Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 December 20208 December 2020

Nuwe bundel. Churchil Naudé: Drol innie drinkwater

Churchil Naudé

Drol innie drinkwater

Omslag

Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories wat hy vertel bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.

Churchil Naudé se woorde sny soos ’n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ’n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ’n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ’n mens met ’n opinie as ’n mens met ’n sekere velkleur wat ’n opinie het.

-Theunis Engelbrecht

Drol innie drinkwater is ’n versameling van 50 gedigte en liedere waarvan sommige op sy albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid verskyn het.

 

Oor die outeur

Churchil se woorde word as uitstekende poëtiese tekste beskou, wat nie wegskram van belangrike sosiale kwelpunte nie, dog is dit gemik op ’n alledaagse gehoor en hoogs verstaanbaar en glad nie snobisties nie.

Churchil se lirieke raak ’n verskeidenheid onderwerpe aan. Hy rap oor iets so werklik kwellend soos die kultuur van huishoudelike geweld in ons land in sy treffer “Meisie”:  “meisie, jy wil dit glo as hy sê ‘I love you still’ / meisie, lyk my jy like dit om te hop as hy brul / meisie, hy se hy’s lief vir jou dan sluk jy die pil / meisie, gooi weg die sleutel girl en kap toe die grill” tot iets so groot soos die mens se eie eksistentialisme in sy lied “As” wat hy saam met Frazer Barry van Tribal Echo doen: “maak oop jou mind en raak onstlae van jou las / want as ons dood gaan is ons maar net as.”  En alhoewel hy ernstige sosiale probleme aan die strot gryp, is sy lewensuitkyk nietemin positief en sê hy aan ’n gekwelde jeug: Daar is iets jy aan jou eie omstandighede kan doen.

Churchil beplan om Afrikaans verder te vat as wat dit tot dusver kon gaan om dit ‘cool’ te maak, om ook stem te gee aan veral mense van die Kaapse vlakte. “Ek wil jong laaties wys dat ons nie die Amerikaners hoef na te boots nie want ons het ons eie stories om te vertel.”

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 6 opgeneem.

 

[Naledi 2020. Prys: R240.00. Formaat: 210mm x 148mm, sagteband, 230 bladsye. ISBN 9781928518853]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Bester Meyer: die Testament 
Nuwe bundel. Johann de Lange: Duimnaelsketse →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d