Soos die lente maak met die kersiebome
Ek wil sonlig
oor jou glimlag
en die reën se koel lippe
lig oor jou wang vee.
Hoe stil is jy nie
wanneer jy dink
in die groen skaduwees
van jou verlange.
Hoe heerlik buig jou vingers,
fyn jonggroei-takkies,
vervleg met myne.
Waarom is die geur
van jou hare
nie moontlik om te vergeet nie?
Het jou oë
die blou gevat
van die vergeet-my-nietjie?
Lank gelede
het ons mekaar nie geken nie,
maar in die grond van my bestaan
is daar vir jou voorberei,
het ek gewag vir jou.
Dit is jy
wat so diep groei
in my gemoed.
Jy strek ver in my,
daarom wil ek met jou maak
soos die lente met die kersiebome,
jou laat bloei
van liefde.
© De Waal Venter, 2021