Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2018

De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid

Skaakmat

.

Elke keer as ek skuif

verander die spel.

Partykeer minimaal

lyk dit.

Ander kere katastrofaal

blykbaar.

Partykeer voordelig,

hoop mens.

.

Nouja, my opponent is Swart,

Die Skadu sigself,

waar Lewe nie is nie,

die ongesiene Teenstander van die Bewussyn.

.

Elke keer as ek skuif

vorder ek

verder in Swart se gebied,

vasberade om hom af te maak,

en ek weet ek gaan sukses behaal,

ek gaan die Koning doodmaak.

.

Maar dan is die spel verby.

 

***

 

Miskien kom hiënas nader

.

Die hiënas huil

daar in die lappie doringbome,

maar my vuur brand nog,

elke oggend gooi ek droë hout op.

.

Oral lê daar nog droë hout.

.

In die swart armholte van die nag

huil die hiënas,

miskien is hul al nader,

maar my vuur brand nog

goed genoeg vir warmte

in die donker armholte

van die nag.

.

Daar huil die hiënas

in die lang, droë grasse

onder die toe ooglede

van die nag.

My kole lê rooi,

maar ek het nog hout

wat ek optel

in die oop gesig van die dag.

.

Die hiënas huil

net daar by die skuins rotsrif

in die ligloosheid

van die nag

se toegevoude arms;

maar ek sit nog hout op,

droë hout wat lank gelede

jonk was.

.

Ek het nog hout.

.

As die son die donkerte kom aanjaag

oor die dun rant

van die oggend

gaan soek ek weer hout;

daar is nog baie.

.

Bome hou nooit op doodgaan nie.

Ek het ’n stapel hout

en vanaand luister ek weer

hoe die hiënas huil

met ’n sterk stok

in my hand.

 

© De Waal Venter. 2018

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← De Waal Venter. Beginnend by die begin
De Waal Venter. Het jy ‘n maan →

2e gedagtes oor “De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid”

  1. Annora Eksteen says:
    13 November 2018 at 18:53

    Ek hou ook baie van altwee hierdie gedigte. Die ‘oop gesig van die dag’ en dan die stapels hout vir die nag. Ek hou baie van die eenvoud wat die prentjie skep. Skaak interesseer my, want my seun en dogters wil my aan die speel kry, sodat ek kan leer fokus.

    Reply
  2. Trienke Laurie says:
    29 October 2018 at 10:02

    Ek hou van “die swart armholte van die nag.”

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d