Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 October 2021

Bester Meyer. En sonder om terug te kyk …

 

En sonder om terug te kyk … 

(die einde van ʼn fabel as begin)

 

en sonder om terug te kyk, swem sy weer

swem sy na vergetelheid en haar dood:

die oorgang van dit wat as nag beskou word

dít wat haar rivierlangs terug sal lei

− vry soos sy was in die begin –

gelouter deur die tatoeëermerke

van hulle wat haar wou verban −

wat haar Evasgewaad wou skend

en haar uit wou lewer aan die vuur

van ʼn aardse herberg van drinkebroers

in die hoop dat haar wese van water

die wêreldse honger wat brand in hul lywe

sou kom stil met die kleur van ʼn verre liefde

 

en daar was water in haar en om haar gewees:

ʼn skoonheid soos altyd maar oppad na die see

daar waar haar meerman deelgenoot sal wag

om in te gee tot hul hemelse vloeibaarheid:

dolfyne van die dieper waters van wat is –

ʼn afduik in die bodemlose put van die see

óm verlore drenkelinge te red

deur mekaar lief te hê soos ʼn uiteinde

 

en die see sal ʼn herberg vir hul liefde wees

en hy sal haar droogvoets laat dans

in ʼn onderwater Atlantis paleis

sodat sý hom

ʼn stem sal kan gee om te belowe:

ek sal jou nooit weer rivier op laat swem nie

 

© Bester Meyer, 2021

 

*

 

(Die fabel van die meermin en die drinkebroers)

 

Al hierdie menere was daar binne

toe sy inkom, heeltemal naak.

Hulle was gedrink en begin toe spoeg op haar.

sy het nie verstaan nie want sy was pas uit die rivier,

sy was ʼn meermin wat verdwaal het.

Beledigings het neergereën op haar gladde lyf,

vuil taal het haar goue borste bevlek,

sy het niks geweet van huil nie, en het nie gehuil nie,

sy het nie geweet van klere nie en het niks aangehad nie.

Hulle het haar getatoeëer met sigaretstompies en gebrande kurk

en het gelag tot hulle gelê het op die herbergvloer.

Sy het niks gesê nie want sy het nie geweet hoe om te praat nie.

Haar oë was die kleur van verre liefde,

haar arms was soos twee identiese topase,

haar lippe was stil in die lig van koraal

en skielik is sy by daardie deur uit.

Skaars is sy in die rivier, toe is sy weer skoon

glansend soos ʼn wit klip in die reën,

en sonder om terug te kyk, swem sy weer

swem sy na vergetelheid en haar dood.

 

(Die bostaande gedig is ‘n Neruda-vertaling deur De Waal Venter: Neruda P. 2019. Vandag is boordensvol – Pablo Neruda in Afrikaans. De Waal Venter. Kaapstad:Naledi.)

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d