Stockholm. Die geboortestad van digters soos Tomas Tranströmer. Sy poësie is dié van kontras en dualisme: ’n dubbellandskap van donker en lig, binne en buite, wakkerwees en droom, mens en masjien en van stilte en ontwrigting. Tranströmer kyk met ’n mistieke presisie na die landskap om hom en as sy verse foto’s was, dan was dit monochrome beelde. Die digter het op ’n kol na sy gedigte as “ontmoetingsplekke” verwys. Dit is inderdaad so – daardie epifaniese oomblikke van ’n dieper spirituele ontwaking tussen mens en landskap; mens en geskiedenis; mens en mens.
Maar Stockholm is ook ’n plek van skeiding. Dit is hiér waar die popgroep, ABBA hulle kultus-song en grand finale, “The day before you came”, opgeneem het – ’n gebeurtenis wat lesers waarskynlik assosieer met Vergangenheit en verlore jeug. Nou waarom is hierdie lied relevant tot ’n poësiewebblad soos Versindaba? Júís oor die prikkelende literêre diskoers wat in die tagtigerjare rondom dié liriek ontstaan het.
Op ’n reënerige swart en wit dag in September 1982 is die video in Stockholm verfilm. Agneta Fältskog word uitgebeeld waar sy met ’n vreemde man flankeer op ’n trein op pad werk toe. Hierdie man is inderwaarheid die Sweedse akteur, Jonas Bergström: die kamera beweeg, en die Årstabron-brug in die Suide van Stockholm word getoon. Volgens Christopher Patrick in ABBA: Let the Music Speak is die trein wat in die vergetelheid verdwyn, simbolies van die einde van ABBA: “The day before you came” is met ander woorde ’n swanesang self.
The day before you came
I must have left my house at eight, because I always do
My train, I’m certain, left the station just when it was due
I must have read the morning paper going into town
And having gotten through the editorial, no doubt I must have frowned
I must have made my desk around a quarter after nine
With letters to be read, and heaps of papers waiting to be signed
I must have gone to lunch at half past twelve or so
The usual place, the usual bunch
And still on top of this I’m pretty sure it must have rained
The day before you came
I must have lit my seventh cigarette at half past two
And at the time I never even noticed I was blue
I must have kept on dragging through the business of the day
Without really knowing anything, I hid a part of me away
At five I must have left, there’s no exception to the rule
A matter of routine, I’ve done it ever since I finished school
The train back home again
Undoubtedly I must have read the evening paper then
Oh yes, I’m sure my life was well within it’s usual frame
The day before you came
Must have opened my front door at eight o’clock or so
And stopped along the way to buy some Chinese food to go
I’m sure I had my dinner watching something on TV
There’s not, I think, a single episode of Dallas that I didn’t see
I must have gone to bed around a quarter after ten
I need a lot of sleep, and so I like to be in bed by then
I must have read a while
The latest one by Marilyn French or something in that style
It’s funny, but I had no sense of living without aim
The day before you came
And turning out the light
I must have yawned and cuddled up for yet another night
And rattling on the roof I must have heard the sound of rain
The day before you came
Die skakel na die video: (https://www.youtube.com/watch?v=1HnOFwqpLRQ)
Die aanvanklike werkstitel vir die song, “The suffering bird” verklap waarskynlik meer van die liriek as wat ’n leser/luisteraar aanvanklik sou vermoed. Die eerste interpretasie dui op ’n vrou wat vertel van haar sieldodende leef- en werksroetine – tot sy haar minnaar ontmoet. Haar lewe was dus ongelukkig voor die ontmoeting. Tog is daar merkers wat op die teendeel dui. Die sikliese aard van die liriek het moontlik ’n ánder uitkoms: Die spreker berig oor haar lewe wat ’n zombie-agtige, maar gekoesterde kwaliteit het tot sy die vreemde man ontmoet. Nêrens in die liriek (of video) is daar ’n aanduiding dat haar lewe gelukkiger was ná die ontmoeting nie. Inteendeel: die man kon net sowel ’n minnaar óf misdadiger gewees het. Talle lesers wys op die donker en oorheersende melankoliese kwaliteit van die lied in geheel. “I need a lot of sleep” verklap moontlik dat die verteller aan depressie ly. Die liriek, geskryf deur Björn Ulvaeus, is geloof vir die meerduidige en hipnotiese kwaliteit daarvan. ’n Ander interpretasie is dat die spreker haar monotone lewe (vóór die ontmoeting en vernietigende verhouding met ’n minnaar) verromantiseer; vandaar die gedetailleerde beskrywing van haar roetine. Die rollespel in die video is insgelyks somber: Die man hardloop in die teenoorgestelde rigting van die trein, wring sy hande en die spelers se gesigsuitdrukkings verklap ’n sekere weemoed.
Vanuit ’n literêre oogpunt beskou is dit egter die verwysings na die populêre kultuur wat boei: “There’s not, I think, a single episode of Dallas that I didn’t see”. Die Amerikaanse TV-sepie Dallas was baie gewild in die 80’s vir die moordtema in die verhaallyn, Who shot J.R.? Daar is ontleders wat dan bespiegel of die liriek nie dalk ’n meer sinstere ondertoon het nie.
Maar dit is die verwysing na die Amerikaanse feminis en skrywer, Marilyn French, waarop die leser moet dubbelklik:
“I must have read a while
The latest one by Marilyn French or something in that style”
Bogenoemde reëls het die meeste lesers of luisteraars waarskynlik ontgaan, maar dit is belangrik vir die interpretasie van die liriek. In 1980 het French se roman, The bleeding heart verskyn. Die verhaal handel oor twee vreemdelinge wat op ’n trein ontmoet. ’n Blitsromanse volg, maar die minnaars vind spoedig uit dat hulle niks in gemeen het nie en dat hulle verhouding nie langer as ’n jaar sou duur nie. Daar is dus sterk ooreenkomste tussen French se verhaallyn, wat inderwaarheid ABBA se liriek voorafgaan, of wat selfs ’n intertekstuele spel daarmee vorm. Ek keer later terug na French se verwysing.
In haar artikel, “The return of melodrama” verwys die Nederlandse letterkundige, Maaike Meijer na die kritikus, Guus Middag se ontleding van die liriek. Volgens Middag herinner “The day before you came” sterk aan die Poolse Nobelpryswenner, Wisława Szymborska, se gedig “May 16, 1973”.
May 16, 1973
One of those many dates
that no longer ring a bell.
Where I was going that day,
what I was doing — I don’t know.
Whom I met, what we talked about,
I can’t recall.
If a crime had been committed nearby,
I wouldn’t have had an alibi.
The sun flared and died
beyond my horizons.
The earth rotated
unnoted in my notebooks.
I’d rather think
that I’d temporarily died
than that I kept on living
and can’t remember a thing.
I wasn’t a ghost, after all.
I breathed, I ate,
I walked.
My steps were audible,
my fingers surely left
their prints on doorknobs.
Mirrors caught my reflection.
I wore something or other in such-and-such a color.
Somebody must have seen me.
Maybe I found something that day
that had been lost.
Maybe I lost something that turned up later.
Maybe I lost something that turned up later.
I was filled with feelings and sensations.
Now all that’s like
a line of dots in parentheses.
Where was I hiding out,
where did I bury myself?
Not a bad trick
to vanish before my own eyes.
I shake my memory.
Maybe something in its branches
that has been asleep for years
will start up with a flutter.
No.
Clearly I’m asking too much.
Nothing less than one whole second.
No.
Clearly I’m asking too much.
Nothing less than one whole second.
(Wisława Szymborska. Poems. 1998. New and collected. 1957-1997. (Pp. 251 – 252) Uit die Pools vertaal deur Stanisław Barańczak en Clare Cavanagh)
Alhoewel die gedig en “The day before you came” inhoudelik ooreenkomste toon met verwysing na die spreker se selfkoesterende, maar sieldodende leefroetine, is Middag dit eens dat Szymborska se gedig op ’n veel hoër peil as die liriek beweeg. Inderdaad so, maar dit is ’n ongelyke speelveld om ’n popliriek met die poësie van ’n Nobelpryswenner te vergelyk. Die Nederlandse skrywer Marcel Möring is van mening dat die ABBA-liriek gelees kan word as hermetiese poësie, waarop Meijer reageer deur te toon dat komplekse akademiese hermeneutiek nie ’n geskikte leeslens vir die liriek is nie – alhoewel sy saamstem dat die liriek literêr goed is. Meijer vervolg deur te wys op die kunsmatige grense tussen “hoog” en “laag” in letterkunde. Populêre musiek, beweer sy, maak deel uit van die kulturele geheue van ’n samelewing: dit dien as bron van inspirasie vir skrywers, intertekstuele kruisbestuiwing, maar dit vorm ook ’n reservoir van verskeie style en temas. Populêre musiek word dalk dieper in ons kollektiewe kulturele geheue gegrein as wat enige literêre teks ooit kan doen.
Dit is interessant om die begin van French se roman, The bleeding heart, waarop die ABBA-liriek heelwaarskynlik geskoei is, te lees. Die roman open met die protagonis wat droom oor die vreemde man op die trein. Die intimiteit tussen vreemdelinge bied nóg ’n tema waaroor mens kan spekuleer.
WHEN THE DREAM ENDED, she awoke. (Rock, sway, a railroad carriage.) She lay absolutely still, almost without breathing, trying to sink back into it. She kept her eyes closed, she clutched it with her mind, the feeling of the dream, the sensuousness of the warm body she had fully inhabited back here in that other place. She tried to grab it as it receded, she followed it, she rolled it around the palate of her imagination, sucking it dry. (Rigid in my seat, back stiff despite the train’s motion.) She tightened her eyelids and tried to fall asleep again, although she knew that never worked. Even if you fell back to sleep, even if you dreamed again, it was never the same dream. And she wanted that one, the same one.
(No, a different compartment now, square, like a boy. No fixed seats. Man. Sitting there, staring at me. Stares. I can feel his eyes on me. He’s standing up, he’s coming towards me, why? Passes me, goes behind me, stands there. He’s pressing his body against the seat back. His body is breathing behind my head.)
She remembered the pressure. Terrific, the force of silent existence, a body alone is power, standing there behind her he made her feel his presence. He did not touch her.
(Then, suddenly, it was too much. Too much and she had to let go, and did, ah, bent her head back, let her neck flex, leaned her head, ah, against his belly. Warm. Rest. A sigh ripples through her body, the wonder of it.
Rest. Warmth. Another.)
Trust. That’s what it was about, that’s why she wanted to have the dream back again. It had left her body flooded with warmth, liquid, soft.
She lay in the lumpy bed in pain with yearning: her body wanted to be lain in some arms, against another body.
(Soft and firm his belly was. Accepting my head. Letting me rest there. Then he touches me, gently. He pulls me up, we go together and lie down.
We are lying in a hollowed-out tree trunk, or maybe a large cradle. We lie together fully dressed, holding each other. The cradle rocks, very gently, like the swaying of the train. We do not move ourselves, the motion moves us. The air around us moves, it is electric, vibrant, charged. Everything moves and we with it, accepting. No holding firm, no opposition. Rock, rock and sway.)
(Marilyn French: The bleeding heart, p. 8)
Die verwysing na Marilyn French tint hierdie liriek waarskynlik in ’n meer feministiese gedaante: daar kan bespiegel word of die protagonis in die liriek, ’n sosiaal geïsoleerde beroepsvrou, se alleenwees nie kan staan as korrelaat vir duisende ander vroue in dieselfde posisie nie: die simptoom van die moderne tyd (op daardie stadium die sewentiger-, tagtigerjare) was dat vroue onafhanklik (lees: alleen) kon funksioneer. Sy het dus nie ’n manlike versorger nodig nie. Dit is lonend om die French-kode in die liriek op ’n dieper vlak te ondersoek.
The bleeding heart word volgens Cosmopolitan beskryf as “a monumental achievement”. En hier loop French se reputasie haar vooruit. Haar vorige roman, The women’s room, ’n werk wat in twintig tale vertaal is, het ’n beduidende invloed op die feministiese denke van die dag uitgeoefen. In The bleeding heart egter, berus die hoofkarakter, ’n geskeide Engelse professor (Dolores Durer) en die moeder van twee volwasse kinders, haar by die feit dat sy nooit weer liefde sal ervaar nie. Sy het ritse mislukte liefdesverhoudings agter die rug, maar ontmoet ’n sakeman, Victor Morrissey op die trein. Hy is getroud, het vier kinders en woon in Engeland omdat hy ’n nuwe tak vir sy maatskappy, wat handel dryf in elektroniese ware, moet open. Sedert die eerste ontmoeting ervaar Dolores en Victor ’n onweerstaanbare aantrekkingskrag vir mekaar – ’n noodlottige verbintenis wat die twee karakters se lewens op langtermyn onherroeplik, pynlik, sou verander. Dalk ’n vooruitskaduwing vir “The day before you came?”
In 1984 dek Blancmange, ’n new wave-groep uit die tagtigerjare “The day before you came”, maar die verwysing na Marilyn French word verander na “…the latest one by Barbara Cartland or something in that style”. Hier kan sekerlik gepraat word van ’n intertekstuele gesprek, aangesien Agneta Fältskog ook in Blancmange se video te sien is. Die toneel speel op soortgelyke wyse uit, maar die hoofsanger van die groep, Neil Arthur, is in hierdie geval die protagonis met Agneta as die vreemdeling op die trein. Die speelse verwysing na Cartland ironiseer die liriek terug binne die tradisionele, patriargale beskouing waar die “damsel in distress” gered word deur ’n ridder.
Verwysings:
French, M. 1980. The bleeding heart. New York: Simon & Schuster.
Meijer, M. 2006. The return of melodrama. After the great divide: The Dutch case. New Trends in Modern Dutch Literature (pp. 105-125). Peeters. Groningen Studies in Cultural Change, vol. 21
Szymborska, W. 1998. Poems. New and collected. 1957-1997. Orlando: Harcourt, Inc.
Song meanings. Lyrics. The day before you came. (https://songmeanings.com/songs/view/3530822107858628648/?fbclid=IwAR2p9A88o0NnzcohcNPZZ28U9KoZnBihUHSq8Mif2tNQxIxyv_M_cIXGDA8) (19 Oktober 2022 besoek)
Jy skryf die melankolie vas, Bester.
Nini, dankie vir die plasing. Na die lees het die algoritme sy werk gedoen, en dit was goed om op ʼn Abba-toertjie te gaan. Ek neem aan daar is ʼn paar dinge waarvoor die ‘ritmes’ goed is. My poging tot ʼn gedig daarná:
Ode aan Lied
alles moes gewees het
soos die één uur
van verkwikking –
soos die hiernamaals
voor jou koms
oor een oor herhaal
is die eggo
melancholie
of melancholie
eggo?
en al wat die onsekerheid
besweer, die onthou
wat die wenner
die verloorder, grou
in die hoek laat sit
met niks anders as Benny
se melodie van onsterflikheid nie
Abba – vader – god(e) van musiek
hoe mooi die swanesang
van dié skildery
gekleur, geverf
met lirieke
wat die toonlere
van volmaaktheid klim
die dag voor jóú koms
het my voet
nog nie
die ritme
getip-tip nie,
my lyf nog nie wen(ner)
van verloor(der) gemaak nie
Wat ‘n sjarmante vertolking! Baie dankie, ons het die album van Apple Music afgelaai.
Interessant.
Luister hoe Anne-Sofie von Otter hierdie lied vertolk:
https://www.youtube.com/watch?v=7zmtHWIa38Y