Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 May 202025 May 2020

Hein Viljoen. Politiek van die pens / Politics of the belly

 

Politiek van die pens

Opgedra aan al die ANC-kaders
wat kospakkies vir die armes misbruik

 

die ou teef is rond en vet en al swaai-swaai

haar tette al amper op die grond

sal sy, as genoeg heuning van jou tong afdruip,

jou dalk laat saamsuip aan haar ou hondepens

 

Opmerking: Die Amerikaners noem dit pork-barrel politics, wat ek misgelees het as pork-belly politics, oftewel hondepenspolitiek

 

Politics of the belly

Dedicated to all ANC cadres who misuse
food parcels meant for the poor

 

though the old bitch is round and fat and her paps

swing just above the ground

she will, if enough honey drips from your tongue,

perhaps also let you suck from her swollen belly

 

© Hein Viljoen, 2020

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

Hein Viljoen. Grendelstilte →

7e gedagtes oor “Hein Viljoen. Politiek van die pens / Politics of the belly”

  1. natie gildenhuys says:
    3 June 2020 at 17:33

    ‘n Ernstige waarskuwing: haal hierdie gedig onmiddellik weg!
    Sien onderstaande berig:

    https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/sahrc-investigating-social-media-posts-of-dlamini-zuma-being-depicted-as-an-ape-20200530

    Reply
  2. Hannes Visser says:
    29 May 2020 at 21:37

    Vir my ‘n uiters treffende vers. Allermins “vieslik”, maar sou mens wou sou mens waarskynlik in enige gedig iets afstootliks vind afhangend van die subjektiewe oog van die leser.

    Reply
  3. Maria Snyman says:
    28 May 2020 at 04:55

    (Ek probeer weer. Nie seker op my kommentaar geregistreer het nie – ek sien niks nie, maar daar word gestel dat my kommentaar gedupliseer word?Verwyder asseblief hierdie duplikaat.)

    Interessante gedig! Dan sien jy die mens/vrou, dan sien jy die hond, afhangende of jy dit met of sonder die motto/opdragwoorde (?) lees. My hart gaan toe, my hart gaan oop. Die gedig speel met my hart en verstand. Dan is ek smoorkwaad vir die mens, dan breek my hart vir die logge ou teef!

    Uiteindelik gaan dit nie oor een van die twee nie, maar oor VARKVATPOLITIEK – soos die titel dit stel – en waar varkvatpolitiek voorwaar f*kkin veragtelik is – en dus goed vasgevat word deur die vieslike (as jy oë toemaak vir die hond) in die gedig!

    F*kkin, dankie, Prof Hein! Iemand moes die vuilwerk doen – nou kan ons dalk ‘n treetjie in die beter rigting begin gee!

    Reply
  4. Marlies Taljard says:
    27 May 2020 at 11:42

    Ek kan nie glo dat daar steeds mense is wat dink ‘n gedig moet “mooi” wees nie, of polities korrek … Op ‘n sekere vlak van betekenis verwys die gedig immers na ‘n bepaalde vrou. Ook die Staat word dikwels in vroulike terme beskryf. Wat tans in SA gebeur, is myns insiens nie “mooi” nie en hierdie bepaalde digter het sy metafore op poëties verantwoordbare wyse gekies om sy walging uit te druk met gebeure van die dag. Die gedig skok – en dit is bedoel om te skok. In dié opsig slaag die gedig dus in sy doel – ironies genoeg blyk dit uit die eerste 2 kommentare!

    Reply
  5. Waldemar Gouws says:
    26 May 2020 at 18:58

    Kritiek soos prof. Viljoen s’n is nodig. Die kaders in die rade wat broodlose mense se kos wegmoffel is met verfoeilike dinge besig.

    Sonder om ‘n kop in die gender-bynes te steek, is die beeld van die Party as moederhond reeds veelseggend. Ongelukkig het die gevlekte hiënawyfie, met haar pseudoskrotum, slegs een paar mammae, terwyl die teefhond se tepelrits baie kleintjies kan onderhou.

    Reply
  6. Marianne de Jong says:
    26 May 2020 at 11:49

    Wat van “pork-barrel” vir die manlike abjekte?

    Reply
  7. Elsa Lingen-de Waardt says:
    26 May 2020 at 10:41

    Vieslik.
    So direk.
    En altyd mans met die
    OU-VROULIKE abjekte.
    Probeer gerus ‘n slag die OU-MANLIKE…

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat

Nuutste kommentaar

  1. Cobus van den Berg on Krige Visser. parodie en ironie20 July 2026

    Dankie Krige. Ek lees dit oor en oor….sodat dit kan insink.

  2. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  3. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  4. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d