Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 202126 October 2021

De Waal Venter. Rondom my

 

Hierdie gedig is gebaseer op die laaste reël in Neruda se gedig “En ti la tierra” uit die bundel “Vandag is boordensvol”, Naledi.

 

“…en ek buig na jou mond om die aarde te soen.”

 

Rondom my

 

Rondom my

sien ek jou

in die buiging van die see

waar dit oorgee aan die lug.

 

Ek sien jou

in hierdie klein klippie

in my hand,

sagte ligrooi

kristallyne roos.

 

Jy is in die wind

wat jou lippe

lig fluister oor my wang.

Ek sien jou staan

in die boom

sag singend,

verlangend na my

soekende hande.

 

Rondom my

sien ek jou,

sien ek hoe jy

vol grasie oor die berg kom,

reënwolk op die rug van die wind

ry jy laggend

oor die land

wat so lank vir jou gewag het.

 

Nou sien ek jou

in die skadupoel

se helder, heuningbruin diepte

met stilte gevoed

uit die berg se hart.

 

Rondom my

strek jy,

bestaan vir my;

ek buig na die aarde

om jou mond te soen.

 

© De Waal Venter, 2021

 

 

En ti la tierra

 Pablo Neruda

 

Die aarde in jou

 

Klein

rosie,

rosie so klein,

partykeer,

piepklein en naak,

asof

jy kan pas

in een van my hande

wat ek dan toevou

en oplig na my mond

maar

skielik

raak my voete aan jou voete, en my mond jou lippe,

jy het gegroei

jou skouers styg op soos heuwels

jou borste wandel oor my bors

my arm kry skaars kans

om die fyn lyn te verken

van die nuwe maan

wat jou middel skep:

soos seewater

het jy bevry geraak in liefde:

ek kan nouliks die oë begryp wat wyer as die lug is

en ek buig na jou mond om die aarde te soen.

 

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d