Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 January 202129 January 2021

Marlise Joubert. in memoriam: Strooi (Stemgreep)

in memoriam: Strooi

sonder die veld se geur
van wit lelies in ‘n vuis
of die trae note van gesang en gebed
sonder ‘n graf of ‘n woord van eerbetoon
sterf hy op die vaal handdoek
op ‘n skoongeskropte tafel
eerloos
en ek onthou Lucebert:
alles van waarde is weerloos

sonder ‘n sug en sonder protes
sterf hy stil en donker

terwyl die bloed oor die lip

bly stoot
terwyl die pyn die gapende wond verlaat
en elke pupil al groter rek
om verlossing in te laat
terwyl my kind se hand
die troetelkop bly troos bly troos
en ek onthou Lucebert:
alles van waarde is weerloos

sonder dat hy weet dat ons hom groet
word sy lyfie riemslap onder die naald
lê die swart pels in ‘n boog gestol
half verleë die wit sokkies
van sy pote oor mekaar gevou
die bors se wit ster
gevlek en rou
en ek onthou van Lucebert

so moes ek hom verlaat
sonder ‘n lied of die veld se geur
en ek onthou terwyl ek huil
teësinnig teen die misreën op die ruit
my vingers om die stuur geklem en koud
dat ook hy, ja tog,
soos ‘n mens van waarde was
‘n keelronde warmte kon gee
met kromgeskuur teen jou kuit
weerloos in sy dierlikheid
en onvoorwaardelik elke dag
veertien jaar lank
getrou op ons tuiskoms kon wag

 

(Uit: Lyfsange, Marlise Joubert. Protea Boekhuis, 2001)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marlise Joubert. Twee vroue (Stemgreep)
Nuwe bundel. Marlise Joubert: disteltyd →

2e gedagtes oor “Marlise Joubert. in memoriam: Strooi (Stemgreep)”

  1. Ilse says:
    2 February 2021 at 20:47

    Lieflik, Marlise.

    Reply
  2. Hester van der Westhuizen says:
    29 January 2021 at 22:40

    Soms net so weerloos soos ons honde.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge
  • Gerard Scharn. het boek job herzien

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d