FRAGMENTE UIT DOGEN. Vertaling via Engels in Afrikaans. Vert. deur Helize Janse van Vuuren
Gegee aan Hironaga Hatano
Die hele wêreld
splinter in ontelbare stukkies.
In die groot dood
is daar geen hemel, net aarde.
As liggaam en gees eers omgeruil het,
bly net dit oor om te sê:
verlede gees kan nie bevat word nie,
teenwoordige gees kan nie bevat word nie,
toekomstige gees kan nie bevat word nie.
*
Oor sy portret
Sommige van Dogen se gevorderde studente het kunstenaars sy portret laat teken en Dogen toe
gevra om ‘n gedig by die skilderye te voeg. Dié gedigte kan gesien word as Dogen se self-portret en ook aanmoediging vir sy studente en dharma afstammelinge.
*
Moenie sê hemel en aarde is net een vinger,
of eindelose dinge net een perd nie.
Hoe is dit dan?
Waar ookal die oog reik is ‘n vuis
wat die leë lug verbrysel, met bloed wat drup.
Waar ookal die vuis reik, is ‘n oog
wat sien deur alles alom –
sy spier is lank.
*
As jy my noem nie-wetend en nie-begrypend,
dan is dit reg.
As jy my nie noem nie-wetend en nie-begrypend,
dan is dit nie reg nie.
Hoe noem jy my? Sê dit nou.
Noem my sommer net ‘n kind van Tiantong.
*
Given to Hironaga Hatano
The whole universe
shatters into a hundred pieces.
In the great death
there is no heaven, no earth.
Once body and mind have turned over,
there is only this to say:
past mind cannot be grasped,
present mind cannot be grasped,
future mind cannot be grasped.
*
On his portrait
It seems that some of Dogen’s advanced students had artists paint his portrait and then asked Dogen to add a poem to the paintings. These poems may be seen as Dogen’s self-image as well as encouragement for his students and dharma descendants.
*
Do not say heaven and earth are just one finger,
or myriad things just one horse.
How is it after all?
Wherever the eye reaches is a fist
crushing the empty sky, dripping blood.
Wherever the fist reaches is an eye
seeing through its surroundings –
its muscle is long
*
If you call me not knowing and not understanding,
that is correct.
If you do not call me not knowing and not understanding,
that is not correct.
How do you call me? Say it now.
Just call me a child of Tiantong.
Uit The essential Dogen. Writings of the Great Zen master, 2013, reds. Kazuaki Tanahashi & Peter Levitt [Shambhala, Boulder]. Nuwe vertalings van Peter Levitt. © 14 Julie 2021 oorgedra na Arikaans, Helize van Vuuren
Korreksie by my (andersins ook stroewe) vertaling:
In die eerste gedig is die sentrale begrip nie “omgeruil” nie, maar “afgewerp” (blyk by verdere lees oor Dogen se werk en lewe, en hierdie sentrale begrip vir hom).
Breyen verwys na: ” … die digkuns se oop benadering, die vermoë om die onvatbare te omvat …”
Moontlik is dit een van die belangrijkste onderskeidings tussen prosa en poësie: ‘n goeie gedig kan met sy woorde onvatbare begrippe wat “niet er staat” in ‘n trop bymekaarjaag sodat mense die vee makliker kan tel as wanneer hulle los in die veld rondwei.
Tomas Tranströmer is dikwels in gesprek met “Onsekerheid” en bring sy insigte vir die leser.
Hier is sy “Osäkerhetens rike”.
Onsekerheid se ryk
Die departementshoof buig vorentoe en maak ‘n kruis
en haar oorbelle bengel soos ‘n Damoklesswaard.
Soos ‘n bespikkelde skoenlapper onsigbaar word op die grond
smelt die demoon saam met die oop koerant.
‘n Helm met niemand daarin nie gryp die mag.
‘n Moederskilpad ontsnap vlieënde onder die water.
Uit: “Alles keer om” vert. De Waal Venter
Dankie vir die verwysing, Breyten, die insiggewende skrywe is nog daar:
https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-07-16-on-reading-poetry-and-quarrelling-with-myself/
Hier ‘n klein uittreksel:
But now — because we didn’t read or heed generations of poets — the world is weird, out of sync. Parts of the world skip spring and in others spring now consumes rather than regenerates. Nature is eating itself and us, rivers and seas carry poison rather than restoration; it causes grief, before communion, winter pinches, there are more “houseless heads and unfed sides”, justice is an abstract notion dreamed up by poets of an earlier age.
In this context poetry, as a history of human feeling, provides us with the means to separate thoughts and step back from the maelstrom of the moment, to see ourselves as one more species of animals in the game reserve of planet earth.
Yet when all is said and done it is those core human emotions and the natural beauty that surrounds us that may (note I do not say “will”) save us from ourselves.
Carey devotes a whole chapter to WB Yeats, himself an epitome of the vagaries of emotion and belief that infect the “foul rag and bone shop of the heart”. He quotes Yeats as writing that “we make out of the quarrel with others, rhetoric, out of the quarrel with ourselves, poetry.”
As mens jou die kruisverwysing veroorloof: in ‘n baie insiggewende artikel op Daily Maverick se webwerf van enkele dae gelede (dis seker nog te lees) maak Mark Heywoord ‘n saak uit vir die digkuns se oop benadering, die vermoë om die onvatbare te omvat (of die proses – ? – van omvatting te ‘aktiveer’). En met eienskappe, oftewel ‘rillings’ eie aan die eierword, al bestaan dit ook grotendeels uit die woorde wat ons denke fatsoeneer en van spoor bring.
Treffend suiwer, die ou hand van die Zenmeester-digtervertaler, en dankie vir die uitwys, Bester. My geheue het my in die steek gelaat …(Daar is ook nog sy “Alles een paard”/”All one horse”-bundeltitel, en meerdere Dogen-elemente elders ingebed…)
En De Waal, soos jy uitwys is dit seker juis die glibberige, ontglippende vis van die ontasbare, die onvaspenbare (in Juanita Pereira se treurige lied) in “Diep Rivier” wat die leser altyd weer vang in sy droewe klankspel:
-In jou omhelsing eindig al my smart;
Blus uit, O Diep Rivier, die vlam van haat;-
Die groot verlange wat my nooit verlaat
(…)
Ek hoor jou stem as fluistering in ‘n droom,
Kom snel, O Diep Rivier, O Donker Stroom.
Dankie vir die vertalings.
Die eerste vertaalde fragment vorm deel van ʼn gedig in 45 Skemeraandsange (Breyten Breytenbach).
Ek haal dit aan vir interessantheid:
45. ek het gedroom
die hele heelal
skerf in honderd stukke:
met Grootsterfenis
is daar nie ʼn hemel en geen aarde nie
wanneer liggaam en gees eers omgedop lê
bly net dít om te sê:
verledeverstand kan nie vasgevat word.
hedeverstand kan nie vasgevat word.
vorentoeverstand kan nie vasgevat word nie
(oorgeneem uit die oorspronklike sterfvers van Dogen)
maar drie insigte het my lewe
soos jasmynreuk in die nag
tot waarheid sedimenteer:
dat die monnik wat zazensit wil prakseer
altyd skoon voete moet hê
en as jy stil wil bly
dit so moet doen
dat ander jou nie hoor nie
sodat jy maand na maand keer
op keer op die maan mag pis
sonder dat sy roes
“Die hele wêreld
splinter in ontelbare stukkies.”
Daar is ‘n sterk neiging in Westerse denke om sinkreties te dink. Byvoorbeeld: Soogdiere van alle soorte vertoon sekere eienskappe gemeen, hulle kan dus in ‘n groep geplaas word. En: Alle atome bevat dieselfde tipes kwarke en hulle kan dus almal oor een kam geskeer word.
Die twee reëls hierbo beskryf ‘n ander siening: verdeeldheid van die werklikheid in “ontelbare stukkies”. Die Zen-denker praat van die “nie-wetenheid” en “nie-denke”. Vir die meeste mense uit ‘n Westerse denkagtergrond, voel dit ongemaklik. Mens wil juis dinge “vasvat” met jou denke en dit bepaal en definieer sodat jy dit beter kan begrip. Die “intuïtiewe benadering van ‘n persoon soos Dogen en andere in daardie kader, voel vir baie van ons “vaag” en “onbeduidend”
Ek wil postuleer dat in digkuns, ook ons, Westers-geörienteerde digkuns, dit juis die intuïtiewe, nie-omlynde of streng gedefinieerde begrippe is wat die beste poësie kenmerk en wat dergelike gedigte waardevol en onvergeetlik maak.
Ek wil ver teruggryp in ons digkuns se geskiedenis en vra: “Is Eugène Marais se “Diep River” vaspenbaar en volkome definieerbaar? Kan jy, as leser die betekenis daarvan tot jou volle bevrediging vir jouself in woorde omsit?
Oor “die kind van Tiantong” in “Oor sy portret” (slot van tweede gedig):
Dié monnik,Tiantong Rujing (1163-1228, gebore naby die Japanse stad Ningbo), het baie rond gegaan en tempels gestig, voor hy finaal tot ruste gekom het op die berg Tiantong, in die Tiantong tempel. Hier het hy Dogen gehelp om finale Verligting te bereik.