Kwatrynwedstryd (160)
Nou, oornag, het die skimmel uit die ooste toe ook op ons
kom sit, beetgekry, besmet. Maar net soos destyds met die dons
leer keer ons en vloei die lewe weer soos goeie wyn uit elke
bottel, elke glas as ʼn wals ʼn vastrap ʼn kotiljons
© Fanie Olivier, 2021