Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 April 201714 April 2017

Wicus Luwes. Die Revolusie Sal Nie Op TV Uitgesaai Word Nie

Daar is heelwat dinge wat revolusies in gemeen het. RSG het onlangs Gil Scot-Heron se gedig en lied, ‘The Revolution Will Not Be Televised’,  as deel van ‘n insetsel tydens die oggend-program, Monitor, gebruik. Die lied het sy ontstaan in die VSA in die laat 60s. Ek het begin wonder hoe ‘n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse inkarnasie sou klink. Hier is ‘n Afrikaanse weergawe van Scot-Heron se lied/gedig vir die moderne Suid-Afrikaans revolusionêre persoon:

 

Die Revolusie Sal Nie Op TV Uitgesaai Word Nie

Jy sal nie by die huis kan bly nie, my broe’tjie.
Jy sal nie in kan skakel, aan kan teken en rustig sit nie.
Jy sal jouself nie in daggawolke kan verloor of uit die huis kan glip om bier te koop tydens advertensiebreke nie,
want die revolusie sal nie op TV uitgesaai word nie.

Die revolusie sal nie op TV uitgesaai word nie, al is Hlaudi uit die prent.
Die revolusie sal nie ‘n Twitter of Facebook hutsmerk wees nie.
Die revolusie sal nie beelde wys van politici wat bome plant, linte sny of mense wat HOP-huise ontvang nie.
Die revolusie sal nie op TV uitgesaai word nie.

Die revolusie sal nie deur Charmaine op 7de Laan bespreek word nie, ook nie deur Minki op Boer soek ‘n Vrou nie.
Die revolusie sal nie seksie wees nie.
Die revolusie sal jou nie maerder laat lyk nie,                                                                                                                                                                                                                 want die revolusie sal nie op TV uitgesaai word nie, Broer.

Daar sal geen videomateriaal van mense wees wat
kruideniersware en TVs in ‘n gesteelde ambulans laai nie.
SABC sal nie die lotto wenner om 07:30 aankondig nie
of nuusberigte saamstel oor optogte in elk van die 9 provinsies nie.
Die revolusie sal nie op TV uitgesaai word nie.

Daar sal nie skermskote van onlustepolisie wees
wat optoggangers met rubberkoeëls uitmekaar jaag nie.
Geen insetsels van waterkannone wat herhaaldelik in die agtergrond spuit nie.
Geen rooi oorpak sal slaags raak met ‘n veteraan in kamoefleerdrag
terwyl die rand-dollar wisselkoers van links na regs
oor die skerm marsjeer nie.

Die beeldmateriaal sal nie laat in die aand herhaal word
wanneer Freek of Waldemar of Bettie die dag se nuus bespreek nie.
Die nuus sal nie deur ABSA, FNB, Standard Bank, Nedbank of die bank van Habib geborg word nie.

Die revolusie sal nie op TV verskyn nie, my broers
Die revolusie sal lewendig wees.

__________________________________

The Revolution Will Not Be Televised
– Gil Scott-Heron

You will not be able to stay home, brother.
You will not be able to plug in, turn on and cop out.
You will not be able to lose yourself on skag and
Skip out for beer during commercials,
Because the revolution will not be televised.

The revolution will not be televised.
The revolution will not be brought to you by Xerox
In 4 parts without commercial interruptions.
The revolution will not show you pictures of Nixon
Blowing a bugle and leading a charge by John
Mitchell, General Abrams and Spiro Agnew to eat
Hog maws confiscated from a Harlem sanctuary.

The revolution will not be televised.
The revolution will not be brought to you by the
Schaefer Award Theatre and will not star Natalie
Woods and Steve McQueen or Bullwinkle and Julia.
The revolution will not give your mouth sex appeal.
The revolution will not get rid of the nubs.
The revolution will not make you look five pounds
Thinner, because the revolution will not be televised, Brother.

There will be no pictures of you and Willie May
Pushing that shopping cart down the block on the dead run,
Or trying to slide that color television into a stolen ambulance.
NBC will not be able predict the winner at 8:32
Or report from 29 districts.
The revolution will not be televised.

There will be no pictures of pigs shooting down
Brothers in the instant replay.
There will be no pictures of pigs shooting down
Brothers in the instant replay.
There will be no pictures of Whitney Young being
Run out of Harlem on a rail with a brand new process.
There will be no slow motion or still life of Roy
Wilkens strolling through Watts in a Red, Black and
Green liberation jumpsuit that he had been saving
For just the proper occasion.

Green Acres, The Beverly Hillbillies, and Hooterville
Junction will no longer be so damned relevant, and
Women will not care if Dick finally gets down with
Jane on Search for Tomorrow because Black people
Will be in the street looking for a brighter day.
The revolution will not be televised.

There will be no highlights on the eleven o’clock
News and no pictures of hairy armed women
Liberationists and Jackie Onassis blowing her nose.
The theme song will not be written by Jim Webb,
Francis Scott Key, nor sung by Glen Campbell, Tom
Jones, Johnny Cash, Englebert Humperdink, or the Rare Earth.
The revolution will not be televised.

The revolution will not be right back
After a message about a white tornado, white lightning, or white people.
You will not have to worry about a dove in your
Bedroom, a tiger in your tank, or the giant in your toilet bowl.
The revolution will not go better with Coke.
The revolution will not fight the germs that may cause bad breath.
The revolution will put you in the driver’s seat.

The revolution will not be televised, will not be televised,
Will not be televised, will not be televised.
The revolution will be no re-run brothers,
The revolution will be live.

Bronne:
https://en.wikipedia.org/wiki/The_Revolution_Will_Not_Be_Televised
https://www.google.co.za/url?http://www.uidownload.com/free-icons/old-tv-icon-195403
http://www.metrolyrics.com/the-revolution-will-not-be-televised-lyrics-gil-scottheron.html

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Wicus Luwes. Die Revolusie Sal Nie Op TV Uitgesaai Word Nie”

  1. Helene says:
    20 May 2017 at 08:36

    Sexy

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d