Kwatrynkompetisie (142 – 144)
142
Uit die sap van ‘n goeie bottel wyn
vloei woorde van ‘n persiese kwatryn
wat kommer oor dreigende pandemies
sommer gou-gou in die niet laat verdwyn.
143
Wees vrolik, wees bly
geen pandemie sal ons onder kry
want vriende en goeie wyn
sal altyd voorrang kry.
144
Boeretroos sonder melk kan nog gaan
‘n pandemie vol reëls kan ek dalk verstaan
maar lewe sonder vriende en goeie wyn
het my stap van sy huppel ontdaan.
© Driekie Grobler, 2021