Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 August 202222 August 2022

Stemgrepe: Joan Hambidge lees vier gedigte uit Sanctum (2022)

Joan Hambidge

Brevet
na Eybers

Stip soos ‘n belastingkontroleur
sal ek allengs idees bly navigeer:

oor ervarings by tempels en katedrale,
nou net in fantasie hierdie opgawe.

https://versindaba.co.za/wp-content/uploads/2022/08/BKEUSE-JOAN-SANCTUM-BREVET-AUG-22.mp3

© Joan Hambidge (Uit: Sanctum, 2022)

Inkarnasie

Deesdae betrap ek myself al hoe meer
dat ek my moeder hoor wanneer
ek skryf: ongeduldig, op die punt af.

En soos my vader liasseer en bewaar
ek dokumente, papiere, strokies
daagliks weekliks jaarliks in hierdie opgaar.

Die een het altyd gesnoei, georden;
die ander een het uitgebrei, uitgepak.

Die optiek van hierdie inkarnasie
bring my onverwyld te staan voor
‘n aweregse ars poetica van indrukke,
reise en traktate versamel vir oppak
in ‘n vers sonder afdraaie of selfbelang.

https://versindaba.co.za/wp-content/uploads/2022/08/BKEUSE-JOAN-SANCTUM-AUG-22.mp3

© Joan Hambidge (Uit: Sanctum, 2022)

Totem

Ek is my tempels
my katedrale ruïnes
versugtinge
verbeelde reise –

Ek is my onthoue
verliese verdriete
verraad (soos)
versmade verse –

Ek is my vrese
verlatings om en by
die wortel van dié kwaad:
opgehoopte kwellings –

Ek is my aandagstrepe
tersydes en aanhalings
konfessies en vermanings
in gedoemde ellipse –

Net die allergroot verhouding
met die groot aktiewe woord
daardie tempel staangemaak in Tristia
maak nog sin tot die dood
ons skei – leser, jy of u.

https://versindaba.co.za/wp-content/uploads/2022/08/BKEUSE-JOAN-SANCTUM-TOTEM-AUG-22.mp3

© Joan Hambidge (Uit: Sanctum, 2022)

Oggendlied
Sylvia Plath

Liefde sit jou aan die gang nes ‘n duur goue horlosie.
Die vroedvrou klap jou voetsole en jou skerp gekrys
neem ‘n plek tussen die elemente in.

Ons stemme eggo en amplifiseer jou aankoms. ‘n Nuwe
standbeeld.
In die koue museum word jou naaktheid
‘n silhoeët van ons veiligheid. Ons staan rond soos leë mure.

Ek is net so min jou moeder
as die wolk wat ‘n spieël distilleer om sy stadige verdwyning
deur die wind se toedoen, waar te neem.

Die hele nag lank, flikker jou asemhaling vlinderagtig,
neffens die nagemaakte pienk rose. Luisterend word ek wakker:
‘n verre see beweeg in my oor.

Een geluid en ek strompel uit my bed, koeiswaar en fleurig
in my Victoriaanse nagjurk.
Jou mond gaan oop, skoon soos ‘n kat s’n. Die vensterraam

verbleik en sluk sy dowwe sterre in. En nou repeteer jy
aan jou hand vol note;
die helder vokale styg óp soos ballonne.

https://versindaba.co.za/wp-content/uploads/2022/08/BKEUSE-JOAN-SANCTUM-OGGENLIED-AUG-22.mp3

© Joan Hambidge (Uit: Sanctum, 2022)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d