Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 September 202215 August 2022

Digtersprofiel. Johann de Lange

 

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore.

Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonker-prys ontvang. Daarop volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986) en Wordende naak (1988) waarvoor hy die Rapportprys vir Poësie ontvang. Daarna volg nog verskeie bundels. In 2020 verskyn sy vyftiende bundel genaamd Duimnaelsketse.

In 1997 stel hy Soort soek soort saam, ’n bundel gay kortverhale uit die laaste honderd jaar, en saam met Antjie Krog in 1998 ’n bloemlesing erotiese poësie, getiteld Die dye trek die dye aan. De Lange ontvang die Pankratorprys in ’n internasionale poësiekompetisie van  UNESCO vir sy gedig “Skerpskutter” en ’n Avanti-toekenning vir sy draaiboek oor die lewe van Ingrid Jonker (“Verdrinkte hande”). Sy vertalings van Afrikaanse gedigte verskyn in verskeie publikasies, onder meer in The heart in exile: South African poetry in English 1990–1995 (1996) en The lava of this land: South African Poetry 1960–1996 (1997). Vertalings van Wilma Stockenström se gedigte verskyn in 2007 as The wisdom of water.

Lees gerus ’n meer indiepte biografie oor die digter op Litnet:

 https://www.litnet.co.za/johann-de-lange-1959-2/

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel. Francois de Jongh 
Digtersprofiel. Izak Louis de Villiers →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Marthé McLoud. Jy het kinds geword
  • Joan Hambidge. Nogmaals Van Wyk Louw
  • Miel Vanstreels. Oumanneklubs
  • Digtersprofiel: Ryan Pedro

Nuutste kommentaar

  1. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Dis so mooi dit maak nogal seer.. Dankie!

  2. Gerda on Ferdi Wheeler. Die laaste reis16 October 2026

    Die is baie treffend..werklik en hartseer tegelyk... En dit bring angs.. Dankie daarvoor

  3. Jannie Pretorius on Louis Esterhuizen. Nagwaak16 October 2026

    Pragtig!

  4. Marieta McGrath on johan swanepoel. bloudruk15 October 2026

    Dis vir my treffend.

  5. Dewald Koen on Resensie: Vers & Kapittel III (Daniel Hugo)14 October 2026

    Dankie, Joan. Ja, Daniel se kennis is inderdaad verbysterend.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d