Kwatrynkompetisie (135-137)
135
Oor berg en vallei
Lê wingerde wyd versprei
Al dreig ‘n pandemie, sal ons
altyd wyn kan kry.
*
136
Laat hoop weer groei
Laat wingerde bot en bloei
Moenie dat die pandemiegriep
met jou gemoed kom stoei.
*
137
Agter elke vaatjie wyn.
Agter elke vriendskap se samesyn.
Lê kultuur wat geen pandemie
kan laat verdwyn.
© Driekie Grobler, 2021