Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 January 201723 January 2020

Nuuswekker. Die Jan H. Marais-prys: Nominasies sluit binnekort

images

Op 30 Mei 2015 het die trustees van Het Marais-fonds, wat ook een van die borge is van Versindaba, bekend gemaak dat hulle ‘n nuwe prys, die Jan H. Marais-prys met ingang 2016 instel. Hierdie prys, wat in vennootskap met Media24 en die Universiteit Stellenbosch aangebied word, het as oogmerk die erkenning van ‘n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van uitmuntende gehalte in Afrikaans.

Die prysgeld beloop ‘n halfmiljoen rand.

In 2016 is die Jan H. Marais-prys aan prof. Hermann Giliomee toegeken .

Tans word nominasies ingewag vir die toekenning vanjaar. Volgens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se webtuiste sluit die nominasies op 25 Januarie 2017. Die oorhandiging sal op 30 Mei te Stellenbosch geskied.

Besoek die Akademie se webtuiste vir meer inligting.

Vir jou leesplesier volg ‘n gedig deur die nimlike Ronnie Belcher. Dié gedig het hy tydens in Bekgeveg in toentertydse Dorpstraat Teaterkafee gepleeg.

*

Poësie-aand

 

Sal ek vanaand in Dorpstraat se kafee

my siel ontbloot for everyone to see?

Hier tussen die geskinder en gepraat

my siel ophang soos aan ‘n doringdraad?

Met ander se geroggel en gerook

my sielsgeheim met nikotien bestook?

Hier tussen al die waaiers en die fans

myself beskinder saam met also-rans?

Nee, eerder lieg en skurwe rympies maak

oor snaakse goed wat ander siele raak

soos ghoffels wat kafoefel op ‘n trein

and other dear souls crying in the rain.

Maar smokkel met my siel se brood-en-jêm

voor al dié vreemde wesens? Not-a-dêm!

 

(c) Ronnie Belcher (uit: Van heidebos en klip, Suider-Kollege, 2000)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Nuuswekker. Die Jan H. Marais-prys: Nominasies sluit binnekort”

  1. Breyten Breytenbach says:
    16 January 2017 at 15:23

    ‘n Mooi en sterk gedig van Belcher.

    Maar hoekom sou ons die slenter van Skellumbos Joeniewersitie (om gesig te probeer koop nou hulle besig is om kaalgat handeviervoet te staan om beter op Afrikaans te kan skyt) ongesiens laat verbygaan?

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d