Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 December 2020

Nuwe bundel. Johann de Lange: Duimnaelsketse

Johann de Lange

Duimnaelsketse

 

Omslag

Duimnaelsketse is die tweede bundel wat sy ontstaan het in my liefde vir die kwatrynvorm. Die eerste een was Weerlig van die ongeloof wat in 2011 verskyn het.
Die kwatryn met sy gedronge segging wat uitloop op ’n epifanie, ’n insig, die een of ander soort onthulling, is saam met die sonnet (waarmee dit raakpunte het) een van die gewildste versvorms en kom voor in die werk van die antieke skrywers tot die hede. Die vorm is gepopulariseer deur Omar Khajjam met sy Roebajat.
My ervaring is dat die kwatryn saam met die skryf van ander, langer verse ontstaan, dikwels doen ek dit as vingeroefening om skryffiks te bly. My kwatryne dek al die temas wat in my werk voorkom: liefde, erotiek, kuns, die natuur, en die dood. Ek dink ook die kwatryn bevredig die moderne tydsgees waar mens nie altyd die tyd het om aan die lees van ’n langer vers of bundel te bestee nie. Dit dien as ’n soort voëlvlug oor die temas waarmee die digter gemoeid is.

 

Oor die outeur

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore.

Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonkerprys vir debuutpoësie ontvang. Daarna volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986), Wordende naak (1988) waarvoor hy die Rapportprys vir Poësie ontvang, Nagsweet (1990), Vleiswond (1993) en Wat sag is vergaan (1995). In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie. Sy tweede kortverhaalbundel is Tweede natuur (2000).

In 1997 stel hy ’n bloemlesing gay kortverhale uit die laaste honderd jaar saam getiteld Soort soek soort, en in 1998 ‘n bloemlesing erotiese poësie saam met Antjie Krog, getiteld Die dye trek die dye aan.

Benewens die Ingrid Jonker- en Rapportprys vir Poësie wat vir individuele bundels toegeken is, ontvang Johann de Lange ook die Pankratorprys vir sy gedig “Skerpskutter” in ’n internasionale poësiekompetisie deur UNESCO uitgeskryf, en ’n Avanti-toekenning vir sy draaiboek oor die lewe van Ingrid Jonker (“Verdrinkte hande”).

Sy vertalings van Afrikaanse gedigte verskyn onder meer in The Penguin book of Southern African Verse (1989), Breaking the silence – a century of South African women’s poetry (1990), Soho Square: a collection of new writing from Africa (1992), The heart in exile: South African poetry in English 1990-1995 (1996) en The lava of this land: South African Poetry 1960-1996 (1997). In 2007 verskyn The wisdom of water, ’n keur uit sy vertalings van Wilma Stockenström se gedigte.

 

[Naledi 2020]

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe bundel. Churchil Naudé: Drol innie drinkwater
Wenners van Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d