Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 2020

Huldiging: Ampie Coetzee

Huldeblyke oor gestorwenes word deesdae eensydig. Is dit ons Calvinisme wat ‘n soort skuldgevoel skep sodat ons net die positiewe wil onthou of neerskryf? En by die dood van ‘n digter of literator die persoon verkeerd “inskat”? Sommer meen ‘n behendige digter moes bekroon gewees het met die of daardie prys?

My eerste ontmoeting in 1980 met Ampie Coetzee was toe hy aan Wits doseer het. Hy het my opgeval as ‘n aweregse man. Met ‘n oorringetjie en baie cool. Met sterk opinies oor die ongeregtighede van die land. As mede-stigter by Taurus het hy baie gedoen om stemloses stémhebbend te maak. Daar is talle voorbeelde van skrywers wat ‘n bloutjie geloop het by hoofstroom-uitgewers en by Taurus ‘n tuiste kon vind. Soos Johann de Lange met Nagsweet in 1991. ‘n Bundel wat weens die gay-tematiek onrus veroorsaak het, dog persoonlik ‘n gunsteling bly.

Taurus is immers gestig om Brink se Kennis van die aand te publiseer. Hierdie klein uitgewershuis het telkens gehalte uitgegee. En storms gepypkan. Dit was woeste dae vir enige uitgewer wat P.W. of die ander gesante gekritiseer het.

As kenner van veral Breytenbach se digkuns het hy telkens besondere insigte vir ons gegee en later aan die UWK artikels en boeke oor die Marxistiese kritiek gepubliseer.

Ek was telkens bewus van sy kennis van Foucault en die analises van magsbasisse het hy ontmasker.

Ons het mekaar later jare by kongresse gesien. En eenmaal op ‘n vlug terug van Bloemfontein het hy langs my gesit en ‘n nuwe Brink-roman met ‘n potlood gelees. Onderstreep. Aantekeninge in die kantlyn. Deeglik gelees.

Ons het uiteraard ook ons verskille gehad. My uitgesproke feministiese en dekonstruksie-aanslag het hom nie altyd aangestaan nie. Van sy kritieke oor digters het my nie altyd behaag nie.

De Lange se Die algebra van nood (2009) het hy beskou as “onnoemenswaardig” (Die Burger 19.4.2009) en ek het my kritiek oor sy resensie met hom gedeel. Hy het dit aanvaar, ofskoon ek uitgesproke knorrig hieroor was.

Hoe kon hy dink die beelde is “uitgedink”? En waarom meen die bundel is te “lank”?

Hierdie bundel is uiteindelik met die Hertzogprys bekroon.

My bundel En skielik is dit aand het hy gepiets vanweë die “te veel woorde”. Maar aandagtig het hy geluister; kritiek kon hy vat op die ken.

Hy sou ook dink en wag voordat hy antwoord. Aan sy baardjie vroetel en sê:”Ek weet nie …”

Trouens, hierdie teësprake voed immers ‘n letterkunde. Dit bewys Imre Salusinszky  sy onderhoude opgeneem in Criticism in Society (Methuen, 1979)  waar ‘n gedig (“Not Ideas about the Thing but the Thing Itself”) van Wallace Stevens telkemale uit verskeie invalshoeke bekyk en gelees word. Frank Kermode lees anders as Bloom; Barbara Johnson verskil van radikaal van Northrop Frye.  Miskien is Ampie Coetzee die naaste wat ons kom aan die werk van Frank Lentricchia en die sosiale bewussyn van én oor tekste. Ek dink hier aan Criticism and Social Change (Chicago, 1983) en in die onderhoud bely Lentricchia hoe sy ouers as werkersklas mense geweldig hard moes werk om te kon oorleef. Sy moeder se hande het soos ‘n man s’n gelyk.

As eksterne eksaminator aan die UK was hy altyd regverdig in sy oordeel oor studente. Hy het wonderlike anekdotes vertel oor Van Wyk Louw, Ernst van Heerden en Peter Blum.

En ‘n mens haal jou hoed af vir sy standpunt oor Afrikaans. ‘n Ware taalstryder wat met feite gekom het en nie net met emosionele argumente nie.

Spot en opstuur. “Ag toe, jy en jou grênd Offrikonse uitspraak … ag toe nou.”

Veral sy humor sal ek altyd onthou. Na ‘n kongres by Bloemfontein sit ons en wag op ‘n lughawe. Ons het mekaar aangepor om satiries te raak. Hier sit ons en evalueer die vroue van Bloem: stoets, geperm, sykouse en met haai polfaais. Ampie bulder van die lag oor my opmerkings en agterna weet hy te vertel dat dit vir hom so bevrydend was om saam met ‘n vrou na ander vroue te kon kyk. Alles parodies en vol spotspraak. Boonop met ‘n puntestelsel.

Daardie aand neem hy my huis toe. Weens ‘n vlugvertraging was daar geen taxi’s meer op die lughawe nie.

“Kom. Laat ek jou huis toe neem. Ons het so lekker gelag!” Om die berg tot in Tamboerskloof. Toe is hy terug Nuweland toe.

Elkeen van ons met ‘n literêre paradigma wat radikaal verskil. Net oor die skoonhede van Bloemfontein was ons op dieselfde bladsy.

‘n Man vol teenstrydighede. Enersyds stoer Afrikaans; andersyds krities oor grond en die plaasnarratief soos hy dit ontleed in ’n Hele os vir ’n ou broodmes: grond en die plaasnarratief sedert 1595 (2000).

Gelukkig is ek altyd kongruent en nooit teenstrydig nie.

Ek hoor hom bulderlag.

Joan Hambidge

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kyk aanlyn na Ampie Coetzee se huldiging in Digterstuin
Breyten Breytenbach huldig Ampie Coetzee →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d