
Gedigte en gedagtes by Kanadese skilderye
“I know it when I see it” het regter Potter Stewart van Ohio glo gesê tydens ʼn hofsaak waar pornografie ter sprake was. Dis so min of meer dieselfde met my en kuns: ek ken iets waarvan ek hou wanneer ek dit sien al is ek geen kunskenner nie. En dalk is dit ook nie eers altyd kuns nie.
Ten spyte van my onkunde kon ek sedert ons aankoms nege jaar gelede hier in Canuckistan nie anders nie as om op te merk dat die kunstetoneel in die Suid-Afrika van destyds veel meer vitaliteit en verskeidenheid gehad het, dat dit dieper sny, as wat ek al hier gesien het en ek kry die indruk dat dit steeds die geval is. Mens sal nie maklik iets ekwivalent aan Jane Alexander se Butcher Boys hier aantref nie. As daardie werk ooit hier uitgestal sou word dan, met die tere psiges van baie Kanadese in ag genome, sal die betrokke museum of galery ʼn “trigger warning” by die voordeur moet aanbring want sommige kykers sal berading benodig as hulle onverwags op hierdie werk afkom. (Grappie. Maar ook nie heeltemal nie.)
As ek moet spekuleer sou ek reken dat Suid-Afrika se turbulente geskiedenis en hede ʼn impak gehad het en steeds het op kunstenaars se kreatiwiteit en dat hierdie impak ʼn positiewe invloed aan kuns gegee wat ek meestal nie hier vind nie. Kanada het natuurlik ook maar ʼn minder as bewonderenswaardige verlede en hede ten opsigte van die behandeling van eerste nasies, maar dit wil my voorkom asof Kanadese kuns in hierdie opsig byna as beleefd bestempel kan word in vergelyking met wat ek in Suid-Afrika gevind het.
Die ander ding met Kanada is dat die klimaat plein donners wreed is en mens moet hier leef om dit te besef. Wanneer ek my vriende in Suid-Afrika daarvan vertel dan kyk hulle my skeef aan en ek vermoed hulle dink ek lieg.
Brits-Columbië het ʼn redelik gematigde klimaat (in Kanadese terme) maar die drie Noordelike Gebiede (nie provinsies nie, Territories in Engels, dit wil sê Yukon, die Noordwestelike Gebied en Nunavut) het afgryslike winters, die Atlantiese provinsies het geweldige storms en wavragte sneeu in die winter (en storms in die somer ook) en die prêries, waar ons woon, het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar.
Naas die Noordelike Gebiede is die prêries die koudste streke in hierdie land. Laat Desember verlede jaar was die temperatuur hier in Takbokkakebeen om 10h30 in die oggend -30°C, die aanvoelingstemperatuur (wind chill) was -40°C en dis wat mens ondervind wanneer jy buite jou lekker warm, snoesige woonstel of huis is.
MUNCHAUSEN IN ALBERTA
Our first winter in the settlement,
the old man said,
January was so cold
the flames in the lamp froze.
The women picked them like strawberries
and gave them to the children to eat.
That’s the only time
I was ever a fire-eater.
© Elizabeth Brewster
Wat het hierdie jeremiade nou eintlik met die beeldende kunste te doen? Goeie vraag. Tot sowat ʼn eeu gelede het Kanadese nie juis van hul landskap gehou nie en die klimaat is tot ʼn groot mate daarvoor verantwoordelik – vir wat my opinie nou werd is. ʼn Ou tannie het eenkeer aan die skilder A. Y. Jackson gesê: “It’s bad enough to have to live in this country without having pictures of it in your home.”
Dit het Kanadese ʼn lang tyd geneem om van hul land te begin hou, of so wil dit vir my voorkom en ek vermoed dat die wydverspreide beskikbaarheid van elektrisiteit daarmee te doen het. Sekerlik ʼn banale observasie maar darem: huise en ander geboue het nou sentrale verhitting, motorkarre het oop waens en perdekarre onnodig gemaak, niemand het meer nodig om in die winter lang afstande te stap nie, vars groente en vrugte in verbasende verskeidenheid word van oorsee ingevoer en is dwarsdeur die jaar beskikbaar, afgetrede Kanadese spandeer winters in Arizona, Florida of Meksiko en so voorts. Die ervaring van winter het verander. Storms is nie meer so gevaarlik soos ʼn eeu gelede nie. Bosbrande wel.
Ek vermoed dat die ekstreme klimaat, die storms, ongerief en gevaar die skoonheid van al vier seisoene in hierdie land tot so ʼn mate vir die inwoners oorskadu het dat meeste mense, of dan ten minste baie, dit nie in die verlede opgelet het nie. Selfs die wreedheid van die winter het sy eie skoonheid.
FEAR OF THE LANDSCAPE
On a hot morning
walking through the thicket,
bushes and rocks
close to the bluffs
I was uneasy and clung to things.
The sound of a cricket
or the calls of birds were shrill
lesions in the quiet air
around me, sweltering and still.
The leaves hung from the trees
dangling on thin stems.
I am walking quickly and the land
stops. The ground
drops to a beach of stones
where a silent boat leans at the shore
into a sandy mound,
its stiff poled oars
outstretched.
The lake gulls circling it
cry out in the heat.
The sound of dry breath clings to me.
I hear the sun’s core burn.
Have I been too long in cities
that I have such fear
of the landscape?
© Ian Young
Tot so in die eerste ongeveer twee dekades van die vorige eeu was Kanadese skilderkuns, of dan skilderkuns deur wit Kanadese, maar blekerige nabootsings van wat in Europa gevind kon word. Koekblikkuns tot ‘n groot mate na my mening. En rye en rye portrette van politici, magnate en inheemse Indiane wat in allerhande geboue hang en waarna min mense kyk.
Teen ongeveer 1920 het die situasie begin verander. Die Groep van Sewe (Group of Seven) het op die toneel verskyn. Hulle was van mening dat Kanadese landskappe ʼn eie, kenmerkende styl benodig het en het dit in hul skilderye tot uiting gebring. Streng gesproke kan mens sê dat hierdie groep elf lede gehad: Tom Thomson, Lawren Harris, JEH MacDonald, Arthur Lismer, Frederick Varley, Frank Johnston, Franklin Carmichael, AY Jackson, Edwin Holgateen en LL Fitzgerald.
https://en.wikipedia.org/wiki/Group_of_Seven_(artists)
Tom Thomson (1877-1917), van wie se werk ek baie hou, kan beskou word as ʼn voorganger van die groep en as hy lank genoeg geleef het sou hy beslis deur die ander skilders as lid aanvaar gewees het. ʼn Honderd jaar gelede het hy verdrink, volgens sommige skrywers onder geheimsinnige omstandighede.

NOTES ON A NORTHERN LAKE
1.
We freeze in our beds
The wind sends shivers down the lake
2.
We swelter in the open air
The sun sends lava across the lake
3.
We move among the trees
And through the wood the lake moves too
© John Robert Colombo

WINTER WALK IN FOREST
All else
is so
perfectly still
my breathing sounds
like gusts of wind
my joints
like frozen branches
cracking
All around me
invisible animals
must also be listening
But only
to how close
my boots
snap the snowcrust
© George Swede
THE EARTH AND THE PEOPLE
The earth was here before the people.
The very first people
came out of the ground.
Everything came from the ground,
even caribou.
Children once grew
out of the ground
just as flowers do.
Women out wandering
found them sprawling on the grass
and took them home and nursed them.
That way people multiplied.
This land of ours
has become habitable
because we came here
and learned how to hunt.
© Tradisonele Inuit Lied

EIGHT MILES FROM ESTEN LAKE
5.45 a.m.
eight miles down the trail
lakes stand still
silence and mist
unbearably close to breathing
two loons
methodically at work
the south shore of the pond,
dive and break surface
forty feet away and appear nervous,
but continue feeding
6.45 a.m.
return to town
soaking in the sound of birds,
the dank smell of morning,
trying to bring it all back
to where it just doesn’t belong
© Wayne Nixon
Vandag se interessante maar nuttelose stukkie informasie: ‘n “loon” is ‘n kleinerige watervoëltjie (Gavia spp) wat wyd in Noord-Amerika en ook Eurasië voorkom. Die Kanadese dollarmunt het ʼn afbeelding van hierdie voëltjie op een kant en dit staan dus in die volksmond bekend as ʼn “loonie.” Die voëltjies het die mooiste roep, byna spookagtig, ek gee ʼn skakel heel aan die einde indien enigeen belangstel om te luister.
SUMMER HAIKU
For Frank and Marian Scott
Silence
and a deeper silence
when the crickets
hesitate
© Leonard Cohen

FALL
Winter broke over the hill with ice on its breath
Gripped and choked the corn stubble in October.
(“Early,” she said.)
A beaver’s shadow stealthily shrank into the rushes
Shivering and lost.
(“Where is the warm rain
For soaking and filling the lake?”)
Snow! Snow high in the dead fir’s fork.
Flies wild, swirls on the wind’s bite
Grating the teeth and the chilled nerve’s end.
(“Will there be time
For a walk before dark?”)
A last grey goose fluttered its white wings spliced
with frost
To fall back squawking in a flurry of sleet.
(“It’s late!”)
It’s late on the bitter wind
in the fall of this year.
© Richard Courtney
Die roep van die “loon:”
https://www.youtube.com/watch?v=Hnlze_cIYZs
*

U kan gerus ook gaan kyk na die werk van Emily Carr, skrywer/skilder.
Net wat ek nodig het vir die wintern blues. Pure genot.