Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 May 201914 May 2019

Wicus Luwes. Die bekoring van bouvalle en ruïnes

Ek word bekoor deur plekke wat leegstaan. Miskien moet ek dit anders stel: Sonder inhoud, maar tog nie regtig leeg nie. Daar is baie sulke plekke rondom ons. Plekke wat deur vure verwoes is of plekke wat in die vagevuur van afgestorwe boedels se fynskrif toegesluit staan. Terwyl die horlosie se wysers draai en die kalendermaande een na die ander afgeskeur word, staan hierdie plekke en wag. Hulle wag op die lewe wat eens deur hul gevloei het.

Bo: Foto’s van ‘n bouval in Midrand (Foto’s met toestemming van die fotograaf, Candice Brophy, geplaas.) Die brand van die grasdak, het die einde van hierdie huis beteken.

 

Sondagmiddag

die ruïne waar ek en jy rondkrap
een Sondagmiddag, lustelose honde, ná
die middagmaal (die mense slaap in die huis)
oplaas moeg gebaklei, versigtig die woorde
wat ons kies, tingerige sinne, geluide eintlik
maar om mekaar oor stilte se rand
te help, op so ‘n Sondagmiddag, die ruïne
op julle plaas: ag, ‘n blote bouval eintlik
‘n huis sonder herinneringe, net fondasie
en halwe mure wat nog staan, jare gelede
al tot toeval en stof gedoem: tussen
klippe kry ek die geraamte van ‘n akkedis
en wonder of ek en jy dan so voorspelbaar
soos ‘n Afrikaanse liefdesgedig is, en jy maak
‘n stok tussen ‘n paar bakstene staan:
dit was seker ‘n vuurmaakplek
‘n oorstaanplek een nag
skaars wegkruipplek

– deur Desmond Painter uit ‘Nuwe Stemme 5’ (Tafelberg:2013)

Bo: In Hillbrow

 

 

huise. melville/weltevredenpark

in elke vertrek
sien ek ‘n optekening
van ‘n skerf geskiedenis
om soos ‘n afgesplinterde geen
iewers vas te kleef –

‘n portret of meubelstuk wat weinig

vooraf verraai
en niks daarna

want alles is maar slegs
‘n bietjie brood en suiker
lank gelede uit my huis
vlytig soos miere aangedra
na die eerste eie nes –

wie weet
op ‘n dag moet dit ‘n blom word oor ‘n wond
op ‘n dag word dit ‘n duif in ‘n leë kamer
‘n blaar se drif op die wind
deur uitsiglose vensters in ‘n buurt

selfs hier

nog steeds

sal ek oor die merke
van my lessenaar streel en dink:

hier het my vader gesit

en hier
het sy hand gerus

– deur Marlise Joubert uit ‘bladspieël’ (Human & Rousseau:2015)

Bo: Johannesburg Algemene Hospitaal

 

Ons drome van gister
Word somber en sinister
Want kyk alles het ‘n vasgestelde uur
Ons beplan toringblokke
Maar die slopers is betrokke
En ons drome is bloot skadu’s teen die muur

– deur Koos du Plessis uit ‘Skadu’s teen die muur’

 

Bo: Kempton Park Hospitaal

Die foto’s vang slegs ‘n klein gedeelte van die bekoring vas. Dit vang die leegheid wat nooit werklik leeg is nie tussen die mure van die bouvalle en ruïnes vas. Die kaggel brand steeds, al is dit net in ons gedagtes. Die kinders speel en die kos word steeds in die kombuis gemaak. Dit resoneer en herinner ons aan die bouvalle en ruïnes wat ons in ons drome besoek. Die bekoring lê eintlik in die dinge wat was en die dinge wat weer kan wees. Die bekoring lê in die bouvalle en ruïnes van ons gedagtes.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d