Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 February 201710 February 2020

Carina van der Walt. Twee refleksies op Stellenbosch

 

Stellenbosch

 

word wakker Stellenbosch

gooi jou kussings in die asdrom

hang jou matras uit die venster

verbrand jou lakens

gaap nooit weer nie

slaap nooit meer nie

loop kaalvoet sonder onderklere

in vrugbare watervore

speel tussen die akkerblare

koppie krap koppie krap

geel & blougroen papegaai

aai aai daai witborskraai

wat toe tóg om moes draai

hoender hoephoep & koekoek

ha-ha hadida ha-ha hadida

tiptol rooioog tiptol swartoog

piet-my-vrou o piet-my-vrou

suiker jou bekkie my suikerbekkie

bokmakierie diederikkie

sing rroe koerre rroe koerre

my ou sagtebors tortelduifie

kom wees wakker by my & speel

tussen al my lieflik baldadigste blare

 

gepubliseer in HOLLANDS MAANDBLAD, no.1 – 2017
opgeneem in die poësieprogram GEUR VAN DE HEMEL 2016 – ’17, finansieel ondersteun deur onder andere die VSB-fonds
installasie uit 2010

 

ballonne

                (vir Strijdom van der Merwe)

 

in die Eersterivier dryf

ballonne soos spraakborrels op water

 

in elke ballon is toegeknoopte asem

op alle ballonne staan woorde geskryf

 

so dobber

diepe verdriet gemerk as liefde

liefde gemerk as verrre verlange

verre verlange gemerk as hartstog

hartstog gemerk as my laaste assemteug

teen die stroom af

 

op die walle staan die mense & wonder

& korrel hoe ver hulle ballonne sal kom

 

teen ’n lang akasiadoring prik die liefde

bars & bly net diepe verdriet oor

teen ’n skerp kliprant stamp verre verlange

bars & bly net die liefde oor

onder teen ’n doringdraad styg hartstog

op     bars & bly net verre verlange oor

 

alleen één laaste asemteug

kabbel ongedeerd tot in seewasem

 

gepubliseer in HOLLANDS MAANDBLAD, no.1 – 2017
geskryf na aanleiding van die navorsing van Strijdom van der Merwe, Landkuns, finansieel ondersteun deur onder andere die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Carina van der Walt. Twee refleksies op Stellenbosch”

  1. carina says:
    21 February 2017 at 18:11

    Baie dankie Theo.

    Reply
  2. Theo Rikken says:
    20 February 2017 at 16:30

    Carina,

    Het liefste hoor ik je de gedichten voorlezen. Tijdens en ook na het voorlezen ben ik omgeven door woorden, geuren en smaken die ik nog niet kende.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d