Terminaal
die spreekkamer
se sagte leerstoel
was al die sitplek
van vele
nou reeds dooies
die onkoloog weet
daar is ‘n tydsverloop
dit verskil
van mens tot mens:
die pasiënt se vrees
“‘n jaar
is ‘n ewigheid
leef elke dag
wag nie die pyn
af nie”
maar ek sal
die kankersel
in die gees
verslaan
as ek sterf
vrek hy
agtergelaat
in uitgediende
vlees
© Francois de Jongh 2023
