep op vernuwende wyses kenmerkende leitmotiewe op uit sy werk. Die digter is deurgaans bewus van die asimptotiese aard van skryf en tog word die verse ’n poging om die niesêbare op te roep (“daar jou taak, leesskrywer, kyk:/ om die niet se oopgaanwond/ stekie vir stekie met woorde /toe te werk.”). Tegelykertyd bied dié laatwerk ’n troos teen die dood wat wag, vir die digter én leser. Onthou word “’n bevrugting van die verlede”, en skryf uiteindelik “diep bevredigend/ om die laaste duisternis in jou asem te mag mond in Afrikaans”.

(Human & Rousseau, 2016. Prys : *R240; pp 216; Sagteband; Illustrasies : Ja; ISBN-13 : 9780798172462, Epub-ISBN : 9780798172479, Mobi-ISBN : 9780798172486.)

.

.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Resensie: die na-dood (Breyten Breytenbach) →

7e gedagtes oor “Nuwe publikasie: Die na-dood (Breyten Breytenbach)”

  1. Anne-Marie Oosthuizen says:
    7 July 2016 at 16:16

    Baie geluk met nog n skitterende bundel wat nooit n dood gaan sterwe nie.

    Reply
  2. Breyten Breytenbach says:
    15 May 2016 at 22:36

    Dankie vriende, mede-reisigers en swerwers deur die lewe.

    Reply
  3. Engela Geyer says:
    6 May 2016 at 22:28

    Hartlik geluk, Breyten – sien baie na Dina Dood en die illustrasies uit!

    Reply
  4. Leon Retief says:
    6 May 2016 at 17:49

    Veels geluk van my kant ook Breyten

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    5 May 2016 at 20:03

    Veels geluk met die eerste die-na-doder, Breyten. Mag daar nog meer in hierdie versbundel se voetspore volg.

    Reply
  6. Cas Vos says:
    5 May 2016 at 10:00

    Beste Breyten, van harte geluk met jou geskenk – die na-dood. Jou gedigte is stutte op die reis.

    Reply
  7. marlise joubert says:
    5 May 2016 at 09:11

    Baie geluk, Breyten, met hierdie nuwe bundel! En dankie vir gistraand se uiters interessante praatjie in Protea boekwinkel oor jou werk en werkswyses. Geniet die Dansende Digtersfees Saterdag… so jammer dat ek dit nie kan bywoon nie!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d