Kwatrynkompetisie (31&32)
(31)
Kwatryn vir die Middeltyd
Dag elf vloei moeiteloos soos nuwe wyn
in dag twaalf se opkomende sonskyn
Uit die nag se stilte swaar
het ‘n dodetal van twaalf verskyn
*
(32)
Kwatryn vir Vlak 4
In Akasia gerhardi se ruim koelte,
‘n skaars boom in hierdie geweste,
bloos vleilelies vanjaar weer merlot-sku
voor winter se maskers en siekte
© Elza Lorenz, 2021