Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 September 202215 August 2022

Digtersprofiel. Izak Louis de Villiers

 

Izak Louis de Villiers (1936 – 2009) het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk. Hy is berymer van 69 gesange in die nuwe Liedboek van die Kerk en was ook medewerker en -berymer van die Gesangboek van 1978.

In 1982 word hy redakteur van Sarie en in 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en lid van die direksie van Rapport-Uitgewers. Sy gereelde politieke rubriek – Sondag met Izak de Villiers – is wyd gelees, asook die politieke hekelrubriek, Pollux, wat hy tot 1997 hanteer het.

Vier digbundels het reeds van De Villiers verskyn – Leitourgos (1972), Gelykenisse en ander verse (1975), Leviet en Vreemdeling (1978) en Jerusalem tot Johannesburg (2005).

Verskeie pryse is aan hom toegeken, onder andere die D.F. Malan-medalje (vir diens aan die Afrikaanse taalgemeenskap) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 2002. In 2003 ontvang hy die Best Publication Award van die Christelike Boekhandelaarsvereniging en in 2005 die Goue Toekenning van dié vereniging.

Die digbundel Jerusalem tot Johannesburg is met die MNet-prys vir Poësie (2006) bekroon. Sy jongste digbundel Vervreemdeling, verskyn in 2008 by Tafelberg uitgewers.

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor die digter op Litnet:

https://www.litnet.co.za/il-de-villiers-1936-2009/

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Johann de Lange
Digtersprofiel. Philip de Vos →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword
  • Joan Hambidge. Nogmaals Van Wyk Louw
  • Miel Vanstreels. Oumanneklubs
  • Digtersprofiel: Ryan Pedro

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d