Somer
sy sien groen en weet
somer se goggas sing net
van saad en water
***
Herfs I
die knars van die blaar
sny skerp in die koue klap
van haar droeë hand
***
Herfs II
as die winde haar
so aan die hare rondpluk
sing haar hart van herfs
***
Winter
haar boomtakke praat
met die stilte in die lug
waar ou woorde vries
***
Lente
sade is geplant
‘n blom bars soos ‘n bom
in die baarmoeder
© Mariëtte van Graan, 2021