Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 January 20214 February 2021

Breyten Breytenbach. Vertaling in Engels

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (82)

 

Breyten Breytenbach. Vertaling van Afrikaans in Engels. Vert. deur Bester Meyer.

 

 6.14     the chameleoflage

 

writing –

the tongue skinned bare

but for you the heart

will (be) whisper-(s)ing again

on how to camouflage silence

in escaping death’s

darkwhistling-tongue

 

you would not know it

and I swear:

 

to rhyme is to

describe the rhyme

so that you may turn her over

and she be fed tongue-bait from your hand

in exchange for the caress of dreams

 

with the intention

(I swear that you don’t know)

as busying act of performance

to generate permittance

of her maidenhood

to be written down delivered

with both of us defamed

 

to consort with you

again and again

through your body and mine

 

and what more do you want to know?

 

how will writing ever teach me

to equip the heart

against my devouring

and feather-shedding

love for you?

 

6.14.1

 

you are so enchanting my beloved

that I would be incanting you ‘till loving-o’s

pleastay-with-me

would be converted

in prayer

to bend surrenderingly

to the body’s understanding

of love’s transgressions

handed in

received

 

***

 

6.14 die verkleursoetjies

Breyten Breytenbach

 

 

skrywe skil die tong kaal

maar vir jou fluistersing die hart weer

hoe om die stilte te kamoefleer

in die ontkoming aan dood

se donkerfluittaal

 

jy sal dit nie weet nie

en ek sweer:

 

om te dig is om

die gedig te beskryf

sodat jy haar om mag draai

om tong-aas uit jou hand te eet

in ruil vir die aai van drome

 

met die bedoeling

(ek sweer jy weet nie)

om vandaardoende

die vergunning te genereer

vir haar maagdelikheid

om neergepen bevry

ons albei te onteer

 

deur weer en weer

van lyf tot lyf

met jou te verkeer

 

wat méér wil jy weet?

 

hoe gaan die skrywe my ooit kan leer

om die hart te verhoed

dat my liefde vir jou

my verteer

en verveer?

 

 

16.14.1

 

so bekoorlik is jy my beminde

dat ek jou behoorlik tot die liefdes-o

se blyseblief

sou wou bekeer

in gebed

om te buk in oorgawe

aan die lyf se begrip

van liefhê se vergrype

in gegeë

ontvang

 

 

Bronverwysing:

Breytenbach, B. 2019. op weg na kû. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ada Limón. Vertaling in Afrikaans
Don Maclennan. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d